Jurgens & Louise

Vroeg een een oggend in die Strand laat Elsa van E.Late Photography Jurgens en Louise vir Elsa toelaat om hul liefde vir mekaar vas te vang nog skaars voordat die son sy kop behoorlik uitgesteek het.  Die sagte kleure van die see en die wolke komplimenteer die fotos perfek.  Die aanbreek van ‘n nuwe dag laat die agtergrond van Elsa se werk skoon en vars lyk en dit bied inspirasie vir paartjies wat nog hul verlowing fotosessie wil hou om dit eerder vroeg met aanbreek van die dag te hou.

Ons by Mooi Troues het die fotosessie baie geniet en ons weet ons lesers sal dit nes ons geniet.



Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Louise: Ons werk toevallig by die selfde maatskappy, maar ons het mekaar deur ‘n gemeenskaplike vriend ontmoet.  Jurgens is hierdie aantreklike, lang ou.  Elke keer as hy Hoofkantoor toe gekom het, het my hart gaan staan!  Sy mooiste eienskap is sy opregtheid en hy het die mooiste kuite!

Jurgens: Ek onthou weer die “klik klak” van haar hakke en toe ek kyk wie dit is, toe sien ek Louise, kits aangetrokkenheid.  Haar beste eienskappe is definitief die feit dat sy omgee vir almal, haar skouers is nooit te vol is vir al haar mensies nie.

Ons het Desember 2011 beter bevriend geraak en in Januarie het hy van George af gery om by my te kom kuier.  Toe is dit verby!



Vertel ons meer van julle verlowing?

Louise: Na byna 4 jaar saam het ek amper begin moed opgee.  Dit is net mooi op ons 4 jaar herdenking wat ek vir ons ‘n lekker romantiese ete gehou het.  Ballonne, kerse, musiek en alles.  Tydens poeding het hy my veras met nie een nie, maar 2 ringe!  Ek was totaal uit die veld geslaan.  Ons sou dit nie anders wou hê nie.

Jurgens: Die idee was altyd om haar op die strand te vra en toe die oomblik reg was toe sien Louise natuurlik ‘n visserman wat ‘n haai uitrek en hardloop daarna toe, so dit het nie so mooi uitgewerk soos wat ek beplan het nie!



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons is altwee baie lief vir die see en kom altwee van die Wes Kaap af.  By no 25 De Beer straat, in die Strand het alles begin, dus het ons die fotosessie die oggend vroeg daar begin.

Die natuurskoon in Somerset Wes, waar ons huidiglik woon, is werklik pragtig en het besluit om ook fotos op ‘n nabye plaas te neem waar ons gereeld kuier.



Diensverskaffers: