Barry & Renè verlowing foto’s in die natuur

‘n Verlowing fotosessie speel ‘n groot rol in die proses van troubeplanning.  Barry en Renè se verlowing fotosessie was deur Mila Photography af geneem.  In die mooi foto’s hieronder kan ons sien dat die paartjie baie gemaklik is voor die kamera.

Die fotosessie het baie verskillende plekke en natuur elemente wat die fotosessie interessant hou.  Paartjies wat sukkel met idees waar om hul verlowing fotosessie te hou moet nie huiwer om hul fotograaf te vra vir idees nie.  Meeste fotograwe het hul eie “geheime”plekke waar hul afneem, so vind gerus uit by jul fotograaf.

Mooi Troues se lesers kan nou gaan afrol en na Barry & Renè se oulike verlowing fotosessie in die natuur kyk en geniet die foto’s deur Mila Photography.

Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Vir ons trou uitnodiging webwerf het ons vir ‘n skrywer gevra om ons ontmoeting in mooi woorde te stel, sien onderaan. 

Dit gebeur eens tydens ʼn blou maan dat Venus, Mars, blote geluk en onverwagse seën op lyn om die perfekte geleentheid te skep waar oogopslag-liefde onvermydelik is.

Dit was juis te danke aan die blou maan van Januarie 2016 dat Barry en Renè mekaar ontmoet het tussen goeie vriende.  Tydmors is vir parkie-werkers en Huis-herfsakker-inwoners en nie vir Barry Jacobs nie, want hy’t dieselfde aand nog Renè se nommer gevra en ʼn week later het hulle die eerste keer uitgegaan.

Na ʼn maand se vlerk sleep het Barry ʼn bloutjie geloop toe hy vir Renè moet afsien by ORT en hulle ʼn langafstand vry moet aanpak.  Vir die twee het dit soos ʼn ewigheid gevoel, maar te danke aan tegnologie, kon hulle praat tot hulle blou is, vir 5 ure elke dag!

Duskant die diep blou see het Barry geduldig gewag en toe Renè se voete ʼn jaar later tuis land, was hy reg om haar te te kom haal!  Die vriendskap het gegroei in liefde en verstaan, en kort voor lank vra Barry haar om te kys.  Die antwoord was “ja”, presies soos haar antwoord paar maande later, toe hy haar tussen die berge, langs die rivier, vra om ewig syne te wees.

Nou tel hul die slapies af, om uiteindelik dit amptelik te maak.  Voor God en hul naaste sal hul bely, om altyd vir mekaar lief te bly.  Wie sou dan ooit kon raai, dat eens tydens ʼn blou maan, ʼn sommer-so-kuier, die wêreld in ʼn kaleidoskoop van geloof, hoop en liefde kon verander?

Skrywer – Lonice Wessels

Mila Photography Mila Photography

Verlowing


  • Waar – Mount Sheba
  • Wanneer – 19 Januarie 2019
  • Hoe – Tussen die Berge langs die Rivier, was definitief ‘n groot verrassing.

Mila Photography Mila Photography

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Inspirasie vir die styl van ons verlowing fotosessie was half 1950’s mode/Modern mode.  Die verlowing fotosessie was gehou by die venue, Summerfields, en dit is  ʼn ongelooflik mooi venue. Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Hoe lank is ons verloof?


Ons was ‘n jaar verloof en het 7 Maart 2020 getrou.

Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Die verloofring


My verloofring is van Browns en Barry het dit saam Browns ontwerp.  Dit was ‘n verrassing vir my gewees en was presies wat ek wou gehad het.  Die ring het perfek gepas, ek weet regtig nie hoe hy my vinger grote geken het nie.

Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Hoekom ons mekaar lief het?


Renè – Hy bring my elke dag nader aan die Here, hy wys vir my wat liefde is.

Barry – Sy is liefdevol, sag en’ n hart van goud.

Mila Photography Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Visie vir droomtroue


Ons troue se tema is skakerings van blou.  Ons soek ʼn intieme gevoel met kerse en fairylights.  Venue van troue is Alevi Farm Lodge.

Mila Photography Mila Photography Mila Photography

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir diensverskaffers

  • Hare en Grimering : Blazing Beauty
  • Geel Rok : Lady Secreto Online Shopping
  • Blou Rok : Zando Online Shopping
  • Naels : Rose Salon and Boutique
  • Hakke : Woolworths