Douw & Rochelle se Vogue verlowing fotosessie

Douw en Rochelle se verlowing fotosessie lyk kompleet soos iets uit ʼn Vogue tydskrif!  Die V&A Waterfront in Kaapstad het as agtergrond gedien, terwyl Douw en Rochelle soos modelle voor die kamera op ʼn luukse seiljag poseer het.  In dié fotosessie kan gesien word hoe belangrik dit is dat die paartjie se uitrustings en die toekomstige bruid se hare en grimering by die tema van die fotosessie pas.  Rochelle het asemrowend gelyk in ʼn elegante, vloeiende vuil-pienk rok, wat maklik van Douw ʼn agtergrond-prentjie kon maak.  Maar, Douw die algehele prentjie voltooi in sy stylvolle swart pak en onmisbare teenwoordigheid.  Al die elemente het ʼn eenheid gevorm en gesorg vir top kwaliteit foto’s.

Die fotosessie bewys ook dat alhoewel daar baie aandag aan die paartjie se styl en die tema van die fotosessie gegee is, is daar steeds maniere om die paartjie se liefde vir mekaar die hoof fokuspunt van die foto’s te maak.  So moenie bang wees om weg te breek van die norm en ʼn vars en moderne aanslag op verlowing fotosessies te probeer nie!  Kyk na die foto’s hieronder om inspirasie vir jóú moderne fotosessie te kry.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Douw is mal daaroor om vir al ons vriende te vertel dat ek eintlik die een was wat die eerste belangstelling getoon het!  Sy naam het op my Facebook op gekom en ek het hom toe ʼn vriend uitnodiging gestuur.  Sowat ʼn week daarna het ek my foon verloor en my BBM pin op Facebook geplaas, vir al my kontakte wat ek verloor het – dit was in die tyd toe almal “Blackberries” gehad het.  Wragtig toe stuur hy vir my ʼn boodskap op BBM!  Ons het vir ure en ure onophoudelik gesels en ʼn paar dae later toe nooi Douw my om saam met hom te gaan fliek.  Die res is geskiedenis.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Die groot vraag


As ek aan daardie dag dink, kan ek nie help om te glimlag nie – dit was perfek!  Ek en Douw gaan bly elke nuwejaar in ‘n hotel by die waterfront, so ek het absoluut niks vermoed toe hy vir ons inboek by ʼn hotel vir die naweek nie.   Ons het beplan om die aand by ʼn restaurant te gaan eet, maar voordat ons na die restaurant gery het, wou ons eers die sonsondergang by Llandudno gaan kyk het.  Douw het gesê dat hy ʼn foto van my op die rots, saam met die mooi sonsondergang wil neem.  Op daardie tydstip, het ek nog niks vermoed nie.  Hy was so koel soos ʼn komkommer, totdat hy my moes vra!  Skielik kon hy nie onthou watter been links en watter been regs is nie.  Hy het toe sommer op albei knieë gestaan!  Ons het na die tyd lekker daaroor gelag.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Hoekom ons mekaar liefhet


My gunsteling eienskappe van Douw, bo en behalwe sy pragtige gesig en groot arms, is sy mooi menswees.  Hy is ongelooflik lojaal en eerlik, nie net teenoor my nie, maar met almal in sy lewe.  Hy hanteer my met die grootste respek en gee die beste raad en ondersteuning.  Douw is ook verskriklik hardwerkend in alles wat hy doen.  My héél gunsteling eienskap van hom, is dat hy ʼn kind van God is.

Rochelle se mooi groot glimlag en diep blou oë is van my gunsteling uiterlike eienskappe van haar.  My gunsteling persoonlikheidseienskappe van haar, is haar mooi hart en die liefde wat sy vir almal om haar het.  Rochelle sien altyd die goed in elke situasie raak en is aanhoudend besig om te lag.  Ek hou ook daarvan dat sy so doelgerig, onafhanklik en standvastig is.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Die Verloofring


Ek en Douw was 6 jaar saam voordat hy my uiteindelik gevra het om met hom te trou.  Ek het gereeld vir hom foto’s gestuur van die tipe styl ring waarvan ek hou.  My smaak het egter so baie verander, ek is seker daarvan ek het hom baie deurmekaar gemaak!  Die ring wat hy toe besluit het om te laat maak, is beter as wat ek ooit kon van droom!  Dit is perfek, meer as perfek.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons was baie gelukkig, want ons het die fotosessie in ʼn kompetisie gewen.  Dit was die eerste keer wat ek en Douw professionele foto’s laat neem het, so dit was baie spesiaal vir ons.  Dit was ‘n wonderlike ervaring!  Sulet Fourie, ons ongelooflike fotograaf, het alles gereël.  Ons fotosessie was totaal en al haar visie, maar alhoewel dit haar visie was, het dit ons styl perfek gepas!  Die fotosessie was stylvol, elegant en romanties.  Sulet het ons fotosessie in die waterfront geskiet en dit was die perfekte plek vir ons, aangesien ons die naweek wat ons verloof geraak het, by die waterfront gebly het.  Die waterfront het dus ʼn spesiale plekkie in ons hart.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Visie vir droomtroue


Ons idee vir ons droom troue is om dit baie intiem te maak.  Die mense wie ons gaan nooi is ons harts-mense, die mense wat die belangrikste in ons lewens is.  Ons is baie gelukkig, want ons het werklik wonderlike familie en vriende.  Op ons troudag wil ons hê hulle moet die liefde wat ek en Douw vir mekaar het, ervaar.  Ons troue gaan romanties en stylvol maar tog gemaklik wees.  Alhoewel ons nie ʼn baie groot begroting het nie, weet ek ons sal ons visie wat ons vir ons spesiale dag het, kan laat realiseer.

Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement Vogue engagement

Klik hier vir meer diensverskaffers