Modieuse gestileerde trou inspirasie

Talentvolle en kreatiewe fotograwe, Rieghard en Eidie, het ʼn pragtige gestileerde trou inspirasie vir toekomstige (óf alreeds getroude) bruide gereël.  Hulle het inspirasie verkry vanaf iets so eenvoudig soos ʼn trourok!  Die model in die fotosessie het Rieghard en Eidie se asems weggeslaan met haar pragtige trourok en grasieuse houding.  Hulle het haar die geleentheid gegee om ʼn laaste keer in haar trourok te poseer – dit is eenvoudig net té mooi om net een keer aan te trek!

Die dekor van die gestileerde fotosessie is gebaseer op twee seisoene – winter en lente.  Gedroogde blomme is gebruik as ʼn simbool van winter en die vars blomme verteenwoordig lente.  Die hele fotosessie het een sentrale tema: ‘Minder is Meer.’  Die eenvoudige elemente van die fotosessie word uit gebalanseer met meer dramatiese en helder kleure en teksture.

Indien jy nog eenkeer wil voel hoe dit voel om daardie wit materiaal oor jou lyf te trek, moet jy beslis vir Rieg & AD Photography kontak vir ʼn ‘Trourok-Fotosessie.’  Wanneer jy eendag vir jou kinders en kleinkinders jou asemrowende rok wil wys, gaan jy dankbaar wees vir dié geleentheid!

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Wie het die fotosessie gereël?


Rieghard en Eidie van Rieg & AD Photography het die fotosessie gereël.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Inspirasie agter die fotosessie


Die fotosessie is deel van die “Rieg & Eidie Wedding Show” reeks.

Die episode van die reeks fokus op die oomblikke agter die skerms tydens ’n fotosessie van ’n bruid op haar troudag.  Ons wou die mooi en lekker van so ’n fotosessie uitbeeld, asook klem lê op die die eenvoud, maar tog die belangrikheid van elke element (hare, grimering, rok, juwele, ruiker, fotograaf en ligging) wat deel uitmaak van ’n bruid se voorkoms op haar troudag.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Keuse van Diensverskaffers


Tydens een van die vorige episodes van die Rieg & AD Wedding Show wat ons by The Rose Barn geskiet het, het ons begin praat oor ʼn gestileerde fotosessie.  Omrede The Rose Barn so ʼn mooi venue is met soveel foto geleenthede, was dit ʼn natuurlike keuse.  Tanya van Must Love Flowers is ook The Rose Barn se koördineerder en Marike De Groot was een van ons eerste gaste op die Rieg & AD Wedding Show.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Agter die skerms van die fotosessie


Die dag het sonder probleme verloop.  Ons het ook ʼn ‘agter die skerms’ video gemaak wat toekomstige bruide kan geniet.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Spesiaalste deel van die fotosessie


Die spesiaalste deel was om te sien hoe lekker almal saam gewerk het!  Dit is bewys dat professioneel kan wees, maar steeds jouself geniet!

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Kleurskema


Die kleurskema word hoofsaaklik oorgedra in die ruiker, asook die stylvolle en ietwat dramatiese stuk ‘tulle’ wat om die ruiker gebind is.  Die kleurskema is geïnspireer deur die natuur en seisoen.  In die ruiker is daar ’n paar gedroogde elemente wat winter uitbeeld, asook ’n paar vars helder geel en oranje blomme wat met lente verband hou.  Buiten die inspirasie, is geel eenvoudig een van my, Tanya van Must Love Flowers, se gunsteling kleure.  Ek is gek om in enige formaat, groot of klein, daarmee te werk.  As vreugde ’n kleur was, was dit geel.  Dus is dit só gepas vir ’n sprankelende bruid.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspirationFashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Venue en Ligging


The Rose Barn is ’n natuurliefhebber se droom.  Buiten die moderne rustieke stoor wat as onthaalarea gebruik word, is die venue langs die Seekoeirivier geleë.  Dit is omring met natuurlik fauna en flora, asook ’n groen digte tuin wat bestaan uit Westringia, Laventel, Olyfbome, Roosmaryn en Alwyne.  Dit alles maak dit nie net ’n droom van ’n trou venue nie, maar ook die perfekte landskap vir foto’s.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Trourok


Ons (Rieg & AD) het Soné, wat ons model was, se troue afgeneem en was net verlief op haar rok;  Dit is só tydloos en stylvol.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan


In dié geval, is die gesegde ‘minder is meer’ waar.  Maar, moet egter nie bang wees om die ‘minder’ ten toon te stel met iets dramaties en stylvol nie.  Die kontras is foutloos mooi.

Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration Fashionable styled wedding inspiration

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers