Gratis dankie-sê kaartjies vir jou gaste

Na jou troue wil jy graag ‘n dankie-sê kaartjie stuur aan elke gas wat vir jou ‘n geskenk gegee het.  Ons het vir jou hierdie oulike ontwerp wat jy gratis vanaf Mooi Troues kan aflaai.   Dit is perfek vir die moderne bruidspaartjie wat opsoek is na iets simplisties, maar nogsteeds elegant.  Daar is twee kaartjies per A4-papier.  Druk dit op ‘n harder karton om seker te maak dat die kaartjie mooi vertoon en lekker stewig is.  Knip die twee kaartjies uit op die knip lyn wat om die kaartjies is.  Vou die kaartjie in die middel en jy is klaar.  Nou kan jy begin skryf wat op jou hart is.

LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:

Artikel Krediet: 

Ontwerp: Mooi Troues