Brett & Meagan se pragtige troue

As ʼn doodgewone paartjie met geen ervaring in trou-beplanning nie, het Brett & Meagan hul uitstekend van hul taak gekwyt om hierdie pragtige troue self te beplan.  Dié paartjie se verlowing fotosessie in die natuur het vir ons ʼn voorsmakie gegee van wat hulle vir hul troudag beplan.  Op daardie stadium het hulle al op ʼn romantiese en elegante styl besluit, maar dit was slegs ʼn droom wat na lang aande se beplanning, navorsing en oneindige lysies eers ʼn realiteit kon word.  Vandag het hulle ʼn pragtige troue om op terug te kyk, wat, net soos hul verlowing fotosessie, ook deur die natuur geïnspireer is.  Ons is veral mal oor die vermaak wat hulle gekry het om hul gaste mee te bederf!

Meagen en Brett was net soos enige ander verloofde paartjie, ook twee verliefdes wie se visie vir hul spesiale dag slegs soos ʼn droom gelyk het.  Rol af om te ontdek hoe hulle dié droom kon bewaarheid en geniet Brett en Meagan se pragtige troue.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivorywedding at red ivorywedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Paartjie se Liefdesreis


Ek en Brett het by Neighborhoods Market in Johannesburg ontmoet.  Brett het my verras met ons verlowing.  Ons gaan gewoonlik Sondae na kerk vir ietsie om te eet; So ek het nie veel daarvan gedink toe hy sê ons moet gaan uiteet nie.  Toe ons by die restaurant kom, het dit skielik begin storm reën!  Ek het solank ingehardloop en hy het gaan parkeer. ‘n Kelner het my kom sê ons tafel is gereed en dat ek maar kan deurstap.  Toe ek by die trappe afstap het Brett my op een knie, in ‘n roosblaar hartjie, ingewag.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Die Verlowing Tydperk


Ons was ʼn jaar en ses maande verloof, waartydens ek die troue self beplan het.  Brett het my op 1 April gevra om te te trou en hy grap steeds dat dit eintlik ʼn “April’s Fools” was.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Paartjie se styl


Die styl vir ons troue was romanties en elegant.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivorywedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Merkwaardigste Oomblikke


Meagan: Toe ek Brett vir die eerste keer in die kapel sien was vir my die merkwaardigste oomblik.  Dit het my asem weggeslaan!

Brett: My merkwaardigste oomblik was definitief toe ek my vrou by die paadjie sien afgestap kom.  Nog ʼn onvergeetlike oomblik was toe haar ring deur die gaping in die vloer val (ons troue was op ʼn stoep.)

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivorywedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding wedding at red ivory wedding at red ivory

Die Besluitnemingsproses


Dit was ʼn gesamentlike proses.  Ek het met idees vorendag gekom en ons het saam op ons gunsteling opsie besluit.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Finansiële Aspekte 


Ons aanvanklike begroting was R150 000, maar ongelukkig het ons die begroting verdubbel.  Ons advies is om eers bietjie navorsing oor pryse te doen voordat ʼn begroting opgestel word.  Die kostes verbonde aan ʼn troue was baie meer as wat ons verwag het.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Gunsteling Diensverskaffers


Ons was baie gelukkig en tevrede met ons diensverskaffers en ons sou nie een van hulle verruil nie.  Alexis Muntz se foto’s laat my elke keer emosioneel raak as ek na dit lyk – ek sal haar definitief aanbeveel.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Wittebrood


Ons was Thailand toe vir ons wittebrood.  Na al die trou stres, was ons gereed om net bietjie op die strand te lê en ontspan.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Vermaak


Ons het verwelkoming-drankies, canapés, ʼn roomys karretjie, lekkergoed karretjie, foto-hoekie en ʼn brood-tafel gehad.  Vir ekstra vermaak het ons ook ʼn strykkwartet en ʼn platejoggie gehad.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivorywedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Venue & Dekor


Ons het ʼn paar venues gaan besoek, maar toe ons Red Ivory se “suspended” kapel sien, het ons dadelik besluit om ʼn deposito neer te sit.  Ons is altwee mal oor die natuur!

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Eerste Dans


Ons het na baie dans lesse ʼn pragtige eerste dans gehad.  Ons “fog” masjien het wel nie gewerk met ons eerste dans nie.  Ek sou dit graag wou sien.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Dames, daar sal altyd iets verkeerd gaan.  Haal asem en onthou dat op die einde van die dag, die belangrikste ding julle twee is.

Mans, maak seker jy kry ten minste 3 kwotasies.  Daar is altyd iemand wat dieselfde kan doen vir moontlik ʼn beter prys.

wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivory wedding at red ivorywedding at red ivory

Mooi Troues Diensverskaffer:

Klik hier vir diensverskaffers