Juandre & Zanelle se Bosveld naweek troue

Die Bosveld is ‘n baie gewilde keuse by paartjies wat in die Gauteng en Limpopo area wil trou.  By Mooi Troues is ons baie opgewonde om Juandre en Zanelle se bosveld troue wat ‘n hele naweek aangehou het met ons lesers te deel wat propvol oulike trou inspirasie is.

Ook deel Zanelle dat sy Mooi Troues se webblad gebruik het om na Regte Troues publikasies te kyk om idees te kry vir haar en Juandre se troue.  Ook het sy Mooi Troues se advies artikels baie behulpsaam gevind.

Rol asseblief af en geniet elke foto en die storie van Jaundre en Zanelle se Bosveld troue.

bosveld troue bosveld troue

Paartjie se Liefdesreis


Ons liefdesverhaal is voorwaar iets uit ‘n ander wêreld … Soms kyk ons terug op ons padjie saam en dink … wow die Here het ons twee definitief gemaak vir mekaar.

Soos baie ouers hulle kinders waarsku oor “dating sites” het ons ouers ook, maar hier ontmoet meneer en mevrou Oberholzer mekaar op die uwe Tinder.

Juandre was ‘n baie onafhanklike jong man wat net wou jag, visvang, braai en kuier- daar was nie tyd of plek vir ‘n vrou in die besige lewe nie.  Juandre se vriende staan toe almal trou se kant toe en besluit die man moet ook nou begin vlerk sleep.  Met bietjie aanhitsing maak die man toe ‘n Tinder profiel oop.

Zanelle was ook enkellopend en baie onafhanklik en haar vriendinne besluit toe ook sy kort ‘n spesiale iemand in haar lewe.

So “swipe” die twee mekaar toe raak op Tinder en die liefde blom. Onwetende dat die “swipe” hulle hele lewe sal verander.  Na ‘n rukkie se gesels en die kat uit die boom kyk ontmoet hulle mekaar toe … Nie lank daarna nie sommer mekaar se ouers ook. Die liefde het behoorlik geblom.

Die verlowing


Op 4 Augustus 2018 vra Juandre op hulle plaas in Rustenburg of Zanelle met hom sal trou.

Juandre het met Zanelle se ouers gereël om te kom kuier op die plaas sodat hy die groot vraag kan vra in almal se teenwoordigheid.  Zanelle weet natuurlik van niks, sy het eksamen geskryf in Potchefstroom en daarna deurgery Rustenburg toe vir haar amper skoonma se verjaarsdag partytjie op die plaas.  Daar was ‘n verjaarsdag braai gereël by die bos boma in die middel van die plaas en niks was ongewoon nie.  Al Juandre se familie was ook by die braai en almal kuier toe heel rustig soos gewoonlik.

Oupa Andre (Juandre se oupa) sit toe langs Zanelle en sy senuwees het geknaag oor wat nou gaan plaasvind.  Juandre sê toe Zanelle moet kom kyk die koedoes drink water by die watergat en natuurlik se oupa Andre “nee ounooi sit nog eers bietjie”.  Arme Juandre het al sy dae gehad om vir Zanelle te kry om die koedoes te gaan kyk.  Toe Zanelle uiteindelik oor die klipkraal kyk toe staan haar gesin anderkant die kraal met bordjies met die volgende woorde op: “Sal jy met my trou?” en Juandre sak op sy knieg neer langs Zanelle.

Zanelle het natuurlik vreeslik gehuil, ja gesê en ook van die skok gesê niemand van hulle gaan nie Hemel toe nie want hulle almal jok lekker saam.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue width= bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Die Verlowing Tydperk


Ons was presies 9 maande verloof en het ook self ons eie troudag beplan.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Finansiële Aspekte


Ons is in die bevoorregte posisie om ouers te kan hê wat ons finansieel kon ondersteun om ons sprokies troue te kon hê.  Die begroting was R1,000 per gas wat alles insluit. Ons het 160 gaste genooi waarvan 137 wel die troue bygewoon het.

Dit was nie altyd maklik om by die begroting te bly nie want hoe langer mens beplan hoe meer oulike goedjies sien jy. Ons sal voorstel om nie langer as ‘n jaar verloof te wees nie want dan mag jou smaak dalk intussen verander of jy sien iets mooier en jy wil dit eerder hê.

Dit is ook van kardinale belang om te onthou dat alhoewel mens graag alles die beste wil hê op jou troudag is dit ook nie die moeite werd om jouself in baie skuld te los vir jare na die troue nie.  Dit is ook belangrik om te onthou om nie jou troue met bekende mense of vriende sin te vergelyk nie want elke paartjie doen wat hulle kan bekostig.

Vir ons was die belangrikste om ‘n venue te kry wat alles insluit, dus ‘n fooi per kop wat jou huur asook kos en ander dienste insluit.  Kry ‘n fotograaf en videograaf (indien julle ‘n video gaan hê) wat die meeste bied vir die laagste koste, maar doen goed navorsing oor jou fotograaf (reviews, hellopeter ens). Fotos is baie belangrik.

Ons het nogal baie goed op “Black Friday” gekoop of maar vir gesoek vir die beste pryse.

Dit is ook baie waar wat almal se dat dis die klein onnodige goedjies wat op die ou end die meeste kos.

Die trou-bedryf is hemelsbreed en daar is baie verskaffers van dieselfde produk- so beplan mooi voordat julle net iets koop/bespreek.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Merkwaardigste Oomblikke


Ons hele dag was merkwaardig, maar as ons iets moes uitsonder is dit die oomblik net voor die seremonie begin het, het Juandre vir Zanelle laat roep en hulle het hande gevat (Juandre kon uiteraard nie vir Zanelle sien nie) en Juandre het vir haar en vir hulle huwelik gebid en seën daaroor uitgespreek.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Paartjie se styl


Om te begin by die ringe wou Zanelle graag ‘n spesifieke ring gehad het en Juandre het dit laat ontwerp presies soos sy dit wou hê.  Juandre moes ‘n ring kry wat nie maklik breek nie en hy wou graag ‘n Titanium ring gehad het.  Wat Juandre se ring besonders maak is dat Zanelle se vinger afdrukke in die binnekant ingegraveer is.

Ons het nie ‘n spesifieke tema gehad wat ons bind nie, ons het eerder rondom kleure alles beplan.

Ons het in die winter getrou so ons kleure was Boergondië, olyf groen, Roos goud en sag pienk.  Zanelle wou graag proteas gehad het en die koning protea was toe haar keuse.

Na ons die venue bespreek het, het ons dadelik die bloemis gaan sien en vir haar gesê wat ons graag wou hê.

Ons het maar soos ons beplan het oulike idees oral gekry en gekyk of dit gaan pas by ons venue en blomme.

Zanelle se rok is by Vonve Bridal Couture gekoop en dit was ‘n ongelooflike ervaring.  Zanelle het verskeie style rokke aangepas en toe sy die spesifieke rok aantrek het haar ma bewoë geraak en almal het geweet dis die rok.  Sy het haar rok al sewe maande voor die tyd bestel omdat hy gemaak en ingevoer moes word vanaf Italië.

Juandre asook sy pa en skoonpa se pakke is by SmartGuy in Centurion gehuur- daar was ‘n wye verskeidenheid en hulle is baie billik.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Die Besluitnemingsproses


Juandre en Zanelle het albei baie betrokke families so hulle het altyd raad gevra en geluister, maar die finale besluit het hulle saam geneem met inagneming van almal se raad en idees.

bosveld troue bosveld troue

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke


Gelukkig met strooimeisies en met ons twee ma’s het Zanelle en Juandre van geen probleme geweet nie.  Daar was wel ‘n dubbele bespreking van gaste wat op die venue moes slaap en nie deel was van ons troue nie – gelukkig het Shangri-la dit vinnig uitsorteer.

Verder het alles seepglad verloop.

bosveld troue bosveld troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Bruide:
  • Koop/huur die rok waarin jy gemaklik gaan wees en nie die rok waarvan almal anders hou nie.
  • Kry genoeg idees van hare en grimering, maar onthou net dit gaan nie altyd presies so lyk nie.
  • Sorg asb dat jy ‘n nood tassie met alles in het, glo my as jou rok skeur gaan jy bly wees jy het so tassie gepak.
  • Dra gemaklike skoene want dit word ‘n lang dag.
  • As iets fout gaan op die dag van die troue, ontspan want dis net jy wat gaan weet hoe dit moes wees.
Bruidegom:

Geniet elke oomblik want dit gaan vinnig verby.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Venue & Dekor


Ons wou graag ‘n naweek troue gehad het, asook in die bosveld getrou het.

Ons het na baie venues gaan kyk en verskillende aspekte in ag geneem nl.

  • Kostes van die venue en wat dit insluit
  • Slaapplek op of naby die venue
  • Mees sentraal geleë vir al ons families

Ons het na baie venues gaan kyk en alle opsies oorweeg.  Op die ou end het ons by dieselfde venue getrou as waar Zanelle se ouer sussie getrou het omdat ons weet die kwaliteit is onverbeterlik.  Omtrent al ons gaste kon op die venue slaap.  ‘n Handjie vol kon net af in die pad ry vir ander verblyf.  Ons het ook ‘n pakket gekry wat alles insluit per kop.  Die venue is ‘n hotel met ‘n spa en die geriewe is alles daar.

Zanelle maar baie op Pinterest en tydskrifte deurgeblaai.  Hoe langer ons beplan hoe meer goed het ons raakgesien waarvan ons gehou het.  Ons het ook op fotograwe en videograwe se werk dekor en idees gesien waarvan ons gehou het.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Vermaak


Ons het eerstens troukoerantjies gehad by die seremonie wat oulike leesstof ingehad het.  Na die verloop van die seremonie het ons pre-canapès gehad wat peuselhappies, troukoek en drankies ingesluit het.

Ons het later die aand ‘n “photobus” gehad (Mustang Sally) en die mense het dit vreeslik geniet.

Ons het ook ‘n platejoggie gehad en almal het lekker gedans en gekuier.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Wittebrood


Ons wou graag op ‘n eiland vakansie gaan. Veranda Paul et Virginie in Mauritius is ‘n droom wittebrood bestemming.

Die spesifieke oord is net vir volwassenes en die diens is voortreflik.

bosveld troue bosveld troue bosveld troue

Eerste Dans


Ja ons het ‘n eerste dans gehad.

Dit is baie belangrik om die bruid se rok in ag te neem wanneer die bruidspaar die liedjie kies.  Juandre en Zanelle het besluit op “Take my hand” deur Emily Hackett omdat die woorde baie betekenis het en Zanelle se rok redelik wyd was asook baie lae gehad het.

Ons albei kon bietjie skoffel so ons het nie gegaan vir lesse nie, maar wel bietjie geoefen voor die troue.

bosveld troue bosveld troue

Klik hier vir diensverskaffers