Rikus & Chrismarie se Oulike Verlowing Fotosessie

In dié inskrywing deel ons Rikus en Chrismarie se oulike verlowing fotosessie by die Tygerberg Natuurreservaat met julle.  Luminescent Photography het die mooiste foto’s geneem van die paartjie se sonsopkoms verlowing fotosessie.  Die manier hoe hierdie talentvolle fotograwe die paartjie op hul gemak laat voel het weerspieël in die pragtige foto’s van hul verlowing fotosessie.

ʼn Verlowing fotosessie is die perfekte tyd om julle trou fotograaf beter te leer ken.  Jul trou fotograaf is een van die mense op jul troue wat die meeste tyd saam met julle sal spandeer.  Dit is belangrik dat julle weet hoe jul trou fotograaf sal werk, sodat julle op jul gemak is op jul troudag.

Nie net is dit belangrik om jul fotograaf te leer ken nie, maar dit help ook sodat julle meer gemaklik raak voor die kamera.  Nie alle paartjies is natuurlik ontspanne voor die kamera nie.  Die verlowing fotosessie help om julle meer gemaklik te maak dit gee julle die geleentheid om enige vrae te vra wat julle mag hê.

Chrismarie en Rikus se verlowing fotosessie is besonders en die natuurreservaat se natuurskoon is só mooi.  Moet nie eens begin praat oor daardie pragtige uitsigte van bo die heuwel nie.   Rikus en Chrismarie se uitrustings het die perfekte kontras teen die agtergrond geskep en hulle pas ook so goed bymekaar.

Rol af om meer te lees oor Chrismarie en Rikus se liefdesreis en om meer foto’s te sien van hulle oulike verlowing fotosessie.

 

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het in 2018 ontmoet by ʼn connect groep by ons kerk.  Ons het so 4 maande daarna begin uitgaan en na 4 jaar verloof geraak.

 

Die groot vraag:


Ons het verloof geraak in Greyton in die natuurreservaat ehet daar gaan bly vir ʼn paar dae.  Na ons daar aangekom het, gaan stap en toe by ʼn waterval, toe ek omdraai toe staan Rikus met die ring in sy hand.  Ons het dit bespreek, maar dit was ʼn groot verrassing.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het in Oktober 2022 verloof geraak en trou 3 Junie 2023.

Die verloofring:


Ek het vir Rikus idees gegee, maar hy het dit self laat ontwerp.  Dit was ʼn groot verrassing.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons is nie groot op foto’s nie, maar dit was deel van die pakket, en ek het geding dit sal goed wees om die fotograaf bietjie beter te leer ken voor die troue.

Visie vir droomtroue:


ʼn Eenvoudige, gemaklike geleentheid waar ons kan kuier saam met ons naaste vriende en familie.  Ons is albei meer minimalisties en wil nie te veel fieterjasies hê nie, maar ons wil tog ons stempel afdruk en dit uniek maak, met goed waarvan ons hou.

Meer oor Luminescent Photography:


Chanté en Andrew van Luminescent Photography is ʼn man en vrou fotografie span.  Hierdie professionele trou fotograwe gebaseer in Kaapstad en het ʼn passie vir trou fotografie.  So as jy opsoek is na ʼn trou fotograaf in Kaapstad, kontak gerus vir Luminescent Photography.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

      Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

      Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

      Artikel Diensverskaffers: