Pierre & April se See-Punt verlowingsessie

Paartjies verkies om hul verlowing fotosessie die teenoorgestelde as hul troue te doen en soos ons onder lees trou Pierre en April in die wynlande, daarom het hul besluit met ‘n see tema vir hul verlowing fotosessie.  Pierre en April het hul verlowing fotosessie by die gewilde See-Punt gehou waar daar ‘n ligtoring en wandelpad langs die see is.  See-Punt is geleë in die Atlantiese kus en het dus onbedorwe son sak uitsigte.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons het deur ‘n gemeenskaplike vriendin ontmoet.  Sy was na Pierre se huis genooi en toe sleep sy my saam.  Beste ding wat ooit kon gebeur!  Eerste ding wat my na Pierre aangetrek het was sy openlikheid en vriendelikheid.  Ek het onmiddellik gemaklik gevoel om hom.  Daar was iets misterieus aan April gewees.  Ek wou haar onmiddellik beter leer ken en het haar snaaks gevind.

Vertel ons hoe het julle verloof geraak?


Dit was vreeslik romanties en spesiaal.  Hy het op 23 April 2016 besluit ons gaan ‘n ‘Reis af geheue laan’ vat na al ons ‘eerstes’ – eerste ontmoeting, eerste skuif (putt-putt), ons eerste afspraak en ons eerste naweek saam weg na Hermanus.  By elke stop het hy vir my ‘n briefie gegee met ‘n gediggie wat pas by die gebeurtenis.  Laaste stop was toe weer by sy huis.  Toe ek instap was daar ‘n hart met roosblare en kerse op die vloer, wat kamer toe gely het, en daar het hy toe op sy knie gegaan en die groot vraag gevra.

Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie


Ons het besluit, omdat ons troue op ‘n wynplaas gaan wees met baie groenigheid, wou ons hê ons verlowing fotosessie moet die teenoorgestelde wees.  Ons het toe besluit op die seevarende tema vir die fotosessie.  Ons altwee is ook mal oor die see.

Vertel ons oor jul droom troue?


Ons droom troue sal wees om op ‘n wynplaas te trou met al ons geliefdes saam met ons.  Ons tema vir ons troue is vintage/rustiek met meer fokus op die vintage gedeelte.  So ons kleur-skema gaan ons hele troue ‘n baie outydse-romantiese gevoel gee.  As alles seepglad verloop, sal dit beslis ons droom troue maak!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: