Unieke Swart & Wit trou inspirasie

Is jy gretig om iets totaal onverwags en waaghalsig vir jou troudag te probeer, maar is nie presies seker hoe om dit uit te voer nie?  Dié swart en wit trou inspirasie fotosessie kan help!  Vanaf inspirasie vir jou eie persoonlike styl, tot jou tafel-dekor en selfs jou trou-koek kan alles hieronder gevind word.  En as jy beplan om in die Vrystaat die knoop deur te hak, is vandag jou gelukkige dag!  Elke diensverskaffer wat ʼn aandeel in hierdie fotosessie gehad het, se besonderhede kan hieronder gevind word.

Die diensverskaffers wat hierdie fotosessie bymekaargesit het, het die waaghalsige bruid in die oog gehad.  Die bruid wat nie bang is om weg te breek van die norms nie en wat die uitdaging sal aangryp om ʼn uiters onvergeetlike troue te skep.  Om met swart, wit en goue dekor te speel is nie die maklikste taak nie.  Maar dié diensverskaffers het sonder twyfel die spyker op die kop geslaan!

Rol af vir unieke swart en wit trou inspirasie, asook watter diensverskaffers jou kan help om hierdie fotosessie te repliseer.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Wie het die fotosessie gereël?


Ulrich Venter van Bowtie Evolution het die fotosessie gereël.

black and white wedding black and white wedding black black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Inspirasie agter die fotosessie:


Die voorportaal van Monte Bello Estate was my hoof inspirasie.  Die area het die klassieke wit en swart tema met ʼn ongelooflike kristal kandelaar.  Ek wou graag droë wit blomme saam met vars blomme gebruik en wegbeweeg van die tradisionele wit trourok.

Die ingang tot die vertrek het die mooiste swart raam staal deure.  Alle elemente in die area het bygedra tot die spesifieke styl wat ons ingedagte gehad het.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Tydens die grendel-tydperk, het Stanley Baptiste vir my ʼn foto gestuur van ʼn konsep rok wat ʼn strikdas op gehad het.  Hy het voorgestel dat dit perfek inpas by my besigheid vir ʼn fotosessie.  Ons het besluit dat ons dit in die pragtige area by Monte Bello wil doen.  Alles het daarna perfek in plek geval.

Ek het vir Lana Human genader, omrede sy perfek by die styl inpas met haar foto’s.  Deco Table het ingeklim met dekor, wat moderne maar tog klassieke elemente bevat het.  Verder het elke verskaffer sy talent en tyd tot die sessie gebring.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Agter die skerms inligting:


Sosiale distansiëring het dit baie moeilik gemaak, omrede almal se veiligheid baie belangrik was.  Ons het die fotosessie in die hartjie van die winter aangepak, so die modelle het swaar gekry met die koue.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Spesiaalste deel van die fotosessie:


Om al die verskaffers weer te sien en die passie wat hulle bring na so ʼn fotosessie was baie spesiaal.  Almal se inkomste was beperk in die tydperk, maar dit het hulle nie terug gehou om hulle talente en tyd met ons te deel nie.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Dekor & Kleurskema:


Ek het die moderne swart kandelare en die goue en swart eetgerei ingebring.  Die modieuse borde het ʼn dramatiese gevoel geskep.  Ek het dit gemeng met ou goue potte, soos uit jou ouma se huis!  Skoon, wit vars en droë blomme het gesorg vir ʼn klassieke gevoel.  Ons het die tafel afgerond met die oortollige aantal kristal kandelare bo die tafel.  Teen die skoon wit agtergrond, het die tafel gespreek van ouwêreldse sjarme wat tog van toepassing is op vandag se mode.

Baie van ons kliënte hou van swart, maar is versigtig om dit in dekor the gebruik omrede hulle glo dit gaan te hard wees.  Ons glo dié foto’s sal bewys dat die kontras die vermenging van die drie kleure perfek maak.

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Moenie bang wees om swart elemente in te bring nie.  Kerse en beligting speel ʼn baie belangrike rol in dekor.  Speel met klassieke en moderne elemente en moenie bang wees om te waag nie!

black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding black and white wedding

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers