Mark & Nicole se eklektiese droomdag

Mark en Nicole wou hê dat hul troudag eie aan hulle persoonlikheid moes wees en dat almal hul prettige persoonlikheid en geluk sal kan sien in hierdie dag. Die twee het presies dit bereik en op die ou eind ‘n eklektiese troue aanmekaar geslaan wat verskeie unieke elemente gehad het en aan al hul vereistes voldoen het.  Lees by hul advies oor hoe hulle besluit het hoe om hul geld slim te spandeer sodat die belangrikste elemente perfek was vir hulle.  Mooi Troues is ook mal oor die ontploffing van kleur wat te sien is in die venue, blomme ruikers en dekor asook die onkonvensionele “troukoek”.  Kyk onder om meer te sien van hierdie troudag vol pret en geluk.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het deur my suster ontmoet.  Mark en ek het aanvanklik nooit veel kennis geneem van mekaar nie, tot eendag het ek ‘n e-pos van Mark ontvang wat my gevra het om sy plus een te wees vir vriende se troue.  Van daardie dag af kon ons nie ontken dat daar ‘n aantrekkingskrag was nie.  Ons kan albei mekaar laat lag en gee nie om om verspot te wees om ‘n glimlag op die ander persoon se gesig te sit nie.

Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Ons troue het nie regtig ‘n spesifieke styl gehad nie.  Daar was dinge wat ek geweet het ek wil hê en ons was gelukkig dat die venue soveel karakter gehad het.  Pinterest was my hoofbron van inspirasie en ek het net getrou gebly aan wie ons is – pret, ontspanne en eenvoudig.

Hoekom het julle die venue gekies?


Katy’s Palace Bar is nie jou tipiese trou venue nie en dit is wat ons die meeste daarvan laat hou het.  Dis anders, eklekties en nie wat die meeste mense verwag nie.

Was julle met wittebrood?


Ons was Thailand toe en het dit so geniet!  Ons het ontspan, geëet, gedrink en vir wonderlike masserings gegaan.  Dit was perfek!

Wat sou jul verander het as jul kon?


Daar was baie min wat ons sou wou verander.  Ek kon nie vra dat die dag beter uitgedraai het nie!

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Troues is duur.  Stel ‘n begroting op en prioritiseer die items wat die meeste vir jou beteken.  Vir ons was dit die kos, vermaak, oop kroeg en fotograaf.  Alles anders moes net werk met wat ons aanvanklike voor begroot het.  Om pret te hê – ja dit is belangrik om met al jou gaste te gesels, maar moenie die hele nag deurbring om seker te maak almal is gelukkig nie.

Diensverskaffers: