Elegante gestileerde trou inspirasie

Dié gestileerde fotosessie is bymekaar gesit deur trou diensverskaffers wat mooi inhoud wou opbou vir hul sosiale media platforms.  Met ongelooflike foto’s as resultate is ons baie opgewende om met Mooi Troues se lesers dié elegante gestileerde trou inspirasie te deel.  Wat die gestileerde fotosessie só besonders maak is dat die fotograaf en grimeer kunstenaar wat saam die gestileerde fotosessie beplan het, meer gefokus het op die bruids hare en grimering asook die fotografie en posering styl.

Rol af en geniet die elegante gestileerde trou inspirasie en kry inspirasie oor hoe om te poseer vir jul troue.

Wie het die fotosessie gereël?


Karlé Potgieter van Karlé Potgieter Artistry het die modelle en die rok gereël.  Leani du Plessis van Leani Photography het die venue gereël.

Inspirasie vir fotosessie?


Los twee kreatiewe mense alleen met ʼn pot koffie en ʼn sjokolade.  Doen dit!  Jy sal nooit spyt wees nie.  Ons begin by ʼn eenvoudige konsep en voor jy jou oë uitvee het ons verbeelding met ons weggehardloop.  Dit is ek en Karlé opgesom in twee sinne.

Ek is ʼn fotograaf en sy is ʼn grimeer kunstenaar.  Albei van ons hou daarvan om net pret te hê van tyd tot tyd.  So nou-en-dan doen ons elk ons eie ding.  Ons neem die leisels van die sessie en beeld ons self in die werk uit.  Daar is geen kreatiewe perke nie.  Die grootste voordeel daarvan om so saam te speel is dat dit ongelooflike materiaal vir sosiale media oplewer.  Dit is ongelooflik lekker om vir die wêreld te wys hoe lief ons is vir ons beroepe.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span is gekies omdat ons mekaar vertrou in elk se professionaliteit en kwaliteit.  Ons het nie een oomblik in mekaar se vermoëns getwyfel nie.

Agter die skerms inligting


Daar was nie probleme of onvoorsiene omstandighede nie.  Ons het die dag haarfyn beplan en lank voor die tyd die skedule en reëlings gefinaliseer.  Soos ek voorheen genoem het, die span was gekies omdat ons op mekaar se professionaliteit kon staat maak.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die fotosessie was om te sien hoe mense van verskillende beroepe, agtergronde en talente kon bymekaar kom om ʼn kunswerk te skep.  Alhoewel ons elkeen baie anders is, kom ons kreatiwiteit op dieselfde einddoel neer.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Die heel belangrikste aspek van ʼn fotosessie, is om jouself te geniet.  Die kamera tel emosie baie beter op as wat ʼn mens noodwendig van oortuig is.  Van die model na die grimeerder tot die fotograaf.  Mens kan sien as iets met liefde gedoen is.

Die tweede belangrikste aspek van ʼn fotosessie sal ek sê is verseker beplanning.  Dit kan die sukses of mislukking van ʼn sessie wees.  Moet nooit besonderhede tot op die laaste minuut los nie.  Werk ʼn skedule vroegtydig uit om te verseker dat al die diensverskaffers hulle beste op die dag kan gee.  As een aspek van die sessie afgejaag word, beïnvloed dit die res van die sessie.

Klik hier vir meer diensverskaffers