1920 Herfs elegansie

Mooi Troues is weereens stom geslaan oor die ongelooflike talent wat in die Vrystaat Provinsie is.  Ons is vreeslik trots dat ons te danke aan Go Urban Photography die besonderse gestileerde fotosessie met ons lesers mag deel.

Die tema van die fotosessie was 1920 Herfs elegansie.  Albei die elemente van die fotosessie was ‘n resep vir ‘n asemrowende inspirerende fotosessie.  Herfs bied die mooiste kleure vir enige troue en gepaard met 1920 se modes, kan jy sommer weet hier kom ‘n baie mooi eind resultaat.

Dit is nou al ‘n eeu later en ons hoop toekomstige paartjies sal baie inspirasie vind by die 1920 trou style.

Hoekom is die span gekies om saam te werk?


Ons het nooit voorheen saamgewerk nie en ek, Amy Holden, wat ook die fotosessie beplan het gevoel dat vir hierdie gestileerde fotosessie dat Charlaine se fotografie styl van werk sal geskik wees.

 Wat was vir julle spesiaal aan die fotosessie?


Vir my was dit om Charlaine die fotograaf en Simonè die model beter te leer ken terwyl om pret te hê en geïnspireer te word, veral om te beleef hoe Charlaine kreatief geïnspireer word, is wonderlik.  Jy weet altyd wanneer die fotograaf pret het, die foto’s goed gaan wees!

Advies aan die paartjies wat graag die styl wil volg?


Maak seker jy doen deeglike navorsing oor fotograwe, kyk of hulle al voorheen so werk gedoen het , dan is jy gewaarborg wees van die foto’s.  Jou plek moet ook die voorkoms voltooi, so maak seker dat wanneer jy na plekke kyk wat jy in gedagte het, sal pas by die eindresultaat.  Raadpleeg jou bloemis oor jou kleur palet wat sal pas, aangesien verskillende rooi by verskillende vel kleure pas en dieselfde gaan met raadpleging met jou grimering kunstenaar.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: