Kobus & Chané se plaasverlowing

Kobus en Chané se plaasverlowing in Pongola is prentjie mooi natuurtonele.  Die fotosessie was op Chané se ouers se wildplaas in KwaZulu-Natal geneem.  Pangola is in KwaZulu-Natal, net Suid van eSwatini.  Daar is net so ʼn rustigheid wanneer dit kom by die plaaslewe.  Daarom is dit lekker om fotosessies op plase te sien.  Die kontras van die mooi aangetrek en versorgde paartjie in die pragtige plaas landskappe werk net so mooi saam.

Die paartjie se inspirasie agter hul fotosessie was om foto’s te kry vir hul trou uitnodigings en om later te laat raam.  Baie paartjies wonder wat om te doen met hul verlowing fotosessie se foto’s.  Hier is nou vir jou ʼn goeie idee.  Gebruik dit as deel van jou trou skryfbehoeftes.  As jy nie dit wil doen nie kan jy dit ook op jul trou webtuiste gebruik indien jul een gaan hê.  Jul verlowing vorm deel van die prentjie as getroude paartjie, so dit is lekker om herinneringe te hê daarvan.

Kobus en Chané droom van ʼn klein dorpie selfdoen-plaastroue met lekker kos, musiek en mense.  Dit klink na die ideale troue vir hierdie moderne jong paartjie.  As jy binnekort troue en opsoek is na diensverskaffers vir jou troue, besoek Mooi Troues se Trougids.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet op Ponta se strand in Mosambiek in 2012 terwyl ons elk saam ʼn groep vriende vakansie gehou het. Albei van ons het dadelik besef hoe baie vriende ons in gemeen het, en dat ek saam met sy sussie dieselfde graad studeer. Ons was albei studente op die Puk in daai tyd, waar die liefde net verder begin blom het.

Ons was 5 en ʼn half jaar in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het. 4 Jaar van die tyd was ons in ʼn langafstandverhouding, waar ek toe nader aan hom getrek het. Dit was beslis uitdagend, maar als die moeite werd!

plaas verlowing plaas verlowingplaas verlowing plaas verlowing

Die groot vraag:


Ons is albei avontuurlustig en wou graag een Saterdag ʼn Canopy Tour doen in die Midlands.  Ons het dit saam gereël so ek het geweet wat ons vir die dag sou doen.  Ek het wel nie verwag dat hy die groot vraag sou vra op een van die platforms langs ʼn waterval nie.  Dit was die grootste verrassing!  Hy het my verder verras deur beide ons families bymekaar te kry (almal het baie ver gery) om ons in te wag by een van my gunsteling venues.  Saam het ons toe feesgevier tot laat in die aand.

Ons het baie oor die verlowing gepraat, maar glad details rondom hoe, waar of wanneer nie.

plaas verlowing plaas verlowingplaas verlowing plaas verlowing

Die verloofring:


Ek het gereeld vir hom idees gestuur waarvan ek hou, dit het baie verskil aan die begin maar later was daar ʼn duidelike ooreenstemmende styl.

Kobus het die ring self ontwerp en laat maak, tot my verrassing. Hy het dit so perfek reg gekry, en my verwagtinge oortref!

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou baie graag mooi foto’s hê vir ons trou uitnodiging, asook om later te laat raam. Ons glo in oomblikke vasvang in tyd wat mens nooit weer sal hê nie. Om ʼn verlowings fotosessie te gehad het, was die perfekte manier om ons paadjie na die kansel af te skop!

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons is albei lief vir die natuur en probeer so veel as moontlik tyd spandeer in die bos, en daaruit het ons inspirasie gekom. Dit was dus glad nie moeilik om te besluit op ʼn styl en tema vir ons fotosessie nie.

Die foto’s was geneem op my ouers se wildsplaas in Pongola. Ons was aanvanklik bekommerd dat die veld te sleg sou lyk omdat die groot droogte nog nie gebreek het nie, maar ons fotograaf het dit net eenvoudig laat werk en ʼn ongelooflike goeie werk gedoen om nogsteeds die natuur vir ons vas te vang.

Sommige van die foto’s was in my Ma se tuin geneem, vir daardie bietjie groenigheid.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Visie vir droomtroue:


ʼn Dag vol liefde, lag en feesvieringe.  ʼn Stylvolle klein dorpie-selfdoen-plaastroue met lekker kos, musiek en mense.

plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Klik hier vir meer diensverskaffers