Dirk & Jeannie se ontspanne naweek troue

Mooi Troues deel met ons lesers ‘n ontspanne troue met minder fieterjasies.   Die bruid vertel dat sy ‘n veldmeisie is en dit weerspieël pragtig deur die hele troue.  Daar is geen flambojante elemente nie, tog het die ontspanne troue ons asems weg geslaan.  Die bruid se trourok is ook ‘n pragtige alternatief van ‘n stywe trourok.  Ons kan sien in die foto’s dat sy absoluut die heeldag op haar gemaak was.  Hul trouvenue het ook die atmosfeer van die troue bepaal.

Mooi Troues sel lesers sal hier onder lees dat hul tesame met hul gaste lekker gekuier het.  Dié ontspanne troue lyk of daar lekker kaalvoet gedans was.  Rol af en geniet die ontspanne naweek troue van Dirk en Jeannie.

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


28 Oktober 2018.  Ons albei was 35 jaar.

wedding dress alternative wedding dress alternative Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography wedding dress alternative

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet by ‘n jaareindfunksie in die Paarl.  Dit was so amper of nie een van ons het dit bygewoon nie …!  Dankie tog ons was toe wel albei daar, ons het dadelik gekliek en het kort daarna begin uitgaan, en 2 jaar, 2 maande en 2 dae later het Dirk op die ongelooflikste manier die ja-woord gevra.

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek is ‘n kaalvoet veldmeisie en is glad nie gemaklik in flambojante rokke nie.  Ons het einde Oktober getrou so dit was redelik warm.  Ek het besluit op ‘n knie-lengte rokkie hê waarin ek super gemaklik kon voel.  Ons is ook baie lief vir vasdans en die laaste ding wat ek wou doen was om heeltyd my rok reg te trek op die dansvloer of te bekommer oor iets wat iewers uitsteek.

Ek het gevra vir ‘n uiters eenvoudige rokkie met ‘n ‘racerback’ styl wat my skouers, arms en rug komplementeer, en wat stewig sit.  Luzanne het ‘n ongelooflike taak gedoen!

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography

Vertel ons meer van jul ringe


Albei ons ringe is ontwerp en gemaak deur Mia Jewellers.  Ek was nog nooit een vir duur juwele nie en was vasbeslote dat my verloof/trouring nie soveel soos ‘n kar paaiement mag kos nie.  Dirk het saam met Mia die perfekte Jeannie-ring opgedroom, gemaak uit witgoud met ‘n moissanite steen in ‘n beklemde posisie.  Dirk wou ook iets bietjie anders hê; sy ring is ‘n geborselde titanium band met twee groefies met blou anodiseering.

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road PhotographyDisco Road Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het besluit teen ‘n videograaf omdat dit nie iets is wat een van ons nog ooit juis wou gehad het nie.  Na ‘n baie ekstensiewe soektog het ons besluit op Disco Road Photography as ons fotograwe.  Ons het baie gehou van hulle manier van fotos neem en redigeer styl.  Hulle bied ongelooflike waarde-vir-geld trou pakkette.  Ons is bitterlik gelukkig met ons keuse!

Ons het vir Stephen en Chanelle ontmoet so 1.5’maande voor die troue vir ‘n verlowing fotosessie en het dadelik lekker gekliek.  Hulle is baie gemaklike mense en daar was geen ongemaklikheid gedurende die fotosessie nie.  Ons het gesoek vir ‘n dokumentêre styl benadering tot ons trou fotos, met ‘n groot fokus op interaksies en oomblikke tussen ons en ons gaste en baie min gestileerde of ‘geposeer’ fotos.

Hulle het al ons verwagtinge oortref – hul neem fotos soos ninjas – niemand was eers bewus van hulle nie, maar nou het ons ‘n massiewe versameling van die lekkerste foto’s wat mens net laat glimlag of hardop lag!

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons het ‘n naweek troue gehad, met meeste van die gaste wat die Vrydagaand reeds kom saamkuier het vir ‘n lekker braai.  Alles omtrent die naweek was perfek – die vooraf kuier, seremonie, pre-drankies, die venue en die onthaal.  Ons kon nie vir beter gevra het nie!   Die weer het mooi saamgespeel, ons en ons gaste was heerlik ontspanne en almal was net gelukkig – dis merkwaardig hoe perfek alles uitgewerk het, en ons het elke oomblik geniet.

Ons het tydens die seremonie ons eie geloftes gedoen, en as daar een iets is waaroor ons spyt is is dat ons nie iemand gevra het om ‘n video te neem net van die geloftes en eerste soen nie!

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road PhotographyDisco Road Photography Disco Road Photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dames: Doen wat JY wil doen, nie bloot wat tradisioneel of konvensioneel is nie.  Daar is geen reëls nie – ‘n troue vat baie tyd om te beplan en kos baie geld – maak dit dus jou eie deur jou eie stempel daarop af te druk, moenie doen net wat die norm is of wat ander mense verwag nie.  Kry vroegtydig die groot goed in plek – venue, datum, gaste, fotograaf – en ontspan dan, moenie vir maande aaneen stres en bekommer nie, alles sal in plek val.  Op die dag, moenie te veel bekommer oor die klein goedjies nie. As daar iets fout gaan is dit meeste van die tyd elk geval net jy wat dit weet … Wees net teenwoordig in elke oomblik, tyd loop regtig ekstra vinnig gedurende daai paar ure!

Manne: Jy is daar vir emosionele ondersteuning en swaar werk, moenie stres nie, jou vrou het als onder beheer.  As sy dink sy het nie, gee haar ‘n glas wyn, ‘n paar soene en sê sy doen ‘n ongelooflike taak – en spring dan in en help met enigiets, hoe onhandig jy ookal voel. Mense onthou min van ‘n troue: die bruid, die atmosfeer en die wyn – so fokus die meerderheid van jou tyd daarop.  As julle besluit om fotos te doen na die seremonie, gee jou gaste iets om te doen, niemand wil twee ure sit en nugter sonder musiek wag vir julle om op te daag nie.  Moenie die toesprake ‘n stywe affêre maak nie, improviseer en interaksie.  Wees teenwoordig en hê pret.

Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography Wedding games

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het redelik ekstensief rondgesoek vir ‘n venue, maar die oomblik toe ons by die Nightjar op De Uijlenes aankom het ons geweet ons soektog was verby.  Dit was absoluut perfek vir wat ons wou gehad het – ‘n eenvoudige, rustiek, ontspanne troue in die natuur, sonder enige fieterjasies of komplikasies.  Hulle trou pakette sluit spyseniering en verblyf vir baie gaste ook in.

Die warm hout hut gevoel van die venue maak ook dat dit nie nodig is vir baie dekor nie – ons het eintlik net mooi beligting bygesit en groen lopers op die tafels.  Ons wou natuurlike eenvoudige veldblomme en groenigheid hê wat die venue komplimenteer en dit laat voel asof mens in die veld is, en ons was ongelooflik bevoorreg om vir Heike te hê wat dit meesterlik kon regkry!

De Uijlenes Nightjar Fleur le Cordeur Fleur le Cordeur Fleur le Cordeur De Uijlenes Nightjar

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n spesifieke begroting gehad nie maar wou dit wel so ekonomies as moontlik doen.  Ons het nie spandeer op enige onnodige goed nie en het baie navorsing gedoen.  So het ons probeer om slim keuses te maak oor elke item – al die bietjies hier en daar tel op die ou end op na vreeslik baie so ons het baie tyd spandeer en vooraf besluit waarop ons sal spandeer en waarop nie.  Ons was was ook ongelooflik bevoorreg om meeste van ons wyn geskenk te kry.  Ons was 75 mense.

De Uijlenes Nightjar Disco Road Photography Disco Road Photography Disco Road Photography  De Uijlenes Nightjar De Uijlenes Nightjar De Uijlenes Nightjar De Uijlenes Nightjar

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans was op James Blunt se Bonfire Heart.  Ons is albei lief vir dans, maar kry min die geleentheid.  So het ons wel bietjie geoefen om die litte los te kry sodat ons lekker gemaklik kon voel en dit self ook kon geniet.

Wedding fun Wedding fun Wedding fun

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons spaar steeds vir die wittebrood!  Ons was direk na die troue vir twee aande by Arum Lily Log Cabins naby Wolseley.  Die eintlike wittebrood gebeur hopelik in 2020 in Europa 😉

Wedding fun Wedding fun Wedding fun Wedding fun

Diensverskaffers