Dirkjan & Elisma se sprokies troue

By Mooi Troues deel ons die stylvolle paartjie van Mpumalanga, Elisma en Dirkjan, se sprokies troue.  Dié paartjie is nie skaam om te erken dat hulle elke kontak wat hulle het, tot hul voordeel gebruik het om ʼn asemrowende sprokies troue te skep nie.  Hulle het die byna onmoontlike reggekry – hulle het ʼn sprokies troue van 170 gaste, met ʼn begroting van R100 000 uitgevoer.  Dít wil gedoen wees!  In plaas van om ʼn trou-beplanner aan te stel, het Elisma en Dirkjan besluit om slegs iemand te kry om hulle met dekor te help.  Die res van die klein details het hulle en hulle bekwame diensverskaffers self behartig.

Hulle het honderde “fairy lights”, pragtige blommerangskikkings, groenigheid en geometriese vorms gebruik om hul trou venue in Lydenburg, @Boshoek, te versier.  ʼn Mode wat deesdae besig is om toe te neem by troues, is sement-dekor.  Hierdie mode is subtiel ingebring en het die vroulikheid en sagtheid wat die blommerangskikkings meebring, perfek uit gebalanseer.

Elisma en Dirkjan se 170 gaste was behoorlik vermaak deur die musiek-duo, Akoetiek Musiek.  Die musiek duo vermaak graag by troues regoor Suid-Afrika.  Paartjies vergeet maklik die belangrikheid vir vermaak vir hul gaste, veral gedurende hul fotosessie.

Rol af vir ʼn begroting-vriendelike sprokies troue.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Dirkjan ken mekaar al van hoërskool af en ons was in dieselfde vriendekring gewees.  Dit was egter eers so 2 jaar na skool wat ons mekaar weer raakgeloop het.  Van daar af het dit slegs beter gegaan.

Ons albei is lief vir nuwe avonture en so het ek ʼn foto gesien van ʼn man wat op ʼn klip staan by die voet van die beeldskone Lisbon Falls in Graskop, Mpumalanga.  Ons het toe ʼn naweek in April gereël waar ons al die mooi watervalle gaan soek het.  Lisbon Falls het oorspronklik nie ʼn paadjie gehad tot onder by die Waterval nie, toe maak ons maar ons eie!  Ons het toe lekker piekniek gehou (op die einste klip wat ek op die foto gesien het) en toe Elisma reg staan sodat Dirkjan ʼn foto kan neem met die Waterval in die agtergrond, het hy die groot vraag gevra.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Die Verlowing Tydperk:


Ons was presies ʼn jaar verloof en dit was die perfekte tydperk vir ons – nie te lank of te kort nie.  Meeste van die beplanning het ons self gedoen, maar ons het het hulp gekry van verskeie wonderlike mense af; Ons families is ongelooflik veelsydig!

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venueslydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Paartjie se styl:


Ek was gelukkig genoeg om die rok van haar drome by White Lily te kon kry.  Die rok was eenvoudig en ongelooflik elegant.  Dirkjan se pak was bruin om te pas by die natuurskoon van die venue se ligging.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venueslydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons hele dag was vir ons ongelooflik, maar as ons moet uitsonder was dit vir Dirkjan die toesprake en vir my was dit toe die verrigtinge begin; Die ‘hier gaan ons’ oomblik.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venueslydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Die Besluitnemingsproses:


Ons het redelik lank voor die trou-beplanning begin het, geweet wat ons wil hê.  Dit was minder dus besluite neem, en meer bloot besluite uitvoer.  Ons het ook natuurlik advies van ons familie en vriende gevra.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Finansiële Aspekte:


Ons begroting wat oorspronklik niks meer as R100 000 nie en dit was op die ou einde heel realisties, omdat ons wonderlike mense in ons lewens het wat ons oral kon uithelp met afslag.  Van die diensverskaffers het ons selfs gratis gehelp!

Min of meer 170 gaste het ons groot dag bygewoon.  Ons advies is: Dis nie wie jy is nie, dis wie jy ken.  Maak seker jy weet presies wat jy wil hê, maar moenie bang wees om sommige aspekte te verander soos die beplanning vorder nie.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Vermaak:


Ons het musikante gehad wat tydens die seremonie en canape’s gesing het.  Ons het ook ʼn platejoggie tydens die onthaal gehad.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Onthou dit is jou dag waaroor jy al jare droom.  Vertrou jou instink as dit kom by beplanning en besluitneming – jy ken jouself die beste.  Geniet elke oomblik en vat elke nou en dan ʼn sekonde om alles in te neem.

Bruidegom:

Jy kan soveel oefen en beplan soos jy wil, as daardie kapel se deure oopgaan en jy sien haar daar staan, gaan die trane rol!  Haal maar net stadig asem, dit help so bietjie.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Wittebrood:


Ons was die Maandag na die troue direk Graskop toe en daar het ons teruggegaan na die einste Waterval wat Dirkjan vir my gevra het om te trou.  Ons het so paar dae daar spandeer en later in die week was ons op ʼn ‘Airbus A380’ op pad Griekeland toe.  ʼn Klein Griekse Eiland met die naam Ios het vir ons gewag.  ʼn Vriendin het ons vertel van die eiland en hoe fantasties dit daar is; Sy was 100% korrek!  Dit was ʼn ongelooflike belewenis.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Venue & Dekor:


Ons is gelukkig genoeg dat Dirkjan se ongelooflike suster en swear ʼn ongelooflike venue bestuur net buite Lydenburg, Mpumalanga – Boshoek.  As ons oor kon kies, sou ons 1000 keer weer die venue gekies het!  Nie net oor dit so beeldskoon is nie, maar ook oor die geskiedenis van die venue.  Dirkjan se suster het daar getrou in 2013 en sy broer in 2016.  Die venue het ook ʼn tradisie waar jy ʼn slot, met jou name op gegraveer, teen ʼn ketting by ʼn boom vas-sluit, en dan die sleutel in die dam gooi.

Hier moet ons ook krediet gee vir ons dekor beplanner – Natasha van Aardt.  Ons het bloot vir haar ʼn paar foto’s gewys saam met die idee van geometriese vorms.  Sy het wonderwerke verrig!  Ons was uit die veld geslaan met haar unieke dekor idees en die uitvoering daarvan.

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Eerste Dans:


Natuurlik het ons ʼn eerste dans gehad!  Die liedjie wat ons gekies het was ʼn instrumentele weergawe van The Greatest Showman se Rewrite The Stars.  Ons het voor die tyd bietjie geoefen, maar 4 jaar se Universiteit sokkies het ons goed voorberei!

lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues lydenburg wedding venues

Mooi Troues Diensverskaffers: