Kies jul trou geskenke deur Bespoke Gift Registry

Londen gebore stigter van Bespoke Gift Registry, Lauren Hau, het met frustrasie ‘n gaping in die Suid-Afrikaanse mark gesien toe sy met haar Suid-Afrikaanse man trou dat daar beperkte opsies en winkels is wat aanlyn verkope doen.  Lauren het toe ‘n lys van al haar gunsteling handelsmerke opgestel en ‘n vennootskap met hul gestig om Bespoke kliënte ‘n verskeidenheid van kwaliteit produkte van verskeidenheid handelsmerke te kies om hul huis in te rig presies soos hul dit verkies.

Paartjies ontvang baie geskenke op hul troudag van vriende en familie.  Meeste paartjies hoop eerder vir ‘n kontant koevertjie eerder as ‘n ongewenste geskenk.  Bespoke Gift Registry maak die proses baie maklik om te verseker jul gaste kry presies wat jul wil hê, van waar jul dit wil hê met gekuraatde versameling van die beste handelsmerke.  As paartjie kan jul net kies wat jul wil hê en die span by Bespoke Gift Registry sal sorg vir die res.

Julle sal ‘n trou register hê wat op jul styl pas, en jou gaste sal ‘n maklike, veilige en moeiteloos manier hê om julle te bederf met geskenke wat jul regtig wil hê.

Blaai onder toe om meer te lees hoe die register werk.

Hoe Bespoke Gift Registry werk:


  1. By registrasie sal jul geskikte konsultant toegewys word om u deur die persoonlike proses te lei.  Saam sal ons u vereistes bespreek en u eie Bespoke-webblad skep. Vir ‘n meer gepersonaliseerde diens stel ons voor om bespreking te reël vir ‘n konsultasie by ons winkel in Kaapstad. As dit nie moontlik is nie, kan u u geskenke deur Bespoke se aanlyn winkel kies.
  2. Volgende kry jul gratis kennisgewing kaarte wat jul dan by jul uitnodigings kan sit en jul gaste van jul trou register in te lig.  Jul gaste kry toegang tot jul persoonlike Bespoke-webblad en kan  individuele items koop of fondse bydra tot groter items, byvoorbeeld meubels of kuns.  Jul sal in staat wees om tred te hou van alles wat deur wie gekoop is, en jul kan selfs die keuses van die items op die register verander voor die afsluiting datum.
  3. Laastens, 3 weke na die afsluit van u register, sal u geskenke mooi toegedraai word en gratis by u deur af gelewer word.  Terme en voorwaardes is van toepassing.

Artikel Krediet

  • Fotos geneem deur ©Vorsprung Studio vir Mooi Troues en alle kopieregte voorbehou