Rivan & Janè se glansryke selfdoen troue

Mooi Troues is opgewonde om met ons leser die glansryke selfdoen troue van Rivan en Jané te deel.  Die liefdevolle bruidspaar was ongeveer 3 en ʼn half maande verloof voordat hul getrou het.  In sulke kort beplannings tydperk het Rivan en Jané een uitstekende troue voort gebring.

Liefde en nederigheid loop hoog in dié bruidspaar se liefdes verhaal.  Met ʼn spesiale tradisie het Rivan en Jané op die seremonie mekaar se voete gewas as ʼn verbintenis van liefde en gelykheid aan mekaar.  Rivan en Jané dra ook self by tot by dié glansryke selfdoen troue.  Jané spog in haar aanskoulike trourok wat by dra met elegansie en moderniteit.  Rivan op die ander hand spog in sy aantreklike swart troupak wat ʼn tydlose en klassieke styl aan vat.

Dié glansryke selfdoen troue is alles behalwe tradisioneel.  Rivan en Jané se gekose trouvenue is so uniek en skep die perfekte atmosfeer vir die elegante troue.  Die trou dekor in die onthaal maak gebruik van pragtige hout tafels wat ʼn baie rustieke gevoel skep.  Natuurlike aardse kleure was gebruik wat so pragtig pas by die tafel dekor, wat speel met wit rose, groenigheid en pampas gras.

Alles van Rivan en Jané se glansryke selfdoen troue weerspieël presies wie die bruidspaar is as mens.  Selfs die gechoreografeerde danse van beide die strooimeisies en strooijonkers.

Rol nou af en geniet meer van Rivan en Jané se glansryke selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het by ʼn Bybelstudie groep ontmoet.

My man het ʼn familie fotosessie beplan by die Vaal rivier se banke. Hy het my by die rivier gevra om te trou terwyl die son besig was om te sak.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het verloof geraak op die 17de Julie en het die 6de November getrou.  Dit was ongeveer 3 en ʼn half maande.  Ons het ons eie troue beplan.

Trou Begroting:


Ons het ʼn begroting van R80,000 gehad en ons het ongelukkig nie binne ons begroting gebly nie.  Ons het 85 gaste vermaak.

Advies:

Bruid:

Maak seker om in jou begroting in te werk hoeveel diensverskaffers jy op die trou dag gebruik.

Bruidegom:

Maak gereed om dubbel die bedrag waarop jy begroot het te betaal.

Merkwaardigste Oomblikke:


Bruid:

Om by die trougang af te loop.

Bruidegom:

Om vir Jané te sien af loop by die trou gang.

Paartjie se styl:


Bruid:

Ek wou ʼn trourok gehad het wat glad nie tradisioneel is nie, nie die tipiese prinses rok nie.  Aanskoulik, elegant én modern.  Hoe ek vir Rivan verduidelik het hoe my trouring moet lyk, moet dit blink met ʼn simplistiese en elegante styl.  Toe ek Rivan se trouring ontwerp het, het ek alles wat hy verduidelik het van hoe hy sy ring wou hê, het ek laat realiseer.

Bruidegom:

Ek wou tydloos en klassiek lyk.  ʼn Deel van my was geïnspireer deur James Bond 007, ek het net ʼn Ashton Martin nodig gehad om die vissie te voltooi.

Die Besluitnemingsproses:


Bruid en bruidegom het albei keuses gemaak, alhoewel die bruid meeste van die dekor besluite geneem het.

Ons Vriende en familie was omtrent 10% deel van die besluitnemings proses.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ongelukkig het ek nie van my blommerangskikkings gehou nie.  Die wit rose was te klein en het nog nie behoorlik geblom nie en weens dit het dit meer groen as wit gelyk.

Spesiale Tradisies:


Ons het mekaar se voete gewas.

Dit was baie betekenisvol vir myself en my man omdat dit diensbaarheid aan mekaar simboliseer asook hoe Jesus sy dissipels se voete gewas het in die Bybel.

Alhoewel dit nie ʼn tradisie was nie, maar wou dit doen as deel van ons trou geloftes aan mekaar.  Dit het gebeur voor ons, ons trou beloftes aan mekaar gese het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Haal asem en neem elke oomblik in.  Vat ʼn oomblik om elke glimlag en alle lag, vreugde van familie en vriende in te neem.  Moet nie toelaat dat finansiële, familie en persoonlike uitdagings jou groot dag bederf nie.  Trek eerder nader aan jou lewensmaat en fokus op wat belangrik is.

Venue & Dekor:


Ons het die trou venue gekies omdat dit uniek en nie tradisioneel is nie.  Niks van ons troue was tradisioneel nie en ons wou juis wegbeweeg van ʼn tradisionele troue.  Ons het die trou venue gekies, want Kobus se gasvryheid was besonders en hy het klomp verskeie diens verskaffers beskikbaar vir ons gemaak.  Ons was mal oor wit ontvangs area met die hout tafels.  Dit was n maak of breuk vir ons in die beplanning van ons groot dag.

Trou dekor:

Beide, ek en my man is lief vir die rustieke voorkoms en gevoel en ons is mal oor natuurlike aardse kleure.  Met die hout tafels, wit rose, groenigheid en Pampas gras wat elegansie byvoeg.  Ons voel dat dit rerig reflekteer wie ons rerig is.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Dit het geen effek op ons trou dag of wittebrood gehad nie.  Ons was baie geseënd gewees want toe ons terug gekom het van ons wittebrood af het die 4de golf van Kovid 19 die land getref en toe was alle internasionale vlugte verbied.

Eerste Dans:


Ja ons het ʼn eerste dans gehad.

Liedjie: “How deep is your love.

Die rede hoekom ons daardie liedjie gekies het was omdat my pa n groot liefhebber was van “Bee Gees” en dit was n toewyding aan my oorlede Pa.

Ons het nie vir dans lesse gegaan nie.

Vermaak:


Ons het ʼn orkes, verwelkomings drankies, gechoreografeerde bruidspartytjie dans, gechoreografeerde strooijonker dans gehad.

Wittebrood:


Ons was geseënd deur my man se ouma en oupa.

Ons het na die Maldives gereis.  Dit was nog altyd ʼn droom van my om eendag na die Maldives toe te gaan vir my wittebrood.

In die beplanning van ons wittebrood het my man se paspoort eers 6 dae voor ons vertrek het vir ons wittebrood ontvang en soos jy jouself kan voorstel was ons senuwees aangeskrewe hehehe.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: