Craig & Leanne se buitelug verlowing

Craig en Leanne deel vandag met julle hul paadjie na die kansel.  Die paartjie wat verloof geraak het tydens ʼn wild-rit op ʼn naweek wegbreek is duidelik lief vir die natuur en weerspieël dit ook tydens hul fotosessie.  Hul fotograaf, Salt ‘n Pepper Photography, ken ook hul storie en het die tydsberekening perfek aangepas om die sonsondergang te vang vir daardie pragtige, romantiese foto’s waarvoor almal so lief is.  Die paartjie het ʼn wye verskeidenheid verlowing foto’s geneem, van die groenhuis tot buite in die pad en het selfs ʼn uitrusting verandering ook ingewerk om diversiteit te verseker. Lees onder hoe hul droomdag lyk, die verlowing verloop het en om meer te sien van die paartjie se prag foto’s.

Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe maak jul aangetrokke tot mekaar?


Ons het ontmoet in hoërskool en was mekaar se hoërskool-liefdes.  Leanne het verlief geraak op Craig se omgee en sagte hart, terwyl Craig die eerste keer aangetrokke was tot Leanne se glimlag en persoonlikheid.

Hoe het julle verloof geraak?


Craig het ʼn verrassings-naweek by die Ivory Tree Lodge in die Pilanesburg gereël en vir Leanne op ʼn aand wilds-rit geneem waar hy met die wildbewaarders gereël het om hulle na die hoogste punt in die wildreservaat te vat.  Hy het dat die wildreservaat ‘n banier laat maak wat bo op ‘n ander voertuig geplaas was, wat aan die onderkant van die berg parkeer het.  Die banier het die woorde “Sal jy met my trou?” op dit gehad.

Craig het toe vir Leanne die verkyker gegee om af te kyk en te sien of sy enige diere kan sien in die rigting van die banier.  Toe sy om draai sien sy vir Craig op een sy knieg, waar hy haar gevra het om met hom te trou.  Hulle het toe feesgevier bo op die Pilanesberge met Champagne en peuselhappies!

Wat was die inspirasie vir jul fotosessie?


Ons wou hê ons verlowing fotosessie moes teen sononder afgeneem word, met die perfekte sagte beligting, pragtige tuine en rustieke elemente vir verskillende tipe fotos.

Hoe lyk jul droom troue?


Ons droom troue is om al ons familie en vriende daar te hê om getuies te wees van ons liefde en dit saam met ons te vier.  Om te verseker dat almal ʼn goeie tyd het en die bruilofsfees geniet.  Met ʼn rustieke tema, insluitende proteas, baie natuurlike groen elemente en eenvoudigheid.


Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: