Vrae om aan jou trou-venue te vra

Ons gesels vandag met julle oor een van die hoof en eerste keuse wat jul moet maak as dit kom by jul mooi troue te beplan.  Die venue is die fondament van jul hele trou beplanning proses.  Jul hele troue vanaf aantal gaste en dekor sal hiervan stam.

Julle is verloof en beplan nou jul droom  troue, maar een van die belangrikste punte in die beplanning proses is om seker te maak die venue waar jul wil trou is beskikbaar op jul datum, in jul begroting en kan die hoeveelheid gaste hanteer wat jul wil nooi.  Dit klink nou vanselfsprekend, maar paartjies is geneig om die faktore te vergeet wanneer dit kom by venue kies.

Onthou as die venue in jul begroting is en al jul gaste kan akkomodeer, maar die datum wat jul wil hê is reeds geneem; kan jul die datum nogsteeds aanpas.  Dit is hoekom dit uiters belangrik is om eerste die venue te bespreek en deposito te betaal.

schaftplaas_0003-1

Foto Krediet: Schaftplaas


Ons sit ‘n volledige lys bymekaar wat jul aan die venue moet vrae om van begin te verseker alles loop reg op jul groot dag.

  1. Is jul datum beskikbaar?
  2. Wat is die fooi vir die huur van hierdie plek? Wat behels die fooi presies?  Venues wissel van net die huur van ruimte tot om alles in te sluit; dink aan spyseniering, stoele, tafels, linne, beligting, personeel.
  3. Wat is uitgesluit by die huur fooi? Hoeveel ure is in die huur-tarief ingesluit?  Hoeveel is dit per ekstra uur? Wanneer is hierdie betaling verskuldig?
  4. Wat is die deposito en kansellasie struktuur?
  5. Hoeveel mense in hierdie ruimte te hou? is dit sittend of staande? Dit sal bepaal of jul ‘n dansvloer gaan hê of nie?
  6. Hoeveel parkeerplekke is beskikbaar vir gaste? Kan ons addisionele parkeerplekke huur as dit sou nodig wees?
  7. Kan ek enige diensverskaffer gebruik of het julle ‘n voorgekeerde lys van verskaffers? Sou die venue hul eie lys van voorgekeerde diensverskaffers hê maak asseblief seker om na die diensverskaffers se werk te kyk en seker te maak dit pas in by jul styl.  Soms kan jy die fondse spaar om gebruik te maak van venues se voorgekeerde diensverskaffers, maar onthou om te spaar op ‘n verskaffer is nie noodwendig die beste nie.
  8. Doen julle die opstel en afbreek van die items wat julle verskaf?
  9. As die seremonie en onthaal op dieselfde plek gehou word. het julle genoeg tyd en personeel om dit ‘n gladde oorskakeling te maak?
  10. Wanneer kan ek begin opstel vir my troudag? Dit is ‘n goeie vraag sodat jy jou dekor en blomme mense ook betyds kan inlig,
  11. As ons ‘n buitelug element doen by ons troue het julle ‘n opsie van beskutte plekke sou die weer sleg wees?
  12. Is daar enige beperkings op die gebruik van hierdie ruimte? Maak seker sou jul iets wou hang dat daar voldoende steun beskikbaar is.
  13. Is daar beperkings op fotografie en videografie? Dit van toepas soms in kerke.
  14. Is daar enige geluid beperkings? Laat die seremoniemeester en platejoggie ingelig wees van enige geluid beperkings.
  15. Het ek nodig om enige permitte of versekering vir die troue te kry? Dit is wel belangrik indien jul ‘n ope-lug seremonie of onthaal het waar elektrisiteit of vuur betrokke sal wees.
  16. Is daar ‘n kamer vir die bruid en bruidegom om aan te trek en klaar te maak en is die kostes ingesluit?
  17. Kan ons voorbeelde sien van items wat julle verskaf? Linne, tafels, stoele en breekware

Ons hoop die vrae sal jul meer duidelikheid gee wanneer dit kom by die kies van ‘n venue en die beplanning van jul troue sommer baie makliker maak.


Artikel Krediet:

Geskryf duer Jaun Laubscher