Skakerings van pienk gestileerde fotosessie

Oakfield Farm in Muldersdrift se eenvoudige en elegante argitektuur tesame met die venue se luukse styl is ʼn droom vir enige stileerder of trou-koördineerder!  ʼn Groep diensverskaffers het die geleentheid aangegryp om hulle talent hier ten toon te stel.  Die tema van die fotosessie was skakerings van pienk.  Elke diensverskaffer het slegs ʼn styl-bord ontvang wat hul as riglyn moes gebruik om hul eie meesterstuk te skep.  Die diensverskaffers het op die dag van die fotosessie mekaar se werk vir die eerste keer gewaar en bymekaargesit om die algehele prentjie te voltooi.  Hulle werk het mekaar só mooi gekomplimenteer, dit lyk asof hulle vir maande sy-aan-sy gewerk en beplan het!

Hierdie gestileerde fotosessie bewys dat ʼn goeie begrip werklik net ʼn halwe woord nodig het!  Om professionele diensverskaffers gebruik te gebruik sal beslis jou troue se beplanningstydperk vergemaklik én tevredenheid op jou groot dag verseker.

The Turquoise Squirrel Patisserie The Turquoise Squirrel Patisserie The Turquoise Squirrel Patisserie Creative Company by MB Creative Company by MB

Wie het die fotosessie gereël?


Liani & Franco Oosthuizen van Light Flair Photography het die fotosessie gereël.  Ons het ʼn groot passie vir stilering en wou graag iets met verskillende skakerings van pienk bymekaar sit.

Creative Company by MB Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Inspirasie vir die fotosessie?


Ons inspirasie was ’n kunswerk op Pinterest wat skakerings van pienk, grys, ligte groen en wit bevat het.

Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Die span diensverskaffers was verskaffers wat ons al lank ken, maar ons het nog nooit  ʼn geleentheid gehad om saam te werk nie.  Hulle almal is van die beste in die bedryf.  Ons het dit goed gedink om hierdie klomp kreatiewe mense bymekaar te bring omdat elkeen se werk so uniek is, maar  mekaar so goed komplimenteer.

Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Agter die skerms inligting


Almal wat Light Flair Photography ken, sal weet dat ons rustige mense is wanneer dit kom by troues wat ons afneem, en gestileerde fotosessies wat ons reël.  Omdat almal gemaklik is met ons het alles rustig en mooi verloop.  Behalwe vir die apies by die venue wat heeltyd ons kos en koeldrank wou gaps, het alles perfek verloop!

Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel vir ons was toe die tafel klaar was en al die beplanning en harde werk finaal bymekaar gekom het.  Dit was mooier as wat ons voor gehoop het.  Ons wou vir niemand voorsê wat hulle moes doen en hoe hulle werk moes lyk nie.  Ons het vir die verskaffers slegs met ʼn styl-bord met die kleur en gevoel wat ons wou skep, gegee.  Elkeen moes met hulle eie kreatiewe manier iets doen wat hulle gedink het sal pas.  Dit was asemrowend om te sien hoe almal se werk mekaar perfek gekomplimenteer het.

Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Ons weet daar is baie inspirasie vir troues daar buite, veral wanneer dit by die kleur pienk kom.  Dit maak nie saak wat jou kleur palet is nie, die belangrikste is om altyd professionele diensverskaffers van begin tot einde te gebruik.  Jy kan jou dag klassiek, elegant en tydloos hou deur ons inspirasie te volg.  Moet ook nie bang wees om verskillende tipe blomme op jou dag te gebruik nie;  Nie net sal jy geld spaar nie, maar ook ʼn unieke en interessante effek skep.

Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue Oakfield Farm – Wedding Venue

Mooi Troues Diensverskaffers: