Gerhard & Elzaan se flambojante selfdoen troue

Vandag hier by Mooi Troues is ons opgewonde om met ons lesers Gerhard en Elzaan se flambojante selfdoen troue te deel.  Die paartjie se liefdesreis is bitter oorspronklik en ons kan met sekerheid sê as jy kan dans, kan jy ʼn vrou vang!

Gerhard en Elzaan se flambojante selfdoen troue is beslis een vir die boeke.  Hulle het diep en warm kleurskakerings implementeer wat beslis die liefde vir mekaar illustreer.  Die troudekor elemente en die venue pas so mooi by die liefde wat die paartjie deel.  Die flambojante selfdoen troue bied soveel inspirasie vir ander paartjies.

Elzaan se trourok was so minimalisties met ʼn pragtige gedetailleerde agterkant.  Die sagte kant op die voorkant by haar skouers en op haar rug is so elegant.  Ons is absoluut mal daaroor.  Dan Gerhard se vlootblou-pak het ook so perfek ingepas by die hele gevoel van die troue.  Alles was net so flambojant by hierdie selfdoen troue!

Rol gerus af en geniet meer oor Gerhard en Elzaan se flambojante selfdoen troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Gerhard was 25 en ek, Elzaan, 20 toe ons deur ʼn universiteits vriend, Henmar en vir Gerhard ʼn lewenslange vriend, ontmoet het in Weiveld.  Ek moet sê, mense sê altyd ‘liefde op die eerste oogopslag’ maar in my geval was dit hoe hy vasdans wat my gewen het.  Gerhard is van ʼn dorp in Ermelo en Ek (Elzaan) van Pretoria, so afstand was maar moeilik op tye, veral as jy ʼn boer “date” wat 24/7 amper werk.  Maar ons het dit maak werk, ek het Ermelo toe getrek na ek my studies voltooi het en toe na ʼn jaar van in Ermelo bly, ons het verloof geraak in die mooie Jakaranda stad en sy pers blomme onder ʼn boom op 18 Oktober 2020.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 5 maande verloof gewees.  Nie juis baie tyd om ʼn troue op jou eie te beplan nie, maar met hulp van al my diensverskaffers sou my dag nie so vlot verloop het, soos wat dit het nie.

Finansiële Aspekte:


Ek het met bietjie beeste geboer in 2020 en ʼn lekker geldjie gemaak daaruit, so het ek vir die helfte van die troue betaal, waar die ander helfte deur die twee ouer pare op gedeel was en elke een het sy bydrae gelewer soos hulle kon.  En my man Gerhard het dan die wittebrood verantwoordelikheid gekry. Ons begroting het begin by R200 000.  Dit is baie, maar dit bestaan tegnies net uit die venue en die fotograwe, en blomme.  Dan het jy nog nie die klein goedjies gedoen nie, ons het nie by dit gehou nie.  Ons het 120 gaste genooi, waarvan daar 86 op die troue was.

Ons raad aan toekomstige bruide en bruidegomme, troues is duur, en die per kop kostes is baie, ons het persoonlik op ʼn 6 maande basis gewerk, dat kontak moes in 6 maande gebeur het tussen ons, dan is jy genooi, dis hoe ons die mense wat regtig baie vir ons beteken by ons troue gehad het, soos spaar jy ook geld.  Omrede ons, ons begroting oorskry het, het ons in die laaste maand net besef, jy trou net eenkeer, gaan groot of gaan huis toe.

Merkwaardigste Oomblikke:


Genade, daar is so baie, en Florence het net uitgehaal en gewys en met soveel goed gehelp.  Maar ek moet sê daar waar al die verrigtinge afgehandel is, en dis julle 2 en julle familie en vriende waar almal net lag, kuier en net saam almal dit te kon vier.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons troue het vir ons perfek afgeloop, en tot vandag toe is daar niks wat ons sou wou verander het nie.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Dis jou grootste dag van jou lewe, elke aspek word so fyn beplan.  Ek is ʼn “beheer-vraat”, als moet beplan word, als moet vlot verloop, niks moet op die nippertjie gebeur nie, maar as ek kan raad gee, en dis wat ek gedoen het.  Laat gaan, dinge gaan verkeerd gaan, jou rok gaan vuil word, mense gaan laat wees ensovoorts.  Dis julle dag, moet nie dat die klein dingetjies dit omkrap nie.

Ek het 3 tye gehad op my troue, wanneer ek instap, wanneer ons in die venue instap en wanneer ons eet.  Tyd en soos sommige bruide dit doen, tot op die sekondes uitwerk, gaan altyd verkeerd loop, maak nie saak hoe mooi jy organiseer nie.  Maak dit gemaklik vir jou gaste ook, hulle is ook daar om dit geniet nie en nie soos skape in ʼn kraal rond gejaag te word, om by die bruid se sekondes aan te pas nie.

Kêrels:

“Just let your bride be”.  Los haar dat sy al haar goedjies doen, sy beplan al vandat sy klein is aan die dag.  En kry iets om te doen die Saterdag oggend saam die mans, anders raak die dag BAIE lank met al die wag.

Venue & Dekor:


Ons inspirasie agter die dekor was eintlik Gerhard, hy het gesê hy wil ʼn vlootblou pak dra, en toe begin ons maar Google en toe kom die vlootblou en wynrooi kleur op.  So ons troue was wynrooi gewees.

Ons het na trouvenues gekyk en omdat boer maar beperkte tye gee, kon ons maar net op die internet soek, so is Florence net ʼn half uur van Ermelo af, en my skoonpa (Bernard) en skoonma (Kobie) sê ons moet na die trouvenue kyk, ons doen toe ons navorsing en daar het hulle ʼn virtuele video op hulle webtuiste.  Daar word ek dadelik verlief op die plek, net alles en hoe dit ingerig is.  Toe sê ek vir Gerhard, al kry ons eers oor 2 jaar ʼn trou datum, maak dit nie saak nie, maar daar wil ek trou.

Gunsteling Diensverskaffers:


ALMAL:

  • Florence Venue
  • Fotograwe: One Fine Day
  • Blommiste: Flower Box Ermelo
  • DJ: Xtreme Promotions
  • Make up: Ruth
  • Hare: Karima Ermelo

Wittebrood:


Ons was Club Med Kani Maldives toe gewees, ons wou nog altyd gaan.  Ons het dit vreeslik geniet, scuba sertifikate gedoen en dis net “WOW” daar.  Sal definitief terug gaan.  Ons het soveel goeie vriende daar gemaak, en dit was regtig die tyd van ons lewe.  Stel dit definitief voor.


Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: