Vier seisoene gestileerde fotosessie

Hierdie vier seisoene gestileerde fotosessie beeld somer en winter as die twee hoof seisoene uit, met al die pragtige natuur veranderinge tussenin.  Die fotosessie verskaf trou-inspirasie vir klassieke en elegante bruide.  Dit is belangrik om kontrasterende elemente op jou troudag te hê om te verseker dat alles nie eentonig lyk nie.  Elke element moet uitstaan en nie hoef te kompeteer met ander nie.  Hierdie fotosessie sal jou wenke gee oor hoe om die perfekte balans met kleure en teksture te skep.

Rol af en geniet die trou-inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Carissa Bosman van Image Avenue het die fotosessie gereël.

Wat was jul inspirasie agter die fotosessie?


Dolce & Gabana het verlede jaar ‘n modeparade by Lake Camo in Italië gehou.  Dis was ‘n mode fees van rustieke blomme en outydse styl.  Ek het dit as inspirasie gebruik, maar wou graag iets doen wat meer modern en trou spesifiek is, met die fokus op simplistiese styl trourokke en baie blomme.  Die vier seisoene fotosessie beeld somer en winter as die twee hoof seisoene uit, terwyl dit die pragtige natuurskoon van die verskillende seisoene beklemtoon.  Die grimering en hare is ook spesifiek gekies om die rustieke, tog moderne styl te komplimenteer.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Elke verskaffer is ‘n leier in hul deel van die industrie.  Ons almal ken mekaar goed en het al van tevore saam gewerk.  Dus het ons vertroue in mekaar se werksetiek en kreatiwiteit.  Elke verskaffer se deel het gesorg dat die totale prentjie pragtig bymekaarkom.

Agter die skerm inligting?


Denicke van the Grand Planner het vanaf die vorige aand tot laat aan die skeppings gewerk om als perfek te kry.  Dit was ook ‘n koue en nat dag in Wellington – glad nie wat ons verwag het nie!  Ons het almal agter die skerms met koffie gestaan.  Salomien van Off the Earth Photography moes reg staan met ekstra beligting  omdat dit heelwat donkerder was as wat ons verwag het.  Alles het op die ou einde goed uitgewerk en ons is baie tevrede met die eindresultaat.

Wat was die spesiaalste gedeelte van die fotosessie?


Ons het reeds vroeg Mei besluit om die fotosessie te doen.  Ons het ook toe op die spesifieke styl besluit.  Dit was ‘n lang wag tot einde Julie voor ons geskiet het!  Dit was moeilik om met al die kreatiewe idees rond te loop maar so lank te moet wag.  Die lekkerste oomblik was om die heel eerste foto te sien en waar te neem hoe perfek alles saamwerk.

Advies vir paartjies wat die inspirasie kan volg?


Daar is ‘n magdom inligting en inspirasie vir troues; Mens kan só maklik oorweldig raak.  Alhoewel ons inspirasie blomme was, het ons nie elke element met blomme beklemtoon nie.  Alles werk goed saam en staan uit op sy eie, sonder om te kompeteer met ander elemente.  Daar is balans in die fotosessie; Die blomme is sterk in kleur maar Lena Lise se trourokke is simplisties en klassiek.  Carissa Bosman se grimering is sag en natuurlik, terwyl San Marie se haarstilering romanties met meer volume was.  Kies jou elemente mooi sodat hulle nie met mekaar hoef te kompeteer nie.

Diensverskaffers