“Elopement troue” geïnspireer fotosessie in die Tuinroete

Ons deel die “Elopement troue” geïnspireer fotosessie langs die see  deur ʼn groep fantastiese diensverskaffers van die Tuinroete met ons lesers.  Hierdie fotosessie bied as inspirasie vir paartjies wat opsoek is na idees vir hul “Elopement troue” of selfs verlowing fotosessie.  Baie paartjies wil graag ʼn mooi verlowing fotosessie hê, maar weet nie waar om te begin nie.  ʼn Verlowing fotosessie speel so ʼn belangrike rol om die paartjie voor te bery vir hul fotosessie op hul troudag.

Die eerste stap sal wees om die fotograaf te kry!  As jy klaar jou trou fotograaf het, dat hy of sy die fotosessie doen.  Dit gee jou die kans om jou fotograaf beter te leer ken en as jy enige vrae het dit dan te vra.  So is jy gemaklik met die fotograaf en voor die kamer op jou troudag.   Tweedens – vind ʼn plek waar julle die fotosessie wil doen.  Dit is belangrik om met ʼn soort van tema te werk en daar rondom te besluit.  Wil jy byvoorbeeld ʼn see tema hê, bosveld, binne in jul huis ens… Sodra jy dit weet is dit makliker om te besluit waar die fotosessie moet plaasvind.

Derde is om jou fotograaf in te lig oor die tema/gevoel van die fotosessie en ook die plek.  So sal jou fotograaf dalk goeie advies kan gee oor die tyd van die dag vir die fotosessie.  Fotografie gaan baie oor beskikbare lig.  As die lig mooi is, is die foto mooi.  Vra jou fotograaf oor die tyd wat die beste sal pas by die plek waar jy foto’s wil neem.  Vierde is om ʼn uitrusting en enige bykomstighede te kry.

Rolf af vir tonne inspirasie.

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Wie het die fotosessie gereël?


Ek het dit self gereël.  As fotograaf soek ek altyd geleenthede om nuwe inhoud vir my sosiale media te skep!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek het ʼn hele ruk terug die staproete waar die sessie geneem is gestap en ek was weggeblaas deur die natuurskoon.  Daar en dan het ek geweet ek wil ʼn fotosessie daar doen, of dit een is wat ek self reël of dit ʼn paartjie is wat ek oorreed om daar hul foto’s te neem.  Toe ek onlangs weer afgegaan het Hartenbos toe, toe besluit ek om verskaffers in die area te kontak en ʼn sessie te laat gebeur!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek wou spesifiek plaaslike verskaffers gebruik en betrek by die sessie.  Dit is ook almal mense wat ek al ʼn geruime tyd volg vanuit daardie area.  Die verskaffers het ook produkte gelewer of dienste gebied wat ingepas het by my idee vir die sessie.  Die verskaffers het ook hul eie insette gelewer en saam het ons hierdie sessie geskep.

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Agter die skerms van die fotosessie:


Die sessie het baie vinnig bymekaar gekom.  Ek het eers so 2 dae voor ons afgery het Hartenbos toe besluit om tog ʼn sessie te reël, en ons was net vir so 2 weke daar onder.  So ek het gebid en gehoop dat die diensverskaffers beskikbaar is en gelukkig was hulle!  Ek was oorweldig met hoe vinnig en goed als inmekaar geval het, en ek het so paar nuwe kontakte opgebou in die proses!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die sonsondergang wat ons met die sessie gekry het.  Dit was heeldag bewolk en winderig, maar net voor ons begin foto’s neem het, het die lug oopgetrek en ons het die mooiste pienk en oranje skakerings gekry in die wolke aan die einde van die sessie!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Kleurskema:


Ek wou gehad het die blomme moet skree “lente”. So ons het gegaan met pienk, oranje en perske skakerings gedroogde blomme en die groenerigheid van die staproete het absoluut die hele prentjie bymekaar gebring met die fynbos teen die rante op.

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Venue en Ligging:


Dis nie ʼn spesifieke venue nie, eerder ʼn staproete wat begin in Mosselbaai; “St Blaize Hiking trail”.  Hoekom ek spesifiek die staproete gekies het is oor ek al ʼn vorige keer die staproete gestap het en die natuurskoon het my absoluut inspireer om daar ʼn sessie te doen!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Trourok en bruidegom pak:


Die span het nie ʼn tradisionele trourok gekry nie, aangesien ek ʼn “elopement” gevoel wou gehad het met die fotosessie.  Ons het wit en sjampanje items geleen by Wild Lily Photographical asook Dress Hire en die “bruidegom” het ʼn formele broek en wit hemp uit sy eie kas gedra.

Ons wou bly by die tradisionele trou kleure, maar tog met ʼn bietjie van ʼn kinkel.

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Praat met jou bloemis oor die moontlikhede wat gedroogde blomme vir jou bied! Ek was skepties oor hoe dit sou lyk, maar ek het absoluut die bloemis vertrou en die gedroogde blomme het soveel lewe aan die fotosessie gegee sonder dat ons hoef bekommerd te gewees het oor die blomme wat dalk sou verlep!

Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations Garden Route Elopement Locations

Klik hier vir diensverskaffers