Kowie & Marizanne se pragtige verlowing foto’s

Die paartjie, Kowie en Marizanne, het vir hul verlowing foto’s verskeie liggings gekies.  Daar is ‘n opsie van woud, wingerde, berge en see … Wat vir ons veral uitgestaan het was die ligging van ‘n grot met asemrowende uitsigte!  Die groot verskeidenheid liggings het gemaak dat die paartjie se pragtige verlowing foto’s absoluut besonders is.  Mooi Troues adverteerder, Coba Photography, het haar taak uitstekend uitgevoer.

Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol en elke foto geniet.  Daar is omtrent baie foto’s vir ons lesers om te waardeer.

engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


2015 het Kowie vir my die eerste keer by ons Serenade in Wellington (CPUT) gesien op tree.  In dieselfde jaar, ietwat later, het ons mekaar werklik vir die eerste keer ontmoet waar ons voorgestel was aan mekaar.

2016 Mei maand, het ons mekaar toe weer ‘herontmoet’ by die Ollyffees.  Tog het elke ontmoeting net bestaan uit ʼn groet, gesels en tot weersiens.

November 2016 het ek die ys gebreek en ʼn verjaardag boodskap gestuur aan Kowie.  Ons het van daarvan nie ophou gesels tot en met Desember 2016 nie.  Ons het uiteindelik bymekaar uitgekom en n naweek saam gekuier.  Die opeenvolgende naweke van daarvan het ons mekaar beter leer ken.  Kowie het toe nie lang stories gemaak nie en my 15 Januarie 2017 gevra om sy meisie te wees.  Ons was net so ʼn maand onder 2 jaar saam toe Kowie my gevra het om te trou.

engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas

Die groot vraag


1 Desember 2019 by Elandsbaai grot/rotstekeninge.

ʼn Verjaardagpartytjie word toe sommer ʼn verlowingspartytjie.  Ek en sy suster het hard beplan aan sy verjaardag, maar onderlangs het Kowie en Leané gekonkel om die planne te maak werk dat hy my die Saterdag kan vra om te trou.  Met reëlings wat getref moet word en ek wat graag alles in plek wil hê vir sy spesiale dag, was my gedagtes op allerhande ander plekke behalwe die moontlikheid dat hy my gaan vra om te trou (ek het voor die partytjie vermoedens gehad).

Nietemin, daardie dag was dit die laaste ding waaraan ek gedink het.  Die meerderheid van sy vriende was daar asook sy ma en ons twee se sussies.  Die manne het gaan visvang, terwyl ons dames die “venue” gou sou reg kry het vir die aand se verrigtinge.  Daarna het ons “sundowners” gaan geniet het by Elandsbaai se rotstekeninge.

Soos ons toe op stap om n glasie te klink op Kowie se kroonverjaardag, vra Kowie vir my vir Zumbuk vir sy lippe. Met die stap het ek nie enige iets by my nie en draai toe weg om iemand te vra vir iets en soos ek omdraai is Kowie op sy knieë met n Zumbuk potjie waarin die mooiste ring is! (Ek’t altyd Zumbuk naderhand). Wat hy alles gesê of gevra het het ek nie eers gehoor nie … Al wat ek regtig op daardie oomblik kan onthou is sy tranerige, potblou oë en… “my vrou wees?” Alles en almal rondom ons het net verdwyn en dit het gevoel of tyd stil staan.  Totdat sy beste vriend moes vra, “So wat sê jy?” en my antwoord was “Maar natuurlik!”

engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas v engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas engagement photoshoot ideas

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers