Gratis Plakkaat vir jou geskenk tafel

Vir baie bruidspare is die spesiaalste deel van hul troudag die samesyn van familie en vriende.  Gaste kom van wyd en suid om die huwelik saam die bruidspaar te vier en in hul geluk te deel.  Dit is belangrik dat gaste weet hul teenwoordigheid word waardeer.  Daarom is dankie-sê geskenkies vir baie bruidspare ‘n belangrike element van die troudag.   Daar gaan baie tyd en moeite in om dié geskenkies spesiaal te maak sodat al die familie en vriende herinner kan word aan die spesiale dag en dit vir altyd saam die paartjie kan koester.

Jy wil egter nie hê jou oulike geskenkies moet op ‘n vervelige tafel vergaan nie!  Mens hoor ook gereeld dat gaste nie die dankie-sê geskenkies raakgesien of gekry het nie.  Something Gold Designs kan help!  Hulle het hierdie oulike plakkaat ontwerp wat beslis jou gaste se oog sal vang sodat hulle nie jou geskenk tafel kan miskyk nie.

Die beste is, dat die plakkaat gratis hieronder afgelaai kan word!  So neem 5 minute, laai hierdie plakkaat af en maak nog ‘n regmerkie op jou trou-lysie!

Free Poster for your gift table

LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:

Free Poster for your gift table

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Artikel Krediet: