Cornel & Yolandi se energieke troudag

Cornel en Yolandi se energieke troudag is ingekleur met klomp klein deeltjies wat hul persoonlikhede uitbeeld.  Hulle beskryf hul dekor as ‘n lappieskombers met ‘n verskeidenheid elemente wat saamgevoeg is om ‘n warm gevoel te skep.  Yolandi is van mening dat ‘n troue ‘n pragtige uitbeelding van ‘n paartjie se persoonlikhede is.  Cornel en Yolandi is nie skaam om te erken dat hulle unieke persoonlikhede het en aanklank vind by buitengewone dinge nie.  Vir hulle was dit belangrik om ‘n gemaklike omgewing te skep en elk van hul gaste spesiaal te laat voel.  Dus het hulle noukeurige aandag aan die kleiner details gegee. Yolandi is ‘n uiters energieke en kleurvolle mens en sy het hierdie stempel op verskeie afdelings van die troue afgedruk.  Sy het behoorlik gestraal in ‘n pragtige rok van Bridal Manor.

‘n Paar oulike idees van Cornel en Yolandi se troue:
  • Yolandi se skoene : In plaas van om ‘n neutrale skoen kleur te kies, het Yolandi haar unieke persoonlikheid uitgebeeld deur ‘n kleurvolle skoen met abstrakte patrone te kies.  Die skoene, tesame met haar rok van Bridal Manor het haar kompleet soos iets uit ‘n mode tydskrif laat lyk!
  • Hul keuse van koek : Dié twee kaas liefhebbers het besluit om weg te skroom van die tradisionele troukoek opsies en het ‘n kaas koek gekies.  Die koek het uit verskillende wiele bestaan wat elk ‘n verskillende soort kaas was.
  • Die venue se stoele : Cornel en Yolandi was opsoek na ‘n ietwat ongestruktureerde venue met eienskappe wat ‘n gemaklike gevoel sal skep.  Hulle het stoele van verskillende style en groottes by hul onthaal gebruik.
  • Dankie geskenke : Op elk van die tafels was CD’s met hul gunsteling liedjies.  Dit het bygedra tot die intieme, persoonlike gevoel wat regdeur hul troue gesien kan word.

Rol af om meer te lees oor Cornel en Yolandi se energieke troudag en kyk uit vir foto’s van die bogenoemde idees.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag


Ons het op 13 April 2019 getrou.  Die bruid was toe al 26 maar die bruidegom was nog 25 jaar oud.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ek en Cornel het eintlik op ‘n ongeleë tyd ontmoet.  Nie een van ons was op daardie tyd in die ingesteldheid om ‘n verhouding aan te knoop nie, maar van die heel begin af was daar ‘n konneksie tussen ons.  Ons het in Cornel se kommune ontmoet en van daar het die vonke begin spat.  Na ses lang maande se vlerk-sleep en twee blitsige jaar gekys wees, het Cornel my vyfuur die oggend op die see se stoep gevra om te trou.

Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal Manor Bridal ManorBridal Manor Bridal Manor Bridal Manor

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het my rok gekies deur die tradisionele, verfynde en sensitiewe proses van: “Genugtig, hierdie rok is die mooiste ding in die hele wêreld!”  Ek het geweet dat ek ‘n unieke rok wil hê wat by my unieke styl sal pas.  Op daardie tydstip het ek ook alreeds my skoene gekoop, dus moes die rok mooi én stylvol genoeg wees om daarby te pas.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Vertel ons meer oor jul ringe.


Cornel het my verloofring saam met Beaudell Jewellery ontwerp.  Daar was baie verskillende idees en elemente waaruit die finale, eensoortige, ring gevorm is.  Cornel se ring en die troupand het ons op ‘n latere stadium saam ook by Beaudell uitgekies.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons albei se gunsteling oomblik was ongetwyfeld ons beloftes aan mekaar tydens die kerkdiens.  Alles wat gebeur het was gefokus op God.  Daar was tasbare emosie en ‘n egtheid wat dit baie spesiaal gemaak het.  Ons albei is groot liefhebbers van kaas, dus was ons troukoek ‘n klomp wiele kaas op mekaar.  Ons gaste kon geniet saam met heerlike vars broodjies, peuselhappies en smere.

Daar sal altyd dinge wees wat anders verloop as wat mens so noukeurig beplan het, maar dit was eintlik onbenullighede.  Ons het gekies om eerder op die belangrike gebeure te fokus.  Ons kan nou vir onsself lag oor dit waaroor ons so gestres het, want dit maak eintlik glad nie saak nie!

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer PhotographyMelissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Melissa Meyer, ons fotograaf, is al vriende met Cornel van skool af.  Ons wou dus niemand anders vra om ons troufoto’s te neem nie.  Sy is ongelooflik talentvol en het met haar opgewekte persoonlikheid gesorg dat ons deurgaans gemaklik gevoel het.  Dit was vir ons baie belangrik, aangesien dit verseker het dat ons foto’s natuurlik en ryk in emosie is.  Ek het al vir ‘n geruime tyd ons videograaf, Hero Pictures, op sosiale media gevolg.  Hulle oog vir detail en onbetwisbare talent om enige troue fantasties te laat lyk het dit vir ons ‘n maklike keuse gemaak.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme


Cornel se advies:  Ek en Yolandi het alles van ons troue saam gereël.  Ons elkeen het in sekere areas meer insette gehad.  Ek het byvoorbeeld al die klank, musiek en platejoggie se administrasie behartig, terwyl Yolandi meer gefokus het op die blomme en dekor, klere, verloop van die dag, ensovoorts.  Ons het baie pret gehad om alles bymekaar te bring, en terselfdertyd baie geleer van kompromieë en wat vir die ander persoon belangrik is.

Yolandi se advies:  Maak seker dis ‘n groot partytjie!  Ons het die dag voor die tyd met ons gevolg en gesinne gekuier wat baie spesiaal was.  Betrek mense by jou keuses (bruidsmeisies en ouers) – hulle waardeer dit!  Besluit wat belangrik vir jou en vir julle as paartjie is, en fokus 100% daarop.  ‘n Troue is nogal ‘n mooi uitbeelding van ‘n paartjie se persoonlikhede en dit maak dit ontsettend intiem en persoonlik.

Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Bridal Manor Melissa Meyer Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het gesoek na ‘n venue met ‘n warm, intieme atmosfeer met ‘n effense ongestruktureerde gevoel.  Daar is oorgenoeg tekstuur en uniekheid, bv. al die stoele in die onthaal saal is verskillend.  Dit het ‘n ontspanne atmosfeer geskep.  Die omgewing is pragtig en nét ver genoeg uit die stad.  Ons dekor is soos ‘n lappieskombers – klomp aparte elemente wat saamkom om die warm gevoel wat ons wou skep te beklemtoon.  Daar was aardbolle op die tafels en “Mix CD’s” as geskenke wat ook ‘n meer persoonlike ervaring vir die gaste gemaak het.

The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het min of meer 130 mense na die kerkdiens en onthaal genooi.  Ons het nie heeltemal binne ons begroting gebly nie – daar was klomp klein goedjies waarvan ons vergeet het toe ons die begroting opgestel het.  Daar was ook items in ons naïewe begroting wat op die ou einde duurder gekos as wat ons geskat het.

The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue The Stone Cellar Venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Cornel het ons wittebrood deur ‘n reisagentskap gereël om so min as moontlik administrasie self te doen.  Ons was Bali toe en het heerlik in die energieke Kuta area gebly voordat ons ‘n dormante vulkaan en ‘n woud vol apies in die Ubud streek besoek het.  Ons het genoeg op die strand en langs die swembad ontspan, maar ook gesnorkel, in die see geswem en die pragtige dorpies verken.  Na hierdie avontuur het ons ook ‘n paar dae by die huis spandeer voordat ons weer moes gaan werk.  Dit was baie lekker om ‘n laaste bietjie rustigheid te hê voordat die lewe weer voortgaan.

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans was op Walls van The Lumineers, ‘n rustige liedjie met die mooiste woorde.  Ons wou nie ‘n hele dans-roetine memoriseer nie, maar het wel ‘n paar goeie oefensessies in ons sitkamer gehad!

Melissa Meyer Photography Melissa Meyer Photography

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers