Dirk & Jonelle se winter plaastroue

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Dirk en Jonelle het ‘n romantiese plaastroue in die hartjie van winter geniet.  Hulle het ‘n tradisionele troue ingeruil vir ‘n plaastroue eie aan hul persoonlikhede en voorkeure.  Met hierdie besluit het hulle sommer twee vlieë met een klap beetgekry!  Die paartjie se keuses om tradisionele elemente in te ruil het hul ook toegelaat om kostes te bespaar;  Hulle het toe ‘n groter begroting gehad om nes te skrop as ‘n getroude paartjie.  Jonelle deel wenke oor hoe hulle kostes kon bespaar, maar terselfdertyd ‘n winter sprokiesverhaal kon skep.

Die tema van hul plaastroue was minimalisties en intiem en kan opgesom word as ‘n feesviering van die liefde saam hul naaste vriende en familie.  Die winter seisoen het beslis bygedra tot die romanse van hul troudag.  Winter is die tyd vir goeie kos, geselsies langs die kaggel, warm liefde en vir die vashou van ‘n warm lyf.  Wat ‘n perfekte tyd om ‘n lewe saam te begin!

Rol af en kyk na die pragtige plaastroue in die hartjie van winter om jóú hart warm te maak.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

 Troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons is op 21 Julie 2018 getroud.  Ons albei was 25 jaar oud.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar per toeval in Desember 2017 ontmoet.  My vriendin het my saamgenooi na ’n familie-geleentheid waar Dirk ook teenwoordig was.  Ons gemaklike, onophoudelike gesels het oorgespoel na ‘n golf-afspraak die volgende dag.  Teen die einde van dag het ek die golf én my hart verloor!

Dirk is ‘n “doener!”  Ek is weer geneig om my lewe te beplan volgens ‘n gedetailleerde skedule.  Toe Dirk my drie maande later vra om te trou, het ek nie ‘n oomblik geaarsel nie!  Ons is vier maande later getroud en ons geselsies het nog steeds nie opgedroog nie.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

 Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Die trourok was omtrent ‘n uitdaging!  Ek het drie jaar gelede Transverse Myelites gekry wat my verlam gemaak het.  Ek het herstel, maar indien dit te koud raak, kry ek steeds spasmas.  Aangesien dit ‘n winter troue was, moes die rok van so aard wees dat ek kouse onder die rok kon aantrek om my warm te hou.

Omdat tyd beperk was, het ek besluit om ‘n trourok te koop.  Na ‘n paar aanpassings het al die trourokke vir my dieselfde gelyk en almal het ewe ongemaklik gevoel.  Dit het my egter gehelp om ‘n prentjie in my kop te vorm van ‘n rok waarin ek gemaklik gaan voel, maar wat ook sal inskakel by die mistieke winter gevoel van Haenertsburg se valleie.

Modeontwerper, Gerhard Heymans, het dit presies verstaan en my droom-rok ontwerp en gemaak.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Vertel ons meer van jul ringe


Dirk het my ring ontwerp en laat maak by Debbie Mouton Jewellers.  Ek het geen idee gehad hoe die ring gaan lyk nie en was verstom en dankbaar oor hoe goed hy my smaak opgesom het.  Ek sou egter ook tevrede gewees het met ‘n stukkie bloudraad!

Dirk se ring is ‘n Silver Titanium band wat prakties is vir sy leefstyl.  Sy ring is ook gemaak deur Debbie Mouton Jewellers.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Rozier van Tonder van Okay Deer het die vermoë om lig en kleur kreatief te gebruik en spesiale stories te vertel deur sy foto’s.  As amateur fotograaf het ek hom vir jare aanlyn gevolg.  Toevallig het Rozier se vrou, wat ‘n fisioterapeut by Meulmed se Neoro-Spinale eenheid is, my behandel.  Dit is grootliks aan haar te danke dat ek weer kon leer loop.

Dit was dus vir ons baie spesiaal dat Rozier ons storie deur sy foto’s kon vertel.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons was uit die staanspoor baie ontspanne.  Daarom kon ons die dag en al die mooi oomblikke waardeer vir wat dit was.  Dit was ‘n perfekte sonskyn winterdag in die ongelooflike natuurskoon van die valleie, waar vriende en familie vir wie ons omgee gesellig saam gekuier het.

‘n Baie spesiale oomblik was egter toe ons halfpad deur die fotosessie ‘n oomblik asem skep.  Alles om ons was so mooi.  Die wete dat ons nou getroud is, het ingesink.  Ons het na mekaar gekyk en sommer net gelag uit dankbaarheid.

Alhoewel ons dit nie kon verander nie, sou ons graag saam met die gaste wou gekuier tydens die kanapees en gin wat buite bedien was.  Ons voel ons het effens uit gemis.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Raad vir die bruid:  Gebruik julle eie inisiatief.  Die troue moet by julle persoonlikheid en styl pas.  Kies waarvan julle hou en bly daarby.   Moenie julle te veel steur aan reëls, tendense en tradisies nie.  Dit is duur en stresvol.  Daar is duisende idees op Pinterest, maar dit kan op die ou end verwarrend raak en nie julle persoonlike stempel wees nie.

Kies ‘n goeie seremoniemeester.  Hy/sy moet gemaklik wees, die drade bymekaar kan hou en die gaste in ‘n gesellige luim kan hou.  Musiek bepaal die stemming. Kies die agtergrondmusiek oordeelkundig en maak seker die platejoggie is belyn.  Indien daar kinders op die troue is, maak reëls en gee “pryse” vir goeie gedrag.

Raad van die Bruidegom:  My raad aan die manne is, staan jou vrou by en lewer waardevolle insette.   Jy dink dalk sy het jou nie nodig nie, maar sy het.  Die troudag is spesiaal;  Twee families word een en beide se stempel moet afgedruk word.

Photography - Okay Deer Photography - Okay Deer Photography - Okay Deer Debbie Mouton Jewellers Debbie Mouton Jewellers Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Photography - Okay Deer

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het By Jou van Theuns Jordaan gekies as eerste dans liedjie omdat die lirieke vir ons baie mooi en betekenisvol was.  Ons het nie geoefen nie en geglo die ritme van die lied sal ons deurhelp.   Die dansbaan was net genoeg verlig deur gaste wat “vuurligteaangesteek het.  Dit het gehelp dat ons nie te veel gestres het nie en het die dans baie spesiaal gemaak.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


My mooiste kinder herinneringe is vakansies in Dullstroom omgewing tussen dennebome, die sagte mat, die geur van dennenaalde en die geloof dat daar regtig iets soos feetjies moet wees.  Die eerste keer wat Dirk my Haenertsburg toe geneem het, het ek sommer begin huil omdat dit vir my so mooi was.  Daar was dieselfde mistieke gevoel aan die omgewing.

Mina’s art Café & Farm Venue het met ons harte gepraat en ons het nie eens verder gesoek nie.  Die plek en omgewing het ‘n rustieke, plaas styl “canvas” voorsien.  Ons het op dekor elemente besluit wat die omgewing komplimenteer en nie met dit in kompetisie is nie.  Ons is sentimenteel en daarom kom die dekor elemente hoofsaaklik uit my ma se huis.  Trommels, ou botteltjies, ou foto rame, erdebekers en emmers is ingespan.  Waar ons gekort het, het familie dekor elemente vir ons geleen.  Die Japannese het ‘n term “wabi-sabi– to find beauty within the imperfections”.   Dit is ‘n Beginsel waarmee ons kon identifiseer!

Mina’s Art Café & Farm venue het ook die spyseniering hanteer.  Ons het warm, geurige disse gekies wat bedien is in emalje opskep-bakke wat na die tafels gebring is.

Zwakala Brouery, wat bekend is vir hulle Gin, was ook op die perseel.  Zwakala Brouery was die aand voor die troue vir ons gaste uit geboek.  Ons families en vriende het mekaar ontmoet en saam gekuier oor heerlike hamburgers en gin.  Hulle gin is ook saam met die kanapees bedien.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ek en Dirk het ‘n bedrag ontvang en kon gekies het of ons dit vir ‘n neseier wil gebruik en of ons dit wil spandeer op ‘n troue.  Dit was ‘n klein intieme troue met 80 gaste.

Ons wou graag die dag met ons naaste familie en vriende deel.  Die dag het vir ons gegaan oor ons belofte aan mekaar en wou niks te ingewikkeld maak nie.  Ek was die voorafgaande jaar strooimeisie op ses troues en het besef hoe stresvol troues kan wees.  Ons het besluit om ‘n paar goed te elimineer wat normaalweg verwag word van ‘n tradisionele troue.  Dit het nie net bygedra dat ons nie te veel gestres het nie, maar ook baie koste bespaar.

Ons het byvoorbeeld nie strooimeisies en strooijonkers gehad nie.  Ek het gekies dat my ma en my sussie by my moet wees wat gesorg het vir die kalmte wat ek nodig gehad het.  Daar was ook nie ‘n troukoek nie, maar eerder roomys met warm espresso en deurlopende vars gebroude koffie in blik bekers.

Vir ons lê die mooi in die eenvoud;  Daarom het ons veldblommetjies gekies.  Ons families het die vorige dag sommer self die blommetjies in botteltjies, emmers en bekers en potte gedruk.   Baie kostes is so bespaar.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het die dag na die troue rustig by koffiewinkels en eetplekke saam met vriende en familie gekuier wat in die omgewing oorgeslaap het.   Ons het eers die volgende dag Drakensberge toe vertrek vir ‘n week van salige bederf.

Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue Wedding at Mina’s Art Café & Farm Venue

Diensverskaffers