Wian & Anuschke se selfdoen troue

In die inskrywing deel ons met ons lesers Wian en Anuschke se selfdoen troue.  Alhoewel hul, hulle troue self beplan het, wou hul nogsteeds die styl elegant hou.  Hulle het die kleur rooi geïmplementeer by hul troudekor sonder om dit absoluut oorweldigend te laat lyk nie.  Rooi is immers die kleur van liefde en het die dekor van hul selfdoen troue bietjie opgehelder.

Anuschke vertel alhoewel die dag perfek geloop het, was daar ‘n foutjie gewees met die spyskaarte, tog het hulle absoluut die beste gemaak van dié situasie.  Trou beplanning is vreeslik stresvol en sommige paartjies word erg oorweldig deur al die reëlings.   Hier by Mooi Troues probeer ons sover moontlik te help waar ons kan met advies en inspirasie, op die “speel-veld” kort julle betroubare en professionele troudiensverskaffers, klik hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan kyk.

Blaai af en geniet Wian en Anuschke se selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons ouers het saam gewerk, hulle het dit goed gedink om ons aan mekaar voor te stel.  Ons het by hulle werk ontmoet en toe gaan ysskaats vir ons eerste afspraak.  Na ‘n paar maande het ons uitmekaar gegaan.  2 Jaar later het ons weer “ontmoet” en begin uitgaan.  Die dag voor my 21ste verjaardag het hy my uitgevat vir ete en daar gevra om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was presies 2 jaar verloof voor ons getrou het.  Ons het ons troue self beplan.  Ek sal dit nie anders wou gehad het nie-om te sien hoe alles by mekaar gekom het was definitief die moeite werd.

Finansiële Aspekte:


Ons begroting was R150 000.  Dis baie moeilik omrede daar ‘n paar uitgawes is waarvan ‘n mens nie voor die tyd weet nie.  My raad sal wees om voor die tyd te besluit wat die belangrikste aspekte van die troue gaan wees – begroot ‘n paar rand ekstra hiervoor.  Jy sal dan ook weet dat jou troue alles van jou drome sal wees.  Jy kan altyd sny op ‘n ander plek.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was dit toe ek voor in die kapel vir my man ‘n drukkie gee en hy se met trane is sy oë:” Jinne maar jy lyk stunning”.

Vir hom was dit toe hulle die drapering oop maak en hy my sien staan met ‘n reuse glimlag op my gesig.

Paartjie se styl:


Ons hele troue was op “Elegant” gebaseer.

Van my rok tot skoene en selfs ons ringe.  Alles het mooi sag gelyk en bymekaar gepas.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het vir mekaar verskillende idees gewys maar ons het saam oor elke aspek besluit.  Sy ma het ons verskriklik baie gehelp  – sy ken ons altwee die beste.

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe.  Dis moeilik om net een te kies.  Elke verskaffer het ‘n massiewe impak op die finale produk en om die dag ‘n sukses te maak.  Ons was baie beïndruk met die videograaf – ons het later die aand al ons voorsmakie video ontvang en dit was absoluut asemrowend.

Venue & Dekor:


Ons het besluit op ‘n naweek wat ons gaan rondry en na ‘n paar venues kyk.  Ek het die venue al op Facebook gesien nog voor ons verloof geraak het en dit het ‘n reuse indruk geskep tot my.  Dit was die heel eerste venue waarna ons gaan kyk het en ons was dadelik verlief op die plek.  Ons is na 2 ander plekke toe en toe besluit ons ons gaan nie verder tyd mors nie, ons gaan daar trou.

Eerste Dans:


Ons het ‘n eerste dans gehad.  Ek dink dis baie belangrik. Ons het baie gesukkel om ‘n liedjie te kies, maar ons choreograaf het gehelp om toe finaal een te kies.  Ons het toe besluit op Hunger van Ross Copperman.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar is niks wat ons sou wou verander nie.  Die dag was absoluut perfek.  Ek dink daar sal altyd ietsie wees wat verkeerd loop.  Ons spyskaarte was nooit afgelewer nie (ek het dit die Maandag na die troue gekry) en my pa se skoene het verlore geraak … Gelukkig kon ons vinnig skoene in die hande kry en die kos was ‘n verrassing vir almal.

Klik hier vir diensverskaffers