Jacques & Maryké se Snowflake Troue

Snowflake gebou in Potchefstroom met sy industriële gevoel is ‘n perfekte fondament om ‘n lewenslange gelofte te maak aan jou maat.  Jacques en Maryké het hul geloftes voor hul geliefdes in die gebou afgelê.  Snowflake gebou is die perfekte plek vir Avant-garde paartjies om hul herinneringe was te vang op verewige kiekies.

Die troue was glad nie styf nie.  Elemente in die troue het ons by Mooi Troues na ons asems laat snak!  Maryké se trourok was gemaak uit ou gordyne wat haar ouers op hul troudag as geskenk gekry het.  Honderd punte vir kreatiwiteit.  Jacques deel met ons ‘n brokkie nuus wat ons vir paartjies as advies kan bied as hul nie ‘n begroting het vir ‘n Wittebrood nie.

Blaai deur die fotos onder en lees gerus die paartjie se storie; beslis iets vars.

Vertel ons van jul ontmoeting?


Jacques: Ons het mekaar ontmoet op 11 Desember 2011 by ‘n kerk byeenkoms. Maryké het gesê dat sy my gesien het deur die loop van die aand en het gevoel sy moet met my kom gesels. Na afloop van die diens het sy my genader en haarself voorgestel, en  ons het vinnig agtergekom dat ons baie in gemeen het, veral in terme van ons uitkyk op verhoudings. Ons het altwee op daardie stadium net uit ernstige verhoudings uitgekom, so ons was effe anti-verhouding, en het vooraf besluit om net goeie vriende te wees. Ons het die volgende dag ontmoet vir Pizza, en dit was die begin van ‘n ses-maande lange vriendskap. Sy is vandag nogsteeds my beste pel.

Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?


 Maryké: Gemaklik, mooi, hartskos en lekker kuier – dit was die fondasie.  Ons albei wou iets eie aan ons hê sonder die gewone frilletjies en valletjies.  Die industriële en onafgewerkte gevoel van Snowflake het ons asems weggeslaan.  Ons wou nie ‘n spesifieke tema en kleurskema hê nie.  Eerder klein bietjies van goed wat vir ons betekenis dra, en die dag sal spesiaal maak.

Ons het baie sentimentele items ingewerk: my ring is gemaak uit goud van ‘n ring wat my oorlede oupa vir my gegee het, met ons voorletters “J” en “M” aan beide kante van die diamant;

My rok is gemaak uit gordyne wat my ouma vir my ouers gemaak het toe hulle getroud is; Die lighuis op Jacques se mansjetknope is simbolies van ons model van ‘n verhouding met God as die lig bo-aan; en in stede van tabelnommers of -name het ons simbole gebruik van dinge wat ons na aan die hart lê: Geloof, familie, honde, liefde, kos en musiek.

Was julle met wittebrood?


 Jacques: Ek het ongelukkig kort voor ons troue met nuwe werk begin, en kon dus nie verlof kry om op wittebrood te gaan nie.  Ons het besluit dat ons sal wittebrood hou “in paaiemente” deur een keer ‘n maand vir ‘n naweek weg te breek. Ons sal met ons eerste huweliksherdenking ‘n behoorlike wittebrood-wegbreek hou.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Maryké: Dis julle dag – doen dit julle manier.  Daar is ook altyd ‘n goedkoper alternatief vir dit wat jy wil hê, sonder dat dit goedkoop hoef te lyk.  Ons het baie selfdoen troue gedoen.  Ook baie geld gespaar op die koek, spyseniers en klere (die gaste het potbrood uit papierborde geëet tydens die fotosessie en almal het dit geniet omdat dit nie “styf” is nie).  Laat ook toe dat mense help waar hulle kan (sonder dat hulle oorneem) en maak seker julle geniet die dag – stop, haal asem, en neem die oomblik in so veel as wat jy kan.  Dit gebeur net een keer!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: