Helder & luukse trou inspirasie

By Mooi Troues deel ons met ons lesers die Helder luukse trou inspirasie gestileerde fotosessie vir die paartjies wat opsoek is om iets kreatief en luuks te doen vir hul troudag.  Al die verskillende dekor elemente van die potjies, kersstaanders en die blomme pas mooi bymekaar.  Die blomme ontwerpe wat afhang van die tafel is so mooi.  Dit trek onmiddellik jou oog as jy na die tafel kyk.

Mooi Troues se skryfbehoefte bydraer, Rabbits Trail het die fotosessie se skryfbehoeftes ontwerp.  Ons is mal oor die sagte pienk, goue en simplistiese elemente van die skryfbehoeftes.  Omdat die tafel se uitleg klaar mooi vol is, is die sagte gevoel van die skryfbehoeftes perfek.  Dit pas perfek in by die res van die dekor en breek bietjie die besiger teksture.

Goue en koer elemente gee die fotosessie amper ‘n oud wêreldse gevoel.  Perfek vir ‘n luukse troue.  Geniet hierdie fotosessie en kry sommer tonne inspirasie hier.  Onthou om na ons trou inspirasie kategorie te kyk op Mooi Troues vir nog baie trou inspirasie vir jou troudag.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Wie het die fotosessie gereël?


MonCherié Wedding Venue het die sessie gereël.  Die sessie was gereël om die nuut oor gedoente kapel by die venue bekend te stel.  Die kapel het ‘n groot verandering ondergaan en dit was die doel van die sessie.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Inspirasie vir die fotosessie?


Ons het gegaan om vir ons bruide iets anders te wys, nie iets wat ons al voorheen gedoen het by die venue nie.  Die kleure het mekaar baie mooi gekomplimenteer en mooi ingepas by die rok.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons het gegaan met diensverskaffers wie ons vertrou.  Wie se werk vir ons uitstaan wat in ons omgewing is. Sodat ons kliënte hulle maklik kan bekom.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Agter die skerms inligting


Ons kon nêrens swart kerse kry nie.  Die laaste opsie was om wittes te vat en te spyt met swart verf.  Die een dame het dit gedoen en perongeluk in die son gelos om te droog.  Natuurlik het die kerse gesmelt van die hitte.  Gelukkig het sy dit betyds raakgesien en ons kon ‘n nuwe plan maak.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Dit was baie lekker om alles bymekaar te sien.  Om vir ons bruide wat reeds by ons bespreek het die veranderinge aan die kapel te kon wys deur die foto’s.

MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue MonCherié Wedding Venue

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers