FC & Leigh-Ann se verlowingsfotosessie in Dubai

Met baie Afrikaners wat in die buiteland woon kan ons by Mooi Troues ons horisonne versprei en sodoende met ons lesers verskillende inspirasie bied.  Soos dié verlowing fotosessie van FC en Leigh-Ann.  Hulle woon in Dubai en het dus besluit op ‘n verlowingsfotosessie in die woestyn.  Mooi Troues is gelukkig ‘n digitale publikasie en ons trots ons daaraan dat Afrikaners van regoor die wêreld trou inspirasie kan lees in hul Moedertaal.  Rol af en gaan op ‘n reis sonder om die gemak van jou tuiste te verlaat.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


“Liefde met die eerste oogopslag” is verseker ‘n ware feit.  Ek was ‘n 14 jarige skool dogtertjie en FC was ‘n 16 jarige laaitie.  Ons het mekaar op Hartenbos se strand ontmoet.  Van dag een af was ons albei “halsoorkop” verlief.  Ons het daar ook tot ons verbasing besef dat ons albei in die Strand woon.  Van die oomblik wat ons ontmoet het, het alles net perfek vir ons uitgewerk.  Die eienskappe wat ons na mekaar getrek het was verseker die feit dat ons albei van die begin af eerlik, opreg en openlik met mekaar was en steeds is.  Ons glo albei daarin om mekaar te respekteer en ons gun mekaar die nodige spasie.  Dit is vir ons baie maklik om dit te doen aangesien ons mekaar ten volle vertrou!

Vertel ons meer van julle verlowing?


FC het in Dubai gebly en ek het my studies voltooi in Stellenbosch.  Ons het vir 3 en ‘n half jaar ‘n lang afstand verhouding gehad.  Hy het sy laaste kuier kom kuier voor ek Dubai toe trek.  Ons het besluit om Kirstenbosch toe te gaan vir die dag aangesien ons altwee al baie lank graag die pragtige stap roetes wou gedoen het.  Hy het my verras met die heerlikste piekniek, mooiste uitsig en ‘n glimlag en blink oë wat daardie dag spesiaal “ekstra” geblink het.  FC was so romanties, hy het selfs gereël dat iemand fotos van ons neem en die volgende minuut terwyl die man fotos neem het FC op een knieg gegaan en die groot vraag gevra. Die wêreld het om my stil gestaan.  Verseker een van die grootste en beste oomblikke van ons lewens.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Aangesien ons in Dubai woon wou ons graag ‘n woestyn verlowing fotosessie doen.  ‘n Vriendin van my het my verwys na Schantel.  Ek het na haar fotos gekyk…absoluut asemrowend.  Ek het net daar en dan geweet sy is die een!  Sy het toevallig af gevlieg vir ‘n kursus na Dubai, so alles het absoluut perfek uitgewerk.  Ek wou graag ‘n natuurlike fotosessie doen, wat ons liefde vir mekaar uitbeeld.  Schantel het dit met oortuiging reggekry.  Ons was natuurlik, gemaklik en dit was ‘n wonderlike ervaring.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons het werklik ‘n Suid-Afrikaanse eg tradisionele Sprokie mooi droom troue gehad.  Aangesien ons in Suid-Afrika verloof geraak het, ons fotosessie in Dubai gedoen het dink ek dit kan wonderlik wees om na ons sprokie troue in Suid Afrika, my naaste familie, Strooimeisies en Strooijonkers Dubai toe te nooi vir ‘n ongelooflike woestyn trou-sessie met fotos …

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: