Selfdoen wenke kaartjies

Vra jou gaste om vir jou ‘n paar wenke vir ‘n wonderlike huwelik neer te skryf!  Dis ‘n oulike manier om die gaste bietjie besig te hou terwyl julle fotos neem, en om ‘n paar interessante wyshede op te tel!  Selmarie Slot het vir jou die oulike kaartjies ontwerp wat jy maklik by die huis kan druk en gebruik vir jou spesiale dag.


LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:



Metode:

  1. Laai die A4 dokument af vanaf Mooi Troues
  2. Daar is 4 ‘Wenke’ op die A4
  3. Jy kan die ‘Wenke’ of op gewone wit papier by die huis print of as jy sou verkies dit invat na ‘n printer en vra dat hulle dit op ‘n papier van jou keuse print.
  4. Sny die ‘Wenke…’ uit – daar is kruisies getrek wat vir jou aandui waar die A6 papier begin en ending. Jy sny van strepie tot strepie die ‘Wenke..’ uit.
  5. Sit dit op ‘n tafel met paar helder penne of potlode en laat die gaste hul wysheid met julle deel!

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Artikel Krediet:

Skryfbehoeftes: Selmarie Slot