Luan & Karolien se besonderse mooi verlowingfotosessie

photographers in potchefstroom

By Mooi Troues is ons soos klein kindertjies in ‘n lekkergoed winkel oor die besonderse mooi verlowingfotosessie van Luan en Karolien.  Ons het eers gedink dit mag ‘n gestileerde fotosessie wees …  Ons was toe aangenaam veras dat dit eintlik ‘n verlowing fotosessie is.  Daar was ongelooflik baie moeite in gesit by die verlowingfotosessie dat ons by Mooi Troues erg opgewonde is om dié verlowingfotosessie met ons lesers te kan deel.

Die ongelooflike mooi fotosessie het by Potchefstroom se treinstasie plaasgevind.

As dit die verlowing fotosessie is, kan ons nie wag om Luan en Karolien se troufoto’s te sien nie!  Mooi Troues se lesers kan verlore raak in die mooi trou inspirasie hier onder en onthou asseblief om ook hul oulike storie te lees.

Ons vra al Mooi Troues se lesers om dié mooi verlowingfotosessie met almal te deel.

graphic design potchefstroom graphic design potchefstroom graphic design potchefstroom graphic design potchefstroom wedding decor potchefstroom graphic design potchefstroom wedding decor potchefstroom graphic design potchefstroom graphic design potchefstroom wedding decor potchefstroom wedding decor potchefstroom wedding decor potchefstroom graphic design potchefstroom graphic design potchefstroom wedding decor potchefstroom graphic design potchefstroom

Ontmoeting en eienskappe wat ons na mekaar aangetrek het?


Ek het Luan het in Februarie 2018 ontmoet in ‘n Dans plek.  Ek is baie lief vir vasdans en het saam met my neef gaan dans dié aand.

Luan het heel toevallig vir die eerste keer in jare besluit om by die dans plek te gaan kuier.  My neef het met Luan begin gesels en vir hom gesê hy dink Luan moet sy niggie kom ontmoet, wat dan nou toe ook so gebeur het.

Ons het dadelik gemaklik gevoel met mekaar en het net oë vir mekaar gehad.  Ons het gedans tot die son opkom die volgende oggend.  Hy het wel ook op n stadium op my voet beland en die volgende dag was die brug van my voet potblou.  Vandag spot ons #toe Karolien vir Luan gepootjie het om te val vir haar …

Luan het besluit om vir my sy nommer te gee en nie myne te vra nie, vir ingeval ek dalk nie weer van hom wou hoor nie.  So gee hy toe perongeluk vir my die verkeerde nommer en wag tevergeefs vir my oproep.

Ek het hom toe opgespoor op Facebook en kontak gemaak en van daar af het die liefde vlam gevat.

wedding decor potchefstroom graphic design potchefstroom cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa

Wie het wie gevra om te trou?


Vyf maande na ons ontmoeting (21 Julie 2018) het Luan my gevra om te trou in die pragtige Clarens berge.

potchefstroom train station photographers in potchefstroom potchefstroom train station photographers in potchefstroom potchefstroom train station photographers in potchefstroom photographers in potchefstroom photographers in potchefstroom

Inspirasie agter verlowing fotosessie


Die kleur van ons troue is Vloot Blou en so het ek besluit om een van Cocoberry se pragtige rokke te huur vir die fotosessie.  Ek was opsoek na iets vloot blou en het op hierdie rokke besluit.

Ek het vir Corene ‘n foto van my rok gestuur en eintlik was die dekor toe vir ons ‘n groot en baie lekker verrassing.  Die blomme op my rok was toe die inspirasie vir haar om die res van die dekor by te voeg.

Die foto’s is geneem by Potchefstroom Treinstasie.  Ek en Luan wou ‘n rustiek/industriële gevoel aan die foto’s koppel.

potchefstroom train station couple photoshoot ideas photographers in potchefstroom photographers in potchefstroom couple photoshoot ideas couple photoshoot ideas photographers in potchefstroom

Wat het ons laat besluit op ‘n verlowing fotosessie


Dit was ingesluit by ons trou pakket en ons wil dit graag gebruik vir ons ‘Onthou die datum” – wie benut nou nie die geleentheid om mooi foto’s te laat neem nie. 😉

couple photoshoot ideas photographers in potchefstroom photographers in potchefstroom photographers in potchefstroom makeup potchefstroom makeup potchefstroom couple photoshoot ideas makeup potchefstroom wedding decor potchefstroom couple photoshoot ideas photographers in potchefstroom couple photoshoot ideas makeup potchefstroom makeup potchefstroom makeup potchefstroom cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa couple photoshoot ideas photographers in potchefstroom potchefstroom train station photographers in potchefstroom makeup potchefstroom cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa photographers in potchefstroom cocoberry dresses south africa couple photoshoot ideas cocoberry dresses south africa

Wat het jul in gedagte vir jul droom troue?


Ons wil net lekker saam met ons familie kuier.  Die twee families moet mekaar ontmoet en saam kuier.  Ons wil hê ons troue moet ‘n lekker kuier troue wees.

makeup potchefstroom cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa cocoberry dresses south africa makeup potchefstroom cocoberry dresses south africa photographers in potchefstroom potchefstroom train station potchefstroom train station potchefstroom train station potchefstroom train station

Diensverskaffers