Hennie & Maderiè se verlowingfoto’s in ‘n kunstige koffiewinkel

Hennie en Maderiè het hul verlowing afgeskop met ‘n romantiese fotosessie in ‘n kunstige koffiewinkel.  Toe hulle die fotosessie begin beplan het, was hulle opsoek na ‘n omgewing waar hulle gemaklik en gelukkig voel.  Hulle is mal daaroor om verskillende koffiewinkels saam te besoek en het gevoel ‘n verlowing fotosessie in ‘n koffiewinkel sal die perfekte styl en gevoel vir hul foto’s skep.  Hulle het ook die fotosessie afgesluit met ‘n sessie in die natuur om ‘n verskeidenheid foto’s te verseker.

Indien jy besig is om ‘n verlowing fotosessie te beplan, maar nie ‘n idee het waar om te begin nie, identifiseer ‘n ligging wat spesiaal is vir jou én jou verloofde.  Die sukses van jou fotosessie hang af van hoe gemaklik jy daarmee is om voor die kamera te poseer;  So maak seker jy kies ‘n ligging waar jy en jou aanstaande 100% gemaklik en gelukkig voel.

Go Urban Photography Go Urban Photography

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Ons het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende in ons eerstejaar van universiteit op Potchefstroom.  Eers aan die einde van ons tweedejaar, het ‘n ongelooflike vriendskap begin toe Hennie my na ‘n koshuis-dinee gevra het.  Ons was eers beste vriende en het mekaar deur dik en dun bygestaan.  Ons kon mekaar dadelik met alles vertrou en was van die begin af baie gemaklik met mekaar.  Die band tussen ons het al hoe sterker en meer spesiaal geword.  Ons was 4 jaar in ‘n verhouding voordat ons verloof geraak het.

Go Urban Photography Go Urban PhotographyGo Urban Photography

Hoekom ons mekaar liefhet


Ons vul mekaar so goed aan en is werklik die beste weergawe van onsself saam.  Ons is heel beste vriende met geen geheime nie!

Maderiè:  Hennie is geweldig onselfsugtige en sal altyd uit sy pad uit gaan om ander te help.  Hy maak my ‘n beter mens.

Hennie:  Maderiè het ‘n manier om my kalm te maak en te laat voel of die wêreld se probleme my nie kan onderkry nie.  Sy deel my plattelandse waardes en het ‘n pragtige omgee-hart.

v Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography

Die groot vraag


Op 6 Julie 2019 het Hennie uiteindelik die groot vraag gevra.  Alhoewel ons al ‘n hele ruk daaroor gepraat het, het ek glad nie verwag dat dit daardie dag sou gebeur nie.  Hennie het alles só beplan dat ek juis niks daardie dag sou vermoed nie.  Die detail wat daarin gegaan het, was klaar iets besonders.

Hy het vir my vertel dat hy Afriski toe moes gaan vir werk.  Hy het my die keuse gegee of ek wil saam ry of nie, maar tog geweet dat ek nooit sou nee sê vir ‘n avontuur op die pad nie.  Sy “afspraak” was laat en ons moes ‘n bietjie tyd wen en rondloop.  Terwyl ek met die sneeu speel, het hy op sy een knie gegaan en vir my gevra om met hom te trou.  Dit was net ons twee.  My enigste vereiste was dat daar geen ander mense naby ons mag wees as hy my sou vra om met hom te trou nie.  Ons het daarna iets gaan eet en dit geniet om in die buiteland te wees vir die oomblik.  Net ons twee.

Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography

Tydperk voordat die knoop deurgehak word


Ons het 6 Julie 2019 verloof geraak en trou 15 Februarie 2020.

Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography

Die Verloofring


Ek wou ‘n ovaal diamant hê.  Dit is ‘n redelike skaars diamant, so Hennie het lank gesoek na die regte diamant.  Ek is nogal kieskeurig en daarom sou ‘n verrassing nie die beste opsie wees nie.

Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons wou natuurlike verlowingsfoto’s hê, waar ons gemaklik en gelukkig lyk.   Ons hou baie van koffiewinkels en toe ons op Seisoen afkom, het ons dadelik geweet dat dit die plek is waar ons ons foto’s wil laat neem.  Dit is ‘n pragtige plek met ongelooflike goeie styl.

Go Urban Photography Go Urban Photography Go Urban Photography

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers