Liaan & Saidi se selfdoen troue

Ons weet ons lesers is mal oor doen-dit-self troues en vandag se troue is baie mooi en vol inspirasie.

Die troue was gehou by Langkloof Roses wat met vele fotografie plekke spog – Berge in die agtergrond, ʼn woud langs ʼn dam en wingerde.

Liaan & Sadie_0001 Liaan & Sadie_0002 Liaan & Sadie_0003 Liaan & Sadie_0004 Liaan & Sadie_0005 Liaan & Sadie_0006

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


In September 2013 het ʼn groep van Fairmont Hoërskool vertrek om  liefdadigheidswerk in Zimbabwe te gaan doen.

Liaan  en Elsabe (ma van die bruid) het alreeds 5 jaar saam gewerk op daardie stadium.  Saidi se ma het haar oorreed om die optog saam na die Noorde aan te pak.  Die marathon busrit van 20 uur en die harde werk in die versengende hitte, het nie juis veel gedoen om die twee aan mekaar bekend te stel nie.

Terug in Suid-Afrika moes dinge vinnig gebeur het, want op 14 Desember 2013 vra Liaan vir Saidi om sy meisie te wees.

Liaan & Sadie_0008 Liaan & Sadie_0009 Liaan & Sadie_0010 Liaan & Sadie_0011

Hoe het julle verloof geraak?


Liaan het met fyn beplanning gereël dat Saidi saam met haar vriendin die berge sou invaar op ʼn perd se rug op Rhebokskloof Landgoed in die Paarl.  Terwyl Liaan oënskynlik haar pa help “om ʼn paar goedjies kantoor toe te trek”.  Saidi se vriendin “daag toe nie op vir die ekspedisie nie”.  Die gids saal in elk geval ʼn perd vir Saidi op en hulle galop die berge in, min-wetend dat Liaan by die uitkykpunt bo-op die berg vir haar sit en wag.  By die uitkykpunt het Liaan bordjies opgesit wat eindig met “wat dink jy van hierdie idee…Ek en jy vir altyd?”

Liaan & Sadie_0012 Liaan & Sadie_0013 Liaan & Sadie_0014

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 1 jaar en 26 dae saam voordat ons getrou het.

Liaan & Sadie_0016 Liaan & Sadie_0017 Liaan & Sadie_0018 Liaan & Sadie_0019

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Op die troudag – Neem “mental” fotos .  Staan stil ʼn paar keer.  Kyk om jou en langs jou en besef hoe ongelooflik gelukkig jy is.  Heel belangrikste, wat baie paartjies vergeet, onthou asseblief om verlief te wees op mekaar op jou troudag.

Daar is ʼn miljoen klein dingetjies wat jy kan doen, maar moenie jouself moeg maak en perspektief verloor nie.  Kies 5 gunsteling idees vanaf webtuistes en doen daardie 5 goed ordentlik, eerder as wat jy oor ʼn klomp goed bekommerd is.

Vir verhoudings – Die Here moet altyd eerste kom in jul verhouding.  As ʼn paartjie loop ons saam ʼn pad met die Here.  Dit is belangriker dat ons individuele verhouding met die Here sterk en gesond moet wees.

LAG BAIE.  Vir jouself en vir mekaar!

Liaan & Sadie_0020 Liaan & Sadie_0021 Liaan & Sadie_0022 Liaan & Sadie_0023 Liaan & Sadie_0024 Liaan & Sadie_0025 Liaan & Sadie_0026 Liaan & Sadie_0027 Liaan & Sadie_0028 Liaan & Sadie_0029 Liaan & Sadie_0030 Liaan & Sadie_0031 Liaan & Sadie_0032 Liaan & Sadie_0033 Liaan & Sadie_0034 Liaan & Sadie_0035 Liaan & Sadie_0036 Liaan & Sadie_0037 Liaan & Sadie_0038 Liaan & Sadie_0039 Liaan & Sadie_0040 Liaan & Sadie_0041 Liaan & Sadie_0042 Liaan & Sadie_0043 Liaan & Sadie_0044 Liaan & Sadie_0045 Liaan & Sadie_0046 Liaan & Sadie_0047 Liaan & Sadie_0048 Liaan & Sadie_0049 Liaan & Sadie_0050 Liaan & Sadie_0051 Liaan & Sadie_0052 Liaan & Sadie_0053

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: