Emile & Marissa se kleurvolle troudag

Emile en Marissa se liefde vir mekaar ken geen grense nie – die duisende kilometers tussen Suid-Afrika en Kanada was nie eens genoeg om hulle uitmekaar te hou nie.  Hul verhouding is telkemaal getoets, maar hulle het met baie uithouvermoë die silwer randjie in elke situasie gesien.  Op 23 Maart 2019 het hulle met groot glimlagte en harte vol liefde ewige trou aan mekaar verklaar.

Hul troudag was liefdevol en kleurvol met die mooiste blommerangskikking om die venue op te kikker.  Al die kleure van die reënboog is in die dekor gebruik, maar dit is steeds uiters sag op die oog en skep ‘n kalmerende gevoel.  Let veral op hoe die venue, blomme, dekor en skryfbehoeftes mekaar komplimenteer en ‘n eenheid vorm.

Ons hoop jy verkry hope inspirasie uit Emile en Marissa se kleurvolle troudag én hul pragtige liefdesverhaal.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troue?


Ons het op 23 Maart 2019 getrou.  Ek (Marissa) was 24 en Emile was 30 jaar oud.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het in Desember 2018 in Stilbaai ontmoet.  Ek het toe nog in Kanada gewoon en moes ‘n semester aanbly om my graad te voltooi.  Na ‘n spoedige lang-afstand verhouding, het ek in Desember 2016 Suid Afrika toe getrek om verder te studeer en die potensiaal van die verhouding te beproef.  Na ‘n paar sakke sout wat ons saam moes opeet, het Emile in Maart 2018, weer in Stilbaai, my gevra om te trou.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


In die winter voor die troue, het ek vir my gesin in Kanada gaan kuier.  Saam met my ma, my suster en twee vriendinne, is ons na ‘n groot rok-winkel om trourokke aan te pas.  Van die vele pragtige rokke wat ek aangepas het, was daar ‘n hele paar waaroor ek mal was.  Maar, na ‘n hele rukkie van bespreek en gesels, het ek uitgestap met twee rokke op die kortlys.

‘n Paar weke later het ons terug gegaan om die finale besluit te neem.  Met al die geraas van die baie rokke gedemp en die hulp van ‘n baie bekwame verkoopsdame, het ons drie eenparig op een van die twee rokke besluit.  My suster is minder as twee weke na dié dag skielik oorlede en ek het nooit weer getwyfel aan my keuse nie.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Vertel ons meer van jul ringe


Die bruid se ring:

Emile het self die finale keuse gemaak en die ring laat maak sonder my medewete.  Dit was wel iets wat ons op die lughawe gesien het toe ons op pad terug huistoe was van ‘n Desember vakansie by my ouers in Kanada.  Ek het die ring vir hom uitgewys en nooit weer daaroor gedink nie.  Ek bewonder steeds élke dag my mooi trou- en verloofring.

Die bruidegom se ring:

Ek het die ring op nommer 99 gaan kry.  Alles is was só besig tussen mense wat kom kuier, klas, toetse, en trou-reëlings dat ek eers die week voor die troue die ring bestel het!  Ek het geweet dat Emile ‘n growwe tekstuur van witgoud wou hê.  Dear Rae was gelukkig baie goed vir my en hulle het die ring die Vrydag voor die troue betyds klaar gehad.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf was die mooie Inecke De Kock.  Inecke was saam met Emile op Stellenbosch Universiteit – Hy onthou nog die dag toe sy hom vertel het dat sy besluit het om ‘n fotograaf te wees.  Inecke het op ‘n baie besige oomblik ingestap en haar teenwoordigheid was só gerusstellend.  Tussendeur al die geharwar het sy presies geweet hoe om die pragtigste foto’s te neem.  Wat my die meeste beïndruk het, was haar en haar span se energie wat net nooit deur die hele troue getaan het nie – nie eers in die sweetwerende 37 grade waarin die seremonie plaasgevind het nie.

Inecke het ons videograwe, Ebert Steyn en Mikayla, voorgestel.  Hulle het vir ons ‘n asemrowende herinnering van die wonderlike dag geskep.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die hele dag was só lekker.  Dit was een van die lekkerste troues wat ons al ooit by gewoon het, én dit was ons eie!  Die hele dag en aand was ‘n fees.  Die kos, die musiek, die mense – alles was fantasties!

Ons sal niks van ons spesiale dag verander nie.

inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?


Toe ons vir ‘n venue gesoek het, het ek op Mooi Troues na venues in die Wes Kaap gekyk.  Ek het hier op Ex Nihilo afgekom en was mal daaroor!

inecke photographyinecke photography inecke photography inecke photography inecke photography inecke photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruid:

Almal is altyd bereid om te help, so aanvaar hulp.  Ek sou nie my troue kon reël as dit nie vir al die mense was wat my gehelp het nie, veral my ma!  Ek het alles sonder ‘n trou koördineerder reg gekry.

Bruidegom:

Bly kalm en geniet dit!

inecke photography inecke photography inecke photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek het die venue op Mooi Troues se webblad gesien.  Ek het ‘n afspraak gemaak om na die venue te gaan kyk.  Toe ek en my vriendin, Hannah, daar aankom, het ek dadelik gevoel: “Hier gaan ek trou!”

Inspirasie vir die dekor was ietwat van ‘n uitdaging.  My sussie is in Augustus oorlede en daarna was dit baie moeilik om troue te beplan sonder haar.  Sy was werklik my persoonlike troue-beplanner.  Heike van Fleur Le Cordeur en haar man is vriende van ons en sy het gesien ek is effens verlore met alles.  Sy het tot my redding gekom en al die reëlings oorgeneem.  Ek het vir haar ‘n paar foto’s gestuur van goedjies waarvan ek hou en sy het vir ons die mooiste troue geskep!

ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?  Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het amper 120 gaste onthaal.  Ons diensverskaffers was baie behulpsaam en het vir ons gewys wat die moeite werd is om op geld te spandeer, en waarop ons kan spaar.

ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het wittebrood in die Maldives gaan hou.  Dit was ongelooflik!  Ons het só lekker ontspan, geswem, gaan snorkel, twee keer ‘n dag roomys gaan eet en amper elke dag ‘n draai by die spa gaan maak!

ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons liedjie was You Are the Reason van Calum Scott.  Die lirieke was op toepassing op ons verhouding omdat ons baie ver moes gaan om bymekaar te wees.  In die  kort tydjie saam, was ons deur baie moeilike tye, veral met my sussie se dood net voor ons troue.

Ons het nie vir die dans geoefen nie.  Ons het gedink ons kan dans, maar Emile het sy klein toon 3 weke voor die troue gebreek en was in ‘n “moon boot” voor en na die troue.  Hy was dus nie seker hoe hy sou op die dag sou voel nie.

ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue ex nihilo wedding and event venue

Diensverskaffers