Dwayne & Kayla se bosveld troue

Ons sluit 2019 af met ‘n troue wat pronk met die mooiste bosveld modes van 2019.  Indien troues met ‘n bosveld tema reg gedoen word, kan dit die perfekte atmosfeer vir ‘n troue skep.  Die onaangeraakte natuurskoon is onbewustelik simboliek van die paartjie wat onpretensieus mekaar liefhet en aanvaar.  Kayla en Dwayne se gaste was op hul gemak by die warm en huislike gevoel van die venue.

Ons hier by Mooi Troues glo dat hierdie troue net die regte inspirasie sal wees om die bal aan die rol te kry vir jou troue in 2020.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Troudatum en ouderdom op jul troudag?


Ons is op 6 April 2019 getroud.  Ek en Dwayne was albei 21.

bosveld wedding bosveld wedding

Hoe het julle ontmoet en wie het gevra om te trou?


Ons het mekaar op Hoërskool ontmoet.  Dwayne het die groot vraag slegs ‘n paar jaar later gevra.

bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons meer oor jul trouringe?


Dwayne het ‘n swart Zirconium ring en ek het ‘n fyn diamant ring.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld weddingbosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Hoekom het die bruid die spesifieke trourok gekies?


Ek het ‘n hele paar rokke aangepas, maar daar was altyd iets wat my gepla het met elke rok wat ek aanpas.  Ek het rond gevra wat mense daarvan dink as ‘n bruid ‘n rok laat maak.  Baie mense het my afgeraai om dit te doen, maar ek het my eie kop gevolg en my droom trourok laat maak.  Dit is iets wat ek só graag wou gehad het.  Die rok het my lyf gepas en dit het ook my dag perfek gemaak, want ek het geweet dit is iets wat ek wou gehad het.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Wat was vir jul die mees merkwaardigste oomblik van die dag?


Dwayne se merkwaardigste oomblik was toe hy my die eerste keer gesien het toe ek in die paadjie afstap.  Die spesiaalste oomblik vir my was toe ek Dwayne aan die einde van die paadjie sien staan met trane in sy oë.  Ons sou niks verander nie;  Dit was alles wat ons wou gehad het.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld weddingbosveld wedding bosveld wedding bosveld weddingbosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons meer van jul fotograaf


Ons het ‘n lys gehad van fotograwe regoor die land.  Ons het lank gevat om ‘n fotograaf te kies volgens ons spesifikasies omdat ons net die beste vir ons spesiale dag wou gehad het.  Na die troue is die foto’s en herinneringe al wat mens oorhet.  Dís hoekom ons net die beste wou gehad het.  Mona-Lisa se werk het vir ons die meeste uitgestaan en ons is mal oor ons troufoto’s!

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld bosveld wedding bosveld wedding v bosveld wedding bosveld wedding

Advies wat julle kan gee aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan


Kayla

My raad sal wees om elke liewe oomblik te geniet,veral die beplanning.  Dit was vir my ‘n ongelooflike spesiale tyd.  Probeer om almal wat vir jou belangrik is deel te maak van die proses, waarvan jou verloofde die belangrikste is.  Almal stres vir hulle groot dag en dit is normaal – wees net kalm en vat elke oomblik in want dit is iets wat jy nooit weer gaan kry nie.

Dwayne

Geniet die beplanning saam jou bruid – dit tyd vlieg so vinnig verby!  Die klein opofferings van laat aande en stryery is alles die moeite werd, want dit is die belangrikste dag van jou en jou toekomstige vrou se lewens.  Neem alles in, want jy gaan dit vir die res van jou lewe onthou.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons meer van jul troukoek


Ons troukoek was ‘n sjokolade koek wat Dwayne se ma gebak het.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons meer oor jul venue en styl van dekor


Ons wou ‘n bosveld venue gehad het, so ons het besluit om ons troue by Goedgedaght Game Ranch te hou wat tussen Loskop en Groblersdal is.  Vir dekor, het ons albei idees bymekaar gesit en iets geskep wat ons albei wou gehad het.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Hoeveel gaste het jul onthaal en wat was jul trou begroting?


Die begroting vir die troue was R175 000, maar ons het R195 000 spandeer.  Ons het 144 gaste onthaal.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood?


Vir ons wittebrood het ons die Suidkus gaan toer.  Dit was die beste tyd ooit!

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Vertel ons van jul eerste dans


Ons liedjie was “Gebore om by jou te wees” van Juan Boucher.  Ons het glad nie geoefen vir ons dans nie.

bosveld wedding bosveld wedding bosveld wedding

Klik hier vir diensverskaffers: