Middel-Eeuse Moderne Trou Inspirasie

Mooi Troues probeer gereeld nuwe, en ʼn verskeidenheid van trou inspirasie na jou as leser toe te bring.  Nie net bied ʼn gestileerde fotosessie tonne trou inspirasie nie, maar dit laat ons as troubeplanners en -diensverskaffers ook toe om rond te speel met die vrye teuels van kreatiewe vryheid.  Ons deel in dié inskrywing met jou Middel-Eeuse Moderne Trou Inspirasie.

Ek, Danelle Vermaak, het tydens my internskap by Mooi Troues ʼn gestileerde fotosessie beplan om te dien as nuwe en unieke troue inspirasie vir ons lesers.  Inspirasie kan getrek word uit alledaagse elemente rondom jou.  Daar is beeldskoonheid in soveel goed wat kan lei tot kreatiwiteit om te blom.  Met hierdie gestileerde fotosessie wou ek werklik kreatiewe vryheid oorgee aan die diensverskaffers, binne die lyne van ʼn gesamentlike visie vir die uitkoms.

Inspirasie was getrek uit die prag van ons natuurlike omgewing, spontane liefde en ʼn verskeidenheid van kleur wat hierdie spontaniteit, kreatiwiteit en beeldskoonheid vasvang in ʼn Middel-Eeuse Moderne tema.  Met die gestileerde fotosessie wil ek mense aanmoedig om die vrye teuels van kreatiwiteit aan te gryp vir jou troudag en dit jou eie te maak.

Rol gerus af en geniet hierdie Middel-Eeuse Moderne Trou Inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Ek, Danelle Vermaak, doen tans ʼn internskap by Mooi Troues en het die opdrag ontvang om ʼn gestileerde fotosessie te reël om nuwe trou inspirasie te skep vir ons lesers.  Ek kon self besluit op ʼn unieke tema vir die fotosessie.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek het in die verlede Boschendal Wine Estate se Mountain Villa besoek.  Dit is ʼn luukse huis geleë op die plaas teen die voet van Franschhoek se pragtige berge.  Die Mountain Villa slaap 12 gaste en dien as een van Boschendal se akkommodasie en venue spasies.  Hierdie luukse huis is onlangs opgeknap met pragtige en stylvolle interieur en dit was definitief vir my ʼn groot inspirasie agter die fotosessie.  Dit tesame met die idee dat mense in vandag se tye eerder besluit om ʼn intieme troue te hê of te “elope”.  Ek was nog altyd geïnspireer deur die spontaniteit van ʼn “elopement”.  Ek wou iets uniek skep met my kleurskema en trou inspirasie skep wat spontane liefde uitbeeld met moderne en stylvolle dekor.

Skryfbehoeftes


Die skryfbehoeftes verskaffer het trou skryfbehoeftes ontwerp in ons gekose kleurskema.  Die kleurskema het baie speelveld gebied vir unieke en kreatiewe ontwerp en idees.  Donker blou en sagte pienk is in baie van die skryfbehoeftes gebruik, met die geel wat ingevoeg is deur van die geskrewe dele.  Hier is ongelooflike idees oor hoe kreatief ʼn mens kan raak met trou skryfbehoeftes.  Daar word gebruik gemaak van skuifspelde in die vorm van ʼn traan, kleurvolle tossels en stempels asook ʼn pragtige blomme agtergrond by die koevert.

Grimering, hare en bykomstighede:


Vir die paartjie se juwele het die juweel verskaffer ons voorsien met unieke bykomstighede.  Weereens iets minder tradisioneel, maar tog só pragtig.  Die ‘bruid’ se juwele het bestaan uit ʼn hangertjie, oorbelle en trouring in roosgoud, alles met ʼn sagte pienk steen.  Die ‘bruidegom’ het ook ʼn baie unieke ontwerp gehad vir sy trouring.  Met die goue randjie aan sy ring, het dit perfek ingeskakel met die van die ‘bruid’.

Die sagte kleure van die juwele het mooi ingeskakel by die sagte, en natuurlike grimering van die ‘bruid’.  Daar is gebruik gemaak van ʼn neutrale kleurpalet vir haar oë met ʼn sagte lipkleur om dit te komplimenteer.  Die ‘bruid’ se hare is ook in ‘n simplistiese en natuurlike styl gedoen.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span diensverskaffers wat ek gekies het, het ek gevoel sal goed inskakel by my visie vir die fotosessie.  Ek het vooraf navorsing gedoen oor ʼn verskeidenheid van diensverskaffers, en waarvoor ek gesoek het is mense met passie en ʼn liefde vir wat hulle doen asook mense met kreatiwiteit en wat my visie sal deel.  Ek wou ʼn geleentheid skep vir hierdie diensverskaffers om te wys wat hulle kan doen en het om te bied.  Almal het op die dag so perfek by mekaar ingeskakel en dit was ʼn fantastiese groep mense om mee te werk!

Dekor:


Ek het besluit op ʼn middel-eeuse moderne tema met ʼn kleurpalet wat bestaan uit sagte pienk, mosterd geel, oranje en skakerings van blou.  Die kleurskema was vars, modern en eklekties, maar met sagte skakerings om dit uit te balanseer.

Hout stoele van en ʼn steen kleur linne tafeldoek van is gebruik om ʼn gemaklike atmosfeer na die tafel toe te bring.  Ek het gebruik gemaak van goue eetgerei asook goue kersstaanders omdat dit ʼn elegante gevoel skep.  Die goud skakel ook mooi in by die oranje en geel in die kleurskema.  Kristal glase is ʼn groot mode tendens en het ʼn pragtige element van tekstuur by die tafel gevoeg.

Die sagte pienk is geïnkorporeer deur pienk servette.  Ek het blou ingevoeg deur blou borde te gebruik saam met wit onder borde en kant bordjies.  Geel kerse en individuele koeke by elke sitplek het die kleurskema voltooi met elemente van oranje en mosterd geel.  Die idee agter die individuele koeke was om inspirasie te skep vir kleiner intieme troues.  Dit dien ook dan as ʼn dekor element op die tafel.  Spyskaarte in met ʼn neutrale agtergrond, geskrewe deel in geel en ʼn blou naamkaartjie het perfek ingepas by die tema.

En laaste het blom rangskikkings in die gekose kleurskema, die tafel opgehelder.  Die rangskikkings was ook in goue potte om in te skakel met die ander goue elemente op die tafel.  ʼn Verskeidenheid van vrugte in goue bakkies is gebruik om die tafel dekor te voltooi en dit vars te hou.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Dit was vir my werklik merkwaardig om te sien hoe die groep diensverskaffers dieselfde visie gedeel het vir die uitkoms van die fotosessie.  Dit was fantasties om sien hoe alles stuk-vir-stuk bymekaar kom om hierdie unieke trou inspirasie te skep.

Kleurskema:


Ek was aanvanklik geïnspireerd deur die verskeidenheid van kleure in Boschendal se Mountain Villa.  Dit gee ʼn unieke moderne gevoel aan die plek.  Ek wou ʼn verskeidenheid van kleur gebruik om dit ʼn moderne tema te skep, gekombineerd met die idee van ʼn “elopement” by ʼn Villa wat ʼn vars en energieke gevoel gee.

So het ek toe besluit op skakerings van blou saam met mosterd geel en oranje asook sagte pienk.  Die kleurskema het ʼn verskeidenheid van donker en ligte kleure om die gekose gevoel oor te dra.

Venue en Ligging:


Boschendal se Mountain Villa gee vir jou die gevoel dat jy op ʼn luukse vakansie wegbreek is.  Met die idee van ʼn “elopement” gestileerde fotosessie, het die gevoel van die Villa perfek gewerk.  Die venue gee ʼn romantiese gevoel en spog met pragtige uitsigte van die wynland en Franschhoek berge.  My gekose kleurskema en tema het ook mooi ingeskakel met die van die Mountain Villa.  Buiten dit, bied die venue spasie ook vir jou baie speelveld om kreatief te raak.

Trourok en bruidegom pak:


Bo & Luca wat geleë is in Kaapstad het ongelooflike unieke trourokke.  Enige iets wat strek van ʼn meer elegant en tradisionele trourok, na iets vir ʼn boheemse of kreatiewe bruid wat iets uniek soek vir haar troudag.  Ek het van die begin af geweet hierdie diensverskaffer het presies waarna ek soek.  Die gekose trourok was iets minder tradisioneel en baie romanties.  ʼn Room kleur trourok en wat van bo na onder met sagte kant bedek is, het hierdie gevoel geskep.  Die oop skouers, groot pof moue en lang sleep het bygedra tot ʼn spontane en romantiese styl.

Ons ‘bruidegom’ model het sy eie swart pak gedra.   Ek het besluit op ʼn swart pak om kontras in te bring tenoor die ligte, sagte dekor.  Hy het bruin skoene gedra wat voorsien het dat sy hele uitrusting steeds gemaklik en nie te styf lyk nie.

Agter die skerms van die fotosessie:


Dit is ʼn uitdagende tyd van die jaar om diensverskaffers bymekaar te maak vir ʼn gestileerde fotosessie.  Die trou industrie is besig om stelselmatig op te tel en almal is baie besig en probeer so veel as moontlik werk aanvat na die uitdagende tydperk agter ons.  Tog was die diensverskaffers wat ek gebruik het almal baie gewillig en entoesiasties oor die fotosessie.  Almal het werklik my verwagtinge oortref.

Buiten dit het ons gesukkel om die regte kleur kerse te kry wat ons wou gebruik.  Ek het besluit om toe vir ʼn ander alternatief te gaan en geel kerse te gebruik, en dit het perfek gewerk.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Moet nie bang wees vir kleur nie!  Kleur bring lewe en energie na jou troudekor en bied soveel spasie vir jou en jou diensverskaffers om kreatief te raak.  Indien jy werk met kleur, maak net vooraf seker dat die verskillende elemente se kleur ooreenstem en by mekaar inskakel.

Artikel Diensverskaffers