Boheemse Trou-Inspirasie in ‘n Koringland

Bruide wil dikwels nuwe idees probeer en hul troue anders maak van wat al voorheen gesien was, maar dit is beslis makliker gesê as gedaan!  Dit is ‘n uitdagende taak om al die warrelwind van idees, die Pinterest borde én vriende en familie se opinies en idees bymekaar te bring.  Daarom is daar professionele diensverskaffers wat die werk vir jou doen!  Die koördineerder van hierdie Boheemse Trou-Inspirasie in ‘n Koringland gestileerde fotosessie het ook, soos meeste bruide, verskeie idees gehad om ‘n unieke trou-omgewing te skep.  Sy het ‘n groep diensverskaffers genader om haar te help om haar visie na lewe te bring.  Die uiteinde was ‘n unieke omgewing in ‘n koringland, gevul met verskeie elemente wat aan ‘n troue verbonde is.  Die diensverskaffers het by ‘n spesifieke tema gehou en die dekor, skryfbehoeftes, blomme én model se styl by hierdie tema aangepas.

Gebruik gerus hierdie Boheemse Trou-Inspirasie in ‘n Koringland vir jóú troudag en haal die las van jou eie skouers af.  ‘n Boheemse troue in ‘n koringland is beslis ‘n unieke idee wat al selde, indien ooit, vantevore gedoen is!

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Nicola van Nicola Fotografie het die fotosessie gereël en die foto’s geneem.

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Inspirasie vir die fotosessie?


My inspirasie vir die fotosessie was die natuurskoon wat ons tot ons beskikking het.  Ek wou graag iets anders doen as die normale trou venue.  Ek het ook ‘n hele paar unieke idees op Pinterest gekry wat ek gedink het perfek bymekaar sal pas.

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die diensverskaffers is gekies omdat elkeen die boheemse koringland-inspirasie op sy/haar kreatiewe manier na vore gebring het.  Vanaf die dekor tot die rok het alles by dié tema aangesluit.  Almal was baie opgewonde om deel te wees van iets anders as die normale gestileerde fotosessie.  Baie van ons het al vantevore saam gewerk, so ek ken hulle werk goed.  Ek het geweet ons gaan ‘n asemrowende span maak vir hierdie unieke fotosessie.

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel was toe al die diensverskaffers se idees bymekaarkom.  Ek het vir almal die idee gestuur wat ek graag wou hê vir die fotosessie.  Elkeen het egter vrye teuels gehad om kreatief te wees met hul idees.  Elkeen moes op hul eie kreatiewe manier iets doen wat hulle gedink het sal by die tema pas.  Dit wat ons op die einde van die dag bymekaargesit het, was ongelooflik!

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Daar is ‘n tydperk van min of meer 2 maande gebonde aan die koringlande in die Boland/ Wes-Kaap.  Die koringlande is op sy mooiste tussen Oktober en November.  Teen einde November is alle koringlande gestroop.  Jy moet dus jou beplanning baie deeglik doen as jy hierdie inspirasie wil volg.  Wees kreatief en geniet die beplanning-tydperk!

wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration wheat fields wedding inspiration

Klik hier vir meer diensverskaffers