Alex & Grytsje se verlowing

Alex vertel hoe hy gewag het om Grytsje se telefoon nommer te kry en hoe sy eers gesê het hul moet net vriende wees.

Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0001Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0002 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0003 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het ontmoet op n naweek weg vir ‘n “Alpha” kursus.

Van die eerste oomblik wat ek vir Grytsje gesien het, het ek geweet dat ek haar wou leer ken. Op die eerste aand het ons deel geneem aan ‘n nag speletjie waar die een helfte van die groep smokkelaars was en die ander helfte die doeane was. Toe Grytsje van my af probeer weg hardloop het sy geval en ek moes seker maak dat sy nie beseer was nie. Daardie naweek het ek gewag en gewag, vir die regte oomblik om Grytsje se nommer te vra. Sy het gesê, “Ja, maar net as vriende.” Ha-ha-ha!!


Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0005 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0006 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ek, Grytsje en my pa het Tafelberg gaan klim. Na drie ure se klim en nadat ons ‘n plekkie gekry het waar ons alleen was het ek vir my pa my kamera gegee om ‘n video te maak. Ek het haar toe gevra met Kaapstad in die agtergrond. Daarna het ons die kabelkarretjie af gery en ‘n heerlike ete gehad saam met ons familie om ons verlowing te vier.


Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0008 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0009 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0010 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0011 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0012 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0013


Wanneer beplan julle om te trou?

Ons trou die 14de Augustus in Groningen, ‘n stad in die Noorde van Nederland. Beide van ons woon in Groningen en die stad het die mooiste ou kerke. Na die seremonie gaan ons die onthaal hê in ‘n dorpie net buite die stad.


Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0014 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0015 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0016 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0017 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0018 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0019 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0020 Alex & Grytsje se verlowing soos op Mooi Troues_0022

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: