Dane & Rézette se prettige verlowing fotosessie

Dane & Rézette se prettige verlowing fotosessie sal jou opgewonde maak vir hul troue.  Dit is altyd lekker om ‘n verlowing fotosessie met verskillende omgewings te sien.  Alhoewel dit op die selfde plaas afgeneem is, het die foto’s almal ‘n verskillende gevoel.  Van wynlandgoed landskap tot ‘n prettige boot rit in die plaas dam.

Dane en Rézette is albei mal oor ontbyt, koffie en beskuit.  Hulle verduidelik dat jy hulle altyd in die oggend buite sal vind met ‘n koppie koffie en tuisgebakte beskuit in die hand.  Dit klink amper presies soos dit hier by Mooi Troues se kantoor gaan.  Eerste ding in die oggende is ‘n lekker goeie gehalte koppie koffie met heerlike biscotti in die hand.

‘n Verlowing fotosessie speel so ‘n groot rol, veral as julle nie gemaklik is voor die kamera nie.  Dit help jou om meer gemaklik te raak met jou fotograaf.  Sodoende sal jy meer gemaklik wees op jou troudag.  Jy het ook die kans om jou fotograaf se tegniek van afneem te leer.  Om jou fotograaf te vrae as jy ongemaklik voel met enige foto’s of advies te kry vanaf jou fotograaf.  Baie mense dink dit is net ‘n onnodige uitgawe, maar ons raai paartjies aan om ‘n verlowing fotosessie te boek en dit te geniet.

Rézette het haar pragtige verloofring van haar Ouma grootjie geërf.  Dit is so spesiaal.  Daar is net iets so spesiaal aan ‘n erfstuk van jou Ouma, veral op so ‘n spesiale geleentheid.  Geniet die paartjie se verlowing fotosessie vandag op Mooi Troues.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Ons eerste Ontmoeting:


Ons het in 2016 ontmoet deur ‘n vriendin wat ons van mekaar vertel het.  Dane het my op Facebook uitnodiging en my nommer gevra.  Ons het omtrent so maand op WhatsApp gepraat voor hy 8 ure ver gery het om my in die Kaap te kom sien vir net een oggend.  Hy het op daardie stadium as ‘n Wilds bewaarder gewerk buite Graaf Reinette.  Ons was van die eerste dag af in ‘n lang afstand
verhouding vir 3 jaar.  ‘n Tyd van baie verlange en uithou vermoë te midde van slegte WiFi en baie slegte werk skedules.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Hoe ons verloof geraak het:


Dane het Oktober 2018 Kaap toe getrek, want ons het van die begin af gesê as ons gaan trou moet ons bymekaar wees en deur middel van my werk kon ek nie na hom op die plaas in die Oos-Kaap trek, waar hy toe gewerk het nie.  Het dit probeer. Ons het Julie 2019 op daardie einste plaas gaan vakansie hou by ‘n Lodge en daar een aand in die bos met sonsondergang en sjampanje het hy op sy knieë gegaan.  Ons altwee se droom verlowings oomblik waaroor ons altyd gepraat het, maar vir my ‘n baie groot verrassing op daardie oomblik.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Die verloof ring:


Ek was nog altyd ‘n baie sentimentele mens en ek het ‘n ring van my ouma grootjie geërf dit was haar verloofring, ek het nog altyd gesê as ek die dag verloof raak moet daardie my ring wees.  Dane het ook geweet hy kan hom net so gebruik, dit was in die kluis by my Ma se huis en ek het gereeld daarna gekyk en hom aangepas net omdat dit so mooi was, so tussen hulle twee moes hulle baie planne beraam om dit uit te kry sonder dat ek iets vermoed.  Dis vir my baie spesiaal oor dit so baie sentiment het en ek voel bevoorreg om dit te kan dra.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Die eienskappe waarvan ons hou in mekaar:


Dane is ‘n ongelooflike rustige en sagte mens en ek is baie angstige, hy laat my altyd veilig en gelief voel en kan my so vinnig kalmeer.  Hy is vir my die mooiste man op aarde en ek is verslaaf aan sy blou oë, hulle maak my knee na 4 jaar nogsteeds elke dag lam.

Rézette is vir my wonderlik op elke moontlike manier;  Ek is mal oor hoe ek met haar kan praat oor alles en hoe ons letterlik alles saam doen.  Sy is so ‘n ‘n omgee-persoon en sy stel altyd alle ander voor haarself, selfs wanneer dit is een of ander tyd nodig om uself eerste te stel.  Sy laat my voel asof ek kan doen enigiets in die wêreld.  Niks is ooit te veel vir haar nie.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Rede vir verlowings fotosessie:


Die rede waarom ons die verlowings sessie gedoen het was om gemaklik te raak met Liezl en ook voor die kamera.  Nie een van ons is baie gemaklik voor ‘n kamera nie en het nog nooit ‘n fotosessie gedoen nie.  Ons het spesifiek gesoek vir ‘n trou pakket wat dit insluit.  En hoe lekker en mooi het dit nie uitgedraai nie. Ons kan nou nie wag om Liezl weer te sien met ons troue nie.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessieplaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Droom troue:


Ons altwee se droom troue was toevallig nog altyd ‘n klein familie toue.  Ons het ook altwee ‘n groot liefde vir ontbyt/koffie & beskuit en jy sal ons altyd eerste in die oggend buite êrens vind met ‘n koppie koffie en tuisgebakte beskuit in die hand.  So ons het besluit op ‘n “brunch” troue op ‘n plaas net buite Wellington, in die tuin in September.  Baie blomme en baie sonskyn en baie liefde, baie lekker koffie en tonne vreugde.

plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie plaas velowing fotosessie

Klik hier vir diensverskaffers

  • Fotograaf: Liezl Photography
  • Venue: Plaas waar Dane werk en ons sal bly na die troue