Gerrit & Zelmare se selfdoen troue

Gerrit en Zelmare het ‘n mooi selfdoen troue gehad en soos ons in Zelmare se advies aan paartjies wat nog moet trou lees, ly ons af Gerrit se opinie het baie getel in die beplanning van hul groot dag.   Ons hou daarvan om te lees dat die manne ook betrokke is en nie net alles aan die bruid oorlaat nie.

Hul tafel dekor het hul self gedoen en die styl is tydloos.  Ons weet julle gaan sommer baie inspirasie uit die selfdoen troue vind.

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Ons het in ons eerste jaar op kampus ontmoet.  Sy koshuis het my koshuis se meisies kom ontvoer die aand en hy het my raakgesien tussen al die ander.  Ons het toe later daardie jaar weer by mekaar uitgekom deur gemeenskaplike vriende.  Volgens Gerrit het ek pragtige groot oë gehad wat sy aandag getrek het.  Gerrit was spontaan, het my laat lag en sy lewendige oë en sproetgesig kon ek nie weerstaan nie!

 

Wat is die inspirasie vir die tema van die troue?


Die inspirasie vir die troue het gespruit uit ons albei se liefde vir die platteland, aardse kleure en liefde vir die natuur.  Daarom dan die gebruik van baie hout en rots rosies.  Ons het ook die venue gekies vir die pragtige buitelug omgewing wat dit bied.  Ons wou meeste van die goed self maak omdat ons albei baie betrokke wou wees by elke deel van die trou beplanning.

Vertel ons van die Wittebrood?


Vir wittebrood was ons Phuket, Thailand toe.  Dit was eintlik ‘n verrassing, maar Gerrit kan nie geheime van my af hou nie!  Dit was die beste tyd van ons lewens! Ons het elke dag iets anders gesien op die toere en die wit strande geniet.  Ons was oor die Thai Nuwejaar daar en dit was letterlik een groot water-fees!  Ons het dit so geniet ons wou eintlik nie terug kom nie en sal verseker binnekort weer gaan!

Advies aan paartjies wat nog gaan trou?


Maak ‘n punt daarvan om alles te doen soos jy dit graag wil hê.  Mens wil nie na die tyd dink aan alles wat jy anders sou gedoen het nie.  Vra jou man se opinie en idees.  Dit maak hulle ook meer deel en meer opgewonde oor die groot dag.  Nooi die mense naaste aan jou en moet niks doen net om ander gelukkig te maak nie.  Dit is net jy en jou man wat saak maak op daardie dag.

Maak ‘n punt daarvan om stil te staan deur die dag en aand en net alles in te neem en te onthou.  Die beplanning vooraf is so belangrik!  Dit verseker dat jy kan rustig wees op die dag en dat als vlot verloop.  En onthou, as iets verkeerd gaan, is dit net jy wat weet!

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Clarika Wahl Photography
  • Aanlyn Winkel: Bergbruidjie
  • Laser sny Produkte: Marise Giani  Laser
  • Venue: Riverside Country Estate
  • Grafiese Ontwerp: Copy Colours
  • Koek:  Chocolate Art
  • Aanlyn Winkel: Fraai Meraai
  • Skryfbehoeftes: Droom Ontwerpe
  • Laser sny Produkte: Bakgat Ontwerpe