Helder blomme trou skryfbehoeftes

Ons deel vandag pragtige Helder blomme trou skryfbehoeftes ontwerp deur Lieflingkind. Die inspirasie was Marissa (die bruid) se liefde vir helder kleure en besige blom patrone.  Omdat die paartjie rose in hul troue sou gebruik het, het Lieflingkind klein rosies met die hand geverf voordat ek dit oorgesit het na ‘n digitale formaat.

Lieflingkind het kunsvlyt papier en ‘n goue koevert met ‘n streepagtige binnekant gebruik om die blompatrone te komplimenteer.  Alles is netjies afgerond met die sagte goue kleur van die koevert – ook ‘n kleur wat in hul troue gebruik is. Lieflingkind se gunsteling is die knypertjie-spyskaart wat soveel pret was om te ontwerp en ‘n oulike interaktiewe element vir die gaste was.

Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0001Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0002 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0003 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0004 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0005 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0006 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0007 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0008 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0009 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0010 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0011 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0012 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0013 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0014

Meer skryfbehoeftes op Mooi Troues:


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuwe tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Dan volg die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels wat die eerste dinge is waarna gaste soek wanneer hulle die venue binnekom.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0015 Wedding Stationery as seen on Mooi Troues_0016

Diensverskaffers: