Wen drie nagte se verblyf by Umbhaba Lodge

wenbyum


Umbhaba Lodge is geleë in die rustige bosveld van Hazyview.  Dit is enige paartjie se droom wegbreek plek!  Jy kan drie nagte se verblyf of ‘n mini-wittebrood wegbreek insluitende ontbyt by Umbhaba Lodge wen.  Die wenners is verantwoordelik vir hulle eie reis onkostes.  Termes en voorwaardes geld.


SKRYFINKOMPETISIE GESLUIT
blank

Umbhaba Giveaway_0002


<>
LEES MEER OOR UMBHABA LODGE HIER:
<>

Umbhaba Lodge is geleë in die rustige bosveld van Hazyview.  Umbhaba Lodge beskik oor trougeriewe vir tot 150 mense en ‘n lieflike buitekapel wat oor die dam uitkyk.  Daar is 30 slaapkamers met ‘n rustige, beskutte ligging in die bosveld.  Dit bied die ideale beginpunt vir uitstappies na die Krugerwildtuin, die Blyderivier-canyon, God’s Window en Bourke’s Luck Pot Holes. Die Kruger Nasionale Lughawe is net ‘n paar minute weg van die lodge.

Kamers

Die 30 Afrika-tema suites is smaakvol versier met lugversorging vir trougaste se gemak.  Kamers word omring deur fonteine en sub-tropiese tuine. Die ruim gesinskamers beskik oor ‘n koninggrootte-bed en 2 driekwartbeddens.  Dit bied dus ‘n wonderlike geleentheid vir familie verblyf vir diegene wat ‘n trounaweek by Umbhaba hou.  Privaat patio’s en balkonne bied gaste die geleentheid om te ontspan en ‘n skemerkelkie te geniet na ‘n dag van wildkyk.  Gaste kan ook van hul balkonne af die oorvloed voëls en diere in die omtrek waardeer.

Aktiwiteite

Gaste kan ‘n luilekker mottorrit, of ‘n effense ompad deur die kunstige dorpies van Dullstroom of Witrivier geniet voor hul kom ontspan in die rustige omgewing van Umbhaba Lodge in Hazyview. Die lodge is prentjiemooi vir troues of selfs net as ‘n luilekker wegbreekplek.

Geriewe

Geriewe in die lodge sluit in: ‘n à la carte-restaurant, die safari-tema Burn Out Bar en ‘n stil sitkamer. Daar is ‘n helder rotspoel, tussen lieflike grasperke wat wink in die hitte van ‘n laeveld-dag. Doendinge by Umbhaba Lodge sluit in: dag- en nag-safari’s, helikopter-ritte, lugballonritte, visvang, voetslaan en perdry. Vra gerus oor ons winter troupakette wat groot besparings aabied.


Umbhaba Giveaway_0003 Umbhaba Giveaway_0004


Termes en voorwaards:

  1. Mooi Troues bemark die advertensie names Umbhaba Lodge.  Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  2. Die kompetisie sluit op 21 Maart 2016.
  3. Verblyf by Umbhaba Lodge is onderhewig aan beskikbaarheid.
  4. Die wenner van die prys aanvaar dit op sy / haar eie risiko.
  5. Enige skending of poging om enige van die termes en voorwaardes te skend sal lei tot die onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  6. Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van die promotors, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die kompetisie bederf of raak, sal die promotors geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van die begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.
  7. Vir meer spesifieke termes en voorwaardes deur Umbhaba Lodge kan jy hulle direk kontak.

DIT IS ‘N GEBORGDE ARTIKEL