‘n Snoesige Winter piekniek gestileerde fotosessie

Winter word geassosieer met vaal, koud en nat, maar ons by Mooi Troues wil ons lesers inspireer om die seisoen se dramatiese elemente te gebruik om hul droom troue te beplan.  ‘n Span het bymekaar gekom en die onderste fotosessie bymekaar gesit met diep rooie met goud en ‘n ou Volkswagen Minibus.  In die fotos sal Mooi Troues se lesers sien dat Winter tog ‘n snoesige romantiese atmosfeer kan hê – Dink net Rooiwyn en kaggelvuur.

Vertel ons meer van die inspirasie van die fotosessie?


Winter laat ons dink aan binne wees, kaggelvuur en komberse, maar ek wou wys dat selfs in winter die romanse warm kan wees, buit in die ope lug.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk vir die fotosessie?

Baie van hulle is industrie vriendinne en dis so belangrik om mense te gebruik, wie jy kan vertrou en wat ook hul kreatiwiteit wil laat gaan.

Wie het die fotosessie  gereël?


Die fotosessie is deur myself, Aline Photography, gereël.

Wat was vir jul die mees spesiale deel van die fotosessie?


Die sonsondergang!!  Almal wat my ken, weet dat ek dit lief!!  Toe die laat middag sonnetjie op ons afsak, was dit die mooiste saam met Michele & Heinrich se liefde.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Gaan groot met dekor en blomme.  Dit skep ‘n atmosfeer op en saam met heerlike kos, wat julle albei kan geniet, dra dit by tot ‘n heerlike ete, nie net ‘n fotosessie.

Diensverskaffers: