‘n Gasteboek raam vir jou troue

SAMSUNG CSC

Jy hoor gewoonlik van ‘n Gasteboek, maar Oh Yay het ‘n unieke Gasteboek raam met die paartjie se naam op die glas gegrafeer en vyf-en-sestig hartjies wat gaste dan sal teken en in die raam laat val. Dit sluit ook ‘n hout teken in soos in die voorbeeld onder wat gaste verduidelik hoe die Gasteboek raam werk. Jy kry ook ‘n staander vir die raam ingesluit. Bestel die Gasteboek raam op Oh Yay se aanlyn winkel vir R695, maar omdat ons altyd ietsie ekstra moet gee vir ons lesers, kan jy geld spaar as jy ‘n Gasteboek raam voor 15 September bestel via epos met “Mooi Troues” in die onderwerpreël kan jy dit kry vir slegs R 620. Klik hier om Oh Yay per e-pos te kontak.

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.