Renardt & Leoni se unieke troue by Bon Cap

Bon Cap Wedding Venue, geleë in die pragtige Eilandia Vallei, was perfekte venue vir Leoni en Renardt om hul ewige liefde aan mekaar te verklaar.  Leoni en Renardt, paartjie van Dubai, was opsoek na ‘n unieke venue om al hul naaste familie en vriende in Suid-Afrika bymekaar te bring.  Bon Cap Wedding Venue se pragtige natuurskoon en akkommodasie fasiliteite het Leoni en Renardt se spesiale dag moontlik gemaak.

Die paartjie se unieke styl kan in verskeie elemente van hul troue gesien word.  Hulle is alles behalwe ‘n vaal paartjie!  Hulle doen dinge onderstebo en agterstevoor – maar dís juis wat hul troudag so interessant maak.

Rol af vir unieke trou-inspirasie.

Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography

Paartjie se Liefdesreis


Ons het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet.  ‘n Paar jaar het ons paaie weer gekruis en dit was soos liefde met die eerste oogopslag.  Almal sê altyd jy weet wanneer dit die regte een is – ek (Leoni) kan getuig dat hierdie tipe liefde regtig bestaan.

Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyArtifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Cindy Bam Couture

Die Verlowing Tydperk


Renardt het my op die aand van my verjaarsdag gevra om te trou – 6 Oktober 2016.  Dit was ‘n ongelooflike spesiale aand!  Al ons vriende het in die donker op die strand by die Burj Al Arab in Dubai gewag.  Toe ons nader kom, het almal met opgewondenheid vir ons gewag.  Hulle het by ‘n LED bord gestaan waarop “Will You Marry Me?” gestaan het.

Ons was amper drie jaar verloof!  Die plan was egter nie om so lank verloof te wees nie.  Ons ouers het vir ons die troue in Suid-Afrika gereël.  Al die reëlings is via e-pos of Whatsapp van Dubai af bespreek.  Vyf dae voor die troue het ons die venue vir die eerste keer besoek en ons trou beplanner, Michelle, ontmoet.

Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyArtifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyArtifex Creative Photography

Paartjie se styl


Ek is mal oor Cindy Bam se rokke en het volle vertroue in haar gehad.  Ek het my mates per e-pos aan haar gestuur.  Sy het die rok gemaak en Dubai toe gepos.  Ek het haar nie eenkeer ontmoet tydens die maak van my rok nie, maar dit het perfek gepas!  Renardt se pak was besonders uniek.  Hy het dit laat maak by ‘The Custom Shop’ in Dubai.  Om dit meer spesiaal te maak, het hulle ons name en troudatum in sy baadjie geskryf.

Ons ringe is ook baie uniek en anders as normale trouringe.  My ring is roosgoud met ‘n rustieke styl.  Renardt se ring is witgoud met die Esterhuizen familie wapen ingegraveer.  Dit is beslis iets waarop ons kleinkinders eendag sal trots wees om te erf.

Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyArtifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyArtifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography

Merkwaardigste Oomblikke


Dit was vir ons ongelooflik spesiaal dat al ons familie en vriende daar was om ons unieke troue by Bon Cap met ons te kon deel.  Daar was selfs vriende wat spesiaal uit Dubai gevlieg het om die troue by te woon.

Cindy Bam Couture Artifex Creative Photography Artifex Creative PhotographyCindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture

Vermaak


Om ons gaste te vermaak het ons ‘n karikatuur gehad wat hulle gesigte snaaks geteken het.  Al ons gaste was mal daaroor!  Hulle kon die sketse saam huistoe neem en laat raam.

Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture Cindy Bam Couture

Wittebrood


Ons het als agterste voor om gedoen – ons wittebrood was voor ons troue!  Ons het Griekeland besoek.  Dit was beslis een van die lekkerste en interessantste weke van ons lewens!

Artifex Creative Photography Cindy Bam Couture Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Bon Cap Wedding Venue Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography

Finansiële Aspekte


Dit was nie ons aanvanklike plan om ‘n troue in Suid-Afrika te hou nie, dus het ons die kostes so laag as moontlik probeer hou.  Albei ons ouers het ‘n bydrae gelewer, maar ons het nie ‘n vasgestelde bedrag bespreek nie.

Ons het 54 gaste onthaal wat slegs naaste familie en vriende was.  Ons het besluit om eerder geld op ons wittebrood te spandeer as ons troue.  Al was ons versigtig om nie té veel te spandeer nie, was ons unieke troue by Bon Cap besonders spesiaal en ons sal dit vir altyd koester.

Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Bon Cap Wedding Venue Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Bon Cap Wedding Venue

Eerste Dans


Renardt het beslis twee linker voete, maar ons het besluit om die uitdaging aan te vat.  Ons het die dansbaan geopen op die mooiste liedjie van Karen Zoid en Kurt Darren: Engel Hemel op Tafelberg.  Dans klasse sou beslis nie Renardt se twee linker voete red nie, so ons het maar besluit om dit alleen aan te pak!

Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Die gunsteling element by ons troue was die karikatuur.  Dit is iets persoonlik vir die gaste en iets wat hulle altyd aan ons troudag sal herinner.  Ons sal dit beslis aanbeveel!

Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography Artifex Creative Photography

Diensverskaffers