Schoeman & Leandré se bruilofsfees by Cheerio Gardens

Schoeman en Leandré se lieflike troue in Limpopo sal jou opgewonde maak vir jou trou beplanning.  Die paartjie het in die Magoebaskloof area getrou by Cheerio Gardens.  Hierdie pragtige venue is ʼn oases omring met groenigheid, bosse en bome.  Jy is letterlik omring deur asemrowende mooi natuurtonele.  Cheerio Gardens se venue is reg langs ʼn dam geleë wat jou gaste daardie rustige gevoel bied.  Hierdie is die perfekte venue vir paartjies wat opsoek is na iets meer as net ʼn moderne gebou.  Schoeman en Leandré was opsoek na ʼn venue wat meeste goed ingesluit het soos die kos, hulp met die dekor ens.  So die venue was vir hulle die perfekte opsie.

Schoeman en Leandré se troue is definitief ʼn bron van inspirasie vir die kontemporêre paartjie.  Leandré se kleurvolle hand-ruiker pas so mooi in by alles en vloei perfek met die res van die paartjie se styl van hul troue.

Geniet Schoeman en Leandré se trou foto’s en die paartjie se liefdesverhaal.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Paartjie se Liefdesreis:


Ons is albei afkomstig van Tzaneen en het in dié dorp ontmoet. Leandré het pas ‘n kontrak geteken vir haar tweede jaar in Suid-Korea (om Engels te gaan skool gee) en Schoeman het ‘n jaar vir ‘n groot maatskappy in Mosambiek werk gedoen. Ons het dus vir 4 maande ‘n ‘long distance’ verhouding gehad. Leandré het na 4 maande terug gekom om by Schoeman te wees nadat sy kontrak geëindig het. Dit was 2015. Ons is 28 September 2018 verloof, Schoeman het vir Leandré in Dullstroom by hul gunsteling diere-vriendelike verblyf (Greystone Lodge) gevra. Ons is 7 September 2019 in Magoebaskloof getroud.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Die Verlowing Tydperk:


Verloof 28 September 2018 in Dullstroom by Greystone Lodge, en getroud 7 September 2019 by Cheerio Gardens in Magoebaskloof.  Geen troubeplanner nie, die bruid het meeste reëlings met die bruidegom, haar ma Charmaine en haar sussie Stephanie se bystand getref.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir die bruid (Leandré) was die merkwaardigste deel die oomblik toe hul dominee, Hannes Steyn, aangekondig het dat ons nou Mnr en Mev Mynhardt is.  Vir die bruidegom (Schoeman) was dit die oomblik toe Leandré die paadjie afstap na hom toe.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Paartjie se styl:


Ons troue se styl was in ‘n mate ‘boho’ maar Leandré voel dat dit meer ‘boho chic’ was.  Daar was macrame wat van die dak af gehang het, elkeen met ‘n donkergroen varing in.  Leandré se rok was van bo tot onder met kraletjies bedek, Schoeman het ‘n vlootblou pak gedra en sy trouring is ‘charcoal’ Tungsten.  Schoeman het Leandré se trouring self ontwerp, met ‘n ovaal-diamant steen waaroor Leandré mal is.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Wittebrood:


Ons is MAL oor toer.  Ons storie het immers so begin. In verskillende lande, ure se tydsverskil tussen mekaar.  Ons het besluit om twee lande te sien met ons wittebrood.  Party mense wil slegs op ‘n strand lê tydens hul wittebrood, maar nie ons nie.  Ons wil alles sien en alles beleef. Ons het op Singapoer en Bali besluit en was vir ‘n totaal van 12 dae weg.  Dit was die lekkerste tyd, ongelooflike seer voete maar die beste herinneringe.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Venue en Dekor:


Magoebaskloof was nog altyd vir ons mooi.  En spesiaal omdat ons van hierdie area afkomstig is.  Cheerio Gardens is ‘n ‘inclusive venue, wat ook vir ons belangrik was.  Ons wou hê dat die kos, hulp met die dekor, ens ingesluit moes wees. Die dekor was boho chic – as kind het Leandré se ouma macrame in haar huis gehad.  Dié ouma is al reeds in 2006 oorlede, maar dit het by Leandré gebly.  Ons het begin macrame bymekaar maak, haar ma Charmaine en haar vriendin Marlene het talle sommer self met die hand gemaak.  Ons en Marguerite het dit van die dak af gehang met klomp varings wat ons ook maande voor dit tyd begin bymekaar maak het.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Gunsteling Diensverskaffers:


Definitief Marguerite Hyde wie ons blomme, ruikers en die dekor gedoen het.  Sy het die ekstra myl gegaan en het so vir Leandré bygestaan.  Sy was wonderlik.

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Eerste Dans:


Ons het Elandré se Stilte Voor Die Storm gekies en was vir dansklasse by Bonita Jacobs Lourens van Dance Creations in Tzaneen.  Dit was lekker om vir klasse te gaan en by die huis te oefen vir ons eerste dans, ons het so gelag!

wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloofwedding venues magoebaskloof wedding venues magoebaskloof

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers