Perske-kleurige skryfbehoefte stel

Hierdie prettige uitnodigings is perfek vir die bruid wat wil geskram van ‘n oorvloed kleur by haar skryfbehoeftes, maar tog steeds nie net ‘n eenvoudige wit uitnodiging wil hê nie.  Die blom ontwerp herinner aan ‘n Protea en kan so weer maklik inkorporeer word by ‘n fynbos tema, maar is nie so kenmerkend dat dit vreemd sal wees wanneer dit gebruik word by ‘n ander troue nie. Indien hierdie dalk nie die rigting is wat jy ingedagte het vir jou troudag nie, kan dit altyd ook gebruik word vir jou kombuis-tee of ander voorafgaande geleenthede.  Vandag se skryfbehoeftes is ontwerp deur Watercolour Heart .  Geniet dit en kry inspirasie vir jou groot geleentheid.

Artikel krediet: